Sedert 2008
* Bewaar jy 'n voltooide of halfklaar storie of artikel in 'n laai of op jou rekenaar?
* Wonder jy of dit enige kans het op publikasie deur 'n erkende, nasionale uitgewer of tydskrif (digitaal of gedruk)?
* Soek jy kundige terugvoer en/of redigering wat eerlik, positief en opbouend is?
* Wil jy daardie terugvoer graag binne 7 dae ontvang?
Dan is jy op die regte plek.
Hier is drie opsies:
Foto: Ondersoek my hart deur Ilze Beukes, NB Uitgewers.
* Opsie 1:
Manuskripbeoordeling met 'n verslag
'n Verslag oor publikasiegereedheid, saamgestel deur 'n ervare skrywer-redakteur, met voorstelle vir die verbetering van die formattering, storielyn, karakterisering, skryftegniek, skryfstyl, taalgebruik, ensomeer, asook verwysings na geskikte bona fide uitgewers, indien van toepassing.
Koste: R1 450
Maak so:
* Skryf 'n sinopsis van een bladsy wat die storielyn (intrige of "plot") opsom. Die sinopsis is 'n diagnostiese hulpmiddel, doen dus moeite en onthul alle geheime.
* E-pos jou manuskrip en sinopsis as een MS Word-aanhangsel na Skryfgeheime.
* Jy sal 'n faktuur ontvang met die betaalbare bedrag en die bankbesonderhede.
* Binne sewe dae nadat jy inbetaal het, sal jy jou terugvoer ontvang.
Ria Nel skryf: "Ek werk nog deur die terugvoer, maar ek het eers gestop om vir jou dankie te sê, dit was 'money well spent'. Ek besef dat daardie 'little darlings' van my moet waai, en dan is nog soveel ander probleemareas wat jy uitgewys het."
* Opsie 2:
Redigering van kreatiewe skryfwerk
met spoorveranderings en kommentaarblokkies
Jou werk word nie net geredigeer nie, jy ontvang ook kommentaar rakende storielyn, karakterisering, taalgebruik, skryftegniek, ensomeer, direk op jou skryfwerk.
Koste: R425 vir die eerste 1 000 woorde (of minder), daarna word dit pro rata bereken.
Maak so:
* Skryf 'n sinopsis van een bladsy wat die storielyn (intrige of "plot") opsom. Die sinopsis is 'n diagnostiese hulpmiddel, doen dus moeite en onthul alle geheime.
* E-pos jou manuskrip en sinopsis as een MS Word-aanhangsel na Skryfgeheime.
* Jy sal 'n faktuur ontvang met die betaalbare bedrag en die bankbesonderhede.
* Binne sewe dae nadat jy inbetaal het, sal jy jou terugvoer ontvang.
Ons waarborg:
* Jy behou volle kopiereg op jou skryfwerk.
* Jou werk word as vertroulik hanteer.
* Jy mag alle terugvoer en voorstelle wat jy van Skryfgeheime af ontvang, gebruik asof dit jou eie werk is.
Stien van Wyk skryf: "Baie dankie vir jou kommentaar, jou insette beteken regtig baie vir my. Ek het 'n hele koffiepot leeg gedrink voor ek dit begin lees het. Dankie vir die genadige manier waarop jy dit gedoen het."
* Opsie 3:
Redigering van artikels en berigte (digitaal of gedruk)
met spoorveranderings en kommentaarblokkies
Het jy 'n artikel voltooi en soek jy kundige kommentaar op jou onderwerp en teikenmark? Voel jy die skryfwerk en aanbieding is nie op standaard nie? Met hierdie opsie ontvang jy die terugvoer direk op jou skryfwerk sodat jy presies kan sien wat jy moet verander, asook hoe en waarom.
Koste: R400 vir die eerste 1 000 woorde (of minder), daarna word dit pro rata bereken.
Maak so:
* Stuur jou manuskrip as 'n MS Word-aanhangsel by 'n e-pos na Skryfgeheime.
* Jy sal 'n faktuur ontvang met die betaalbare bedrag , asook die nodige bankbesonderhede.
* Binne sewe dae nadat jy die inbetaling gemaak het, sal jy jou terugvoer ontvang.
Maria Steyn skryf: "Baie dankie vir die terugvoer op my manuskrip. Jou advies is 'n uitstekende rigtingwyser, ek verstaan nou watter doelwit om na te streef en hoe om daar te kom. 'n Mens kyk maklik jou eie foute mis."
* Jy behou volle kopiereg op jou skryfwerk.
* Jou werk word as vertroulik hanteer.
* Jy mag alle terugvoer en voorstelle wat jy van Skryfgeheime af ontvang net so gebruik.
Jy sal binne 24 uur 'n antwoord ontvang. Jou navraag plaas jou onder geen verpligting om jou skryfwerk in te stuur vir beoordeling nie.
NUUSBRIEF:
Kompetisies
Skryfkanse
Skryfwenke
Maandeliks.
Baie dankie vir die terugvoer. Ek het so vinnig daardeur geloer, sover maak alles vir my baie sin. Dis amper soos om 'n nuwe taal aan te leer. Elke konsep wat jy snap, maak skielik tien deure oop! As ek nou die opdrag moes oordoen, sou ek reeds baie dinge verander het. Ek gaan 'n paar dae lank rustig deur alles gaan en aan die storie skaaf. Daarna sal ek wegspring met module 2. Sien sommer reeds uit daarna. Molly Lubbinge
Die kinderboekkursus is regtig opwindend en dis my plan om teen die einde ’n volledige manuskrip te hê. Albert Short
Baie dankie vir jou terugvoer, ek het al baie soorte kursusse gevolg en joune staan kop en skouers bo die res uit. Plus, jou terugvoer beantwoord elke keer alles waaroor ek gesit en wonder het terwyl ek skryf. Die enigste probleem is ek wil nie hê die kursus moet ooit ophou nie, ek geniet dit te veel. Melanie Pienaar
Jou terugvoer het my van vooraf geïnspireer. Dankie vir die moeite wat jy doen en die tyd wat jy spandeer aan my probeerslae. Jou wenke is die vuurhoutjies wat die kers aan die brand hou. Celia du Plessis
Ek waardeer jou kursus en al die moeite wat jy doen. Dit bring die realiteit na vore sonder om my op moedverloor se vlakte te laat sit, dit laat my vars en anders dink. Beslis die koste deur en deur werd.
Elizma Coetzee
Die terugvoer is wonderlik! Leersaam! Nou is ek so opgewonde, ek kan nie wag om die aanpassings te maak nie. Ek geniet dit gate uit. Yolande van der Merwe
My woorde lyk nie meer soos 'n vervelige rytjie wasgoed aan 'n lang draad nie. Elsabé Bester
Lees vir ontspanning ontaard nou in 'n kritiese ontrafeling van teks, karakters en skryfstyl. Ek geniet dit terdeë. Johan Nel
Ek het deur jou terugvoer op my werkstuk gegaan. Dis absoluut wonderlik! Ek is al moedeloos met vriende en familie wat nie objektiewe terugvoer kan gee nie. Ek leer geweldig baie by jou. Erica Pretorius
Baie dankie vir 'n heerlike kursus, ek
het baie geleer en dit werklik geniet.
Wil graag nog 'n Skryfgeheime-kursus volg. Net nie seker watter een nie, almal klink interessant. Lindy Schoonees
As stokperdjieskrywer wil ek dankie sê vir al die hulp. Vandag, jare na ek vir die kursus ingeskryf het, blaai ek steeds deur die modules en terugvoer en kry sonder uitsondering iets wat my skryfwerk verryk. Dit sluit wenke sowel as motivering in. Jan Bonthuys
Jou kursus, en die storie wat jy laas vir my geredigeer het, was van onskatbare waarde, dis ongelooflik hoe baie 'n mens leer wanneer jy deur 'n geredigeerde weergawe van jou eie storie werk. Antoinette Venter
Die kursusse het vir my oneindig baie beteken. Ek gebruik elke dag in my werk van die dinge wat ek geleer het. Dit het ook vir my die moed gegee om te waag en te skep. Ek het so baie oor myself geleer. Henriëtte Louw
Hierdie kursus is heerlik vars, baie dankie vir jou insette en motivering. Elmien de Klerk
Almal wat wonder of hulle kan skryf, moet hierdie kursusse volg. Ek het ongelooflik baie selfvertroue gekry en ek kon met elke module sien hoe my skryfwerk verbeter. Suretha Brits
Baie dankie vir die ooglopend baie tyd wat jy aan my werkstuk spandeer het. Hierdie kursus was een van my beste besluite vir die nuwe jaar. Johan Kotzé
Ek merk dat die meeste van jou studente melding maak van jou positiewe houding en aanmoediging - dis waar. Marinda van Niekerk
Jou kommentaar het my dag gemaak! Dis opbouend, en ek verstaan presies hoekom jy elke verandering of verbetering voorstel. Martelize Faber
Ek voel dat ek met 'n doel werk en dat elke werkopdrag op 'n gehalteproduk afstuur. Melodie Veldhuizen
Jy verdien 'n pronkveer vir jou skryfkursus. Daar is 'n logiese opbou van module tot module sodat selfs 'n leek soos ek in staat is om die legkaartstukke bymekaar te sit. Rita Hofmeyr
Skryfgeheime voel vir my soos die deurgang na 'n nuwe lewenswyse. Dankie vir jou kommentaar op my werkstukke en vir jou aanmoediging. Willem Fourie
Ek het nog nooit 'n skrywer ontmoet wat my so effektief help nie. Elna Nieuwoudt
Alles wat jy uitgelig het, was presies dit waarmee ek gesukkel het. Dit het heeltyd vir my gevoel daar kort iets, 'n "twist".
Ek het ook gevoel my storie benodig ’n opwindende verandering, dit was net te "veilig". Ek is baie opgewonde en sien uit daarna om verder daaraan te werk.
Yolandi Odendaal
'n Mens is huiwerig om te sien wat iemand anders van jou werk dink, maar nou kan ek nie wag om al die wenke toe te pas nie. Alta van Niekerk
Jy groei baie as mens. In jouself en
ook in jou interaksie met mense. Jy leer besef die impak van woorde. Elmarie Schultz
Dankie vir die kommentaar. Dis leersaam, insiggewend en interessant, én dit motiveer my. Jolien Fourie
Ek kan omtrent nie die werkstukke neersit nie! Lenie Coetzee
Ek was so verras toe ek die terugvoer
kry en sien jy kraak nie 'n ou se werk af nie. Marieta Thünemann
Ek gaan dit geniet om ou breinpatrone uit te vee en nuwes te maak. Ek voel glad nie meer afgetree nie. Troula Goosen
Ek sal jou kursus oral aanbeveel. Alles begin nou sin maak en ek geniet die skrywery terdeë. Yolande Fourie
Ek het verskriklik baie geleer oor myself, ander mense én die skryfambag. Jou verbeeldingryke prikkelvrae en praktiese skryftegnieke is die perfekte kombinasie. Riëtte Botma
Die kursus was so insiggewend en verrykend, ek het ongelooflik baie geleer. Myself dikwels bevraagteken en gewonder of ek ooit die ding onder die knie gaan kry. Maar ek is nie iemand wat maklik moed opgee nie en ook nie bang om te waag nie. Dankie vir al die handvashou. Adelle von Ronge Kotze
Dis die beste belegging wat ek nog gemaak het. Die kursus het ander wêrelde en deure oopgemaak. Hoop om binnekort met die kinderboekkursus of joernalistiek te begin. Monja Beyers