Talle Skryfgeheime-studente word op 'n gereelde basis gepubliseer en verdien met elke artikel en berig. Hulle skryf in Afrikaans en Engels vir gevestigde gedrukte tydskrifte asook vir digitale (aanlyn) publikasies.
Klink dit moeilik?
Dalk as jy dit alleen moet doen.
Maar met Skryfgeheime is jy nooit alleen nie. Wanneer jy vir hierdie prikkelende, praktiese, aanlyn vryskutjoernalistieke kursus inskryf, werk jy ten nouste saam met 'n ervare, gegradueerde joernalis wat self as vryskut werk. Jou kursusleier weet nie net presies wat in die mark aangaan nie, maar ook presies hoe jy voel. Ontspan dus en gryp die geleentheid aan.
Liezl Russell skryf: "Digitale media het so suksesvol geword dat dit maklik is om die gedrukte media eenvoudig af te skryf. Navorsing deur Media 24 toon egter dat gedrukte publikasies 'n rolverskuiwing ondergaan het, steeds aktief gelees word en steeds meer deur lesers en adverteerders vertrou word. Dis belangrik dat vryskutte die rol en behoeftes van beide mediatipes verstaan en benut. Daar is nou méér geleenthede om te verdien as voorheen, die uitdaging is om te weet hoe om daardie geleenthede te ontgin."
Algemeen: Elke module eindig in ’n werkstuk wat jy moet instuur vir terugvoer wat jou binne sewe dae sal bereik. Elke module en werkstuk voer jou artikel 'n paar stappe verder. Tesame met die terugvoer begin die redigeringskurwe.
Module 1
** Agtergrond en inleiding
** Leer tastik
** Tydskrif- en webtydskrifgenres
** Watter tydskrifte en webtydskrifte vryskutwerk aanvaar
** Wat ’n redakteur wil hê
** Hoe vind en skep jy geskikte idees vir artikels?
** Geskrewe taak: Identifiseer drie publikasies waarvoor jy graag sal wil skryf
Omskryf een artikelidee vir elke publiksasie in 100 woorde, en motiveer elke keer hoekom jy dink daardie artikelidee sal werk vir daardie spesifieke publikasie
Module 2: Koerantberigte
** Die wie, wat, waar, wanneer en hoekom
** Die verskil tussen sagte- en harde nuus
** Tipe berigte
** Watter koerante en webkoerante vryskutwerk aanvaar
** Geskrewe taak: Identifiseer drie koerante wat vryskutwerk aanvaar. Kies een koerant en noem twee voorbeelde elk van harde en sagte nuus en motiveer jou keuses (heg jou voorbeede saam met jou opdrag aan). Omskryf een sagte nuus-idee in 100 woorde, motiveer hoekom jou idee sal werk vir ’n koerant en noem ook vir watter koerant jy dit sal wil voorlê en hoekom.
Module 3
** Teikenmark: Ken jou lesers
** Die gedrukte voorblad (kortliks): Maak gebruik van ’n voorbladmodel wat inspireer, oogkontak maak met die lesers, en lusmakers om die leser se belangstelling te prikkel.
** Artikelgenres
** Geskrewe taak:
Analiseer die teikenmark van ’n gedukte en ’n aanlyn tydskrif. Met jou teikenmark in gedagte, identifiseer drie artikelidees vir ’n gedrukte of webtydskrif wat op jou teikenmark van toepassing sal wees en sê hoekom.
Module 4: Tydskrifte in die digitale era
** Nuwe tendense
** Hoe skryf jy vir aanlyn publikasies?
** Soekenjinoptimalisering
** Trefslae
** Hoe om blogs te skryf
** Geskrewe taak: Deur middel van soekenjinfunksie, identifiseer drie onderwerpe wat gereeld gesoek word. Volgens hierdie onderwerpe, beplan nou drie artikels/blogs vir ’n webtydskrif met behulp van ’n raamwerk en dink elke keer aan ’n titel wat die soekwoorde insluit.
Module 5: Genereeer idees vir tydskrifte, webtydskrifte en berigte
** Gebruik ’n gebeurekalender om moontlike onderwerpe te identifiseer.
** Vind uit hoe om ’n unieke invalshoek te identifiseer
** Analiseer twee artikels: Ons gaan kyk na teikenmark, invalshoek, doel van die artikel, trant van artikel, boodskap: positief/negatief, ens.
** Analiseer ’n berig
** Verfyn jou invalshoek: bepaal die doel, fokus en boodskap van jou artikel/berig.
** Die titel: moets & moenies
** Die inleiding: moets & moenies
** Voorbeelde uit die praktyk
** Skryf ’n artikel:
Stap 1: Doen hersiening
Stap 2: Gee struktuur
Stap 3: Let op vloei en samehang
** Wat is ’n brief?
Module 6
** Die onderhoud
** Identifiseer moontlike kenners vir jou artikel/berig
** Die internet: navorsingswenke
** Gee jou bronne korrek krediet en vermy plagiaat
Module 7
** Sosiale media
** Facebook posts
** Twitter posts
** Instagram posts
** Hootsuite
Module 8
** Inleiding: Besigheidskryfwerk
** E-pos
** Formele briewe
* Jou navraag plaas jou onder geen verpligting om in te skryf nie.
LARISSA OLIVIER SKRYF:
Beste Liezl,
By die halfpadmerk wil ek graag met jou deel wat ek tot sover uit die kursus gehaal het. Met my opleiding en ondervinding is hierdie veld totaal uit my comfort zone. Jou terugvoer was vir my 'n eye-opener, dit het my ontsettend baie geleer van myself en die manier waarop ek sake benader, naamlik dat 'n mens (of altans, ek) geneig is om goed te sien slegs uit jou eie ervaring en deur jou eie bril.
Jou kommentaar op my eerste opdrag het my bewus gemaak dat ek die "ek" uit die saak moet haal en my artikel baie meer objektief moet benader. Ek is die verslaggewer, die persoon agter die artikel en nie die een met wie die onderhoud gevoer word nie.
Interessant dat dit my ook in my werk help om beter te luister voor ek my mening noem. Ek kyk nou baie meer ondersoekend en ontledend na tydskrifte en TV-onderhoude. Het ook opgemerk dat ek (seker uit die aard van my werk) baie gemaklik in Engels dink en skryf, en dit het my laat dink dat ek ook Engelse tydskrifte sal kan benader aan die hand van wat ek leer.
Nogmaals dankie vir jou terugvoer en die formaat van die kursus (werk teen jou eie pas). Dit bied aan persone soos ek die geleentheid om rustig te leer te midde van 'n baie besige werksomgewing, en nie net te jaag vir deadlines nie.
Ek ervaar die kursus terapeuties, want ek moet stil en rustig raak ten einde op die opdragte te kan fokus. Ek geniet die kursus sover baie en sien uit na jou terugvoer op opdrag 4.
NUUSBRIEF:
Kompetisies
Skryfkanse
Skryfwenke
Maandeliks.
Baie dankie vir die terugvoer. Ek het so vinnig daardeur geloer, sover maak alles vir my baie sin. Dis amper soos om 'n nuwe taal aan te leer. Elke konsep wat jy snap, maak skielik tien deure oop! As ek nou die opdrag moes oordoen, sou ek reeds baie dinge verander het. Ek gaan 'n paar dae lank rustig deur alles gaan en aan die storie skaaf. Daarna sal ek wegspring met module 2. Sien sommer reeds uit daarna. Molly Lubbinge
Die kinderboekkursus is regtig opwindend en dis my plan om teen die einde ’n volledige manuskrip te hê. Albert Short
Baie dankie vir jou terugvoer, ek het al baie soorte kursusse gevolg en joune staan kop en skouers bo die res uit. Plus, jou terugvoer beantwoord elke keer alles waaroor ek gesit en wonder het terwyl ek skryf. Die enigste probleem is ek wil nie hê die kursus moet ooit ophou nie, ek geniet dit te veel. Melanie Pienaar
Jou terugvoer het my van vooraf geïnspireer. Dankie vir die moeite wat jy doen en die tyd wat jy spandeer aan my probeerslae. Jou wenke is die vuurhoutjies wat die kers aan die brand hou. Celia du Plessis
Ek waardeer jou kursus en al die moeite wat jy doen. Dit bring die realiteit na vore sonder om my op moedverloor se vlakte te laat sit, dit laat my vars en anders dink. Beslis die koste deur en deur werd.
Elizma Coetzee
Die terugvoer is wonderlik! Leersaam! Nou is ek so opgewonde, ek kan nie wag om die aanpassings te maak nie. Ek geniet dit gate uit. Yolande van der Merwe
My woorde lyk nie meer soos 'n vervelige rytjie wasgoed aan 'n lang draad nie. Elsabé Bester
Lees vir ontspanning ontaard nou in 'n kritiese ontrafeling van teks, karakters en skryfstyl. Ek geniet dit terdeë. Johan Nel
Ek het deur jou terugvoer op my werkstuk gegaan. Dis absoluut wonderlik! Ek is al moedeloos met vriende en familie wat nie objektiewe terugvoer kan gee nie. Ek leer geweldig baie by jou. Erica Pretorius
Baie dankie vir 'n heerlike kursus, ek
het baie geleer en dit werklik geniet.
Wil graag nog 'n Skryfgeheime-kursus volg. Net nie seker watter een nie, almal klink interessant. Lindy Schoonees
As stokperdjieskrywer wil ek dankie sê vir al die hulp. Vandag, jare na ek vir die kursus ingeskryf het, blaai ek steeds deur die modules en terugvoer en kry sonder uitsondering iets wat my skryfwerk verryk. Dit sluit wenke sowel as motivering in. Jan Bonthuys
Jou kursus, en die storie wat jy laas vir my geredigeer het, was van onskatbare waarde, dis ongelooflik hoe baie 'n mens leer wanneer jy deur 'n geredigeerde weergawe van jou eie storie werk. Antoinette Venter
Die kursusse het vir my oneindig baie beteken. Ek gebruik elke dag in my werk van die dinge wat ek geleer het. Dit het ook vir my die moed gegee om te waag en te skep. Ek het so baie oor myself geleer. Henriëtte Louw
Hierdie kursus is heerlik vars, baie dankie vir jou insette en motivering. Elmien de Klerk
Almal wat wonder of hulle kan skryf, moet hierdie kursusse volg. Ek het ongelooflik baie selfvertroue gekry en ek kon met elke module sien hoe my skryfwerk verbeter. Suretha Brits
Baie dankie vir die ooglopend baie tyd wat jy aan my werkstuk spandeer het. Hierdie kursus was een van my beste besluite vir die nuwe jaar. Johan Kotzé
Ek merk dat die meeste van jou studente melding maak van jou positiewe houding en aanmoediging - dis waar. Marinda van Niekerk
Jou kommentaar het my dag gemaak! Dis opbouend, en ek verstaan presies hoekom jy elke verandering of verbetering voorstel. Martelize Faber
Ek voel dat ek met 'n doel werk en dat elke werkopdrag op 'n gehalteproduk afstuur. Melodie Veldhuizen
Jy verdien 'n pronkveer vir jou skryfkursus. Daar is 'n logiese opbou van module tot module sodat selfs 'n leek soos ek in staat is om die legkaartstukke bymekaar te sit. Rita Hofmeyr
Skryfgeheime voel vir my soos die deurgang na 'n nuwe lewenswyse. Dankie vir jou kommentaar op my werkstukke en vir jou aanmoediging. Willem Fourie
Ek het nog nooit 'n skrywer ontmoet wat my so effektief help nie. Elna Nieuwoudt
Alles wat jy uitgelig het, was presies dit waarmee ek gesukkel het. Dit het heeltyd vir my gevoel daar kort iets, 'n "twist".
Ek het ook gevoel my storie benodig ’n opwindende verandering, dit was net te "veilig". Ek is baie opgewonde en sien uit daarna om verder daaraan te werk.
Yolandi Odendaal
'n Mens is huiwerig om te sien wat iemand anders van jou werk dink, maar nou kan ek nie wag om al die wenke toe te pas nie. Alta van Niekerk
Jy groei baie as mens. In jouself en
ook in jou interaksie met mense. Jy leer besef die impak van woorde. Elmarie Schultz
Dankie vir die kommentaar. Dis leersaam, insiggewend en interessant, én dit motiveer my. Jolien Fourie
Ek kan omtrent nie die werkstukke neersit nie! Lenie Coetzee
Ek was so verras toe ek die terugvoer
kry en sien jy kraak nie 'n ou se werk af nie. Marieta Thünemann
Ek gaan dit geniet om ou breinpatrone uit te vee en nuwes te maak. Ek voel glad nie meer afgetree nie. Troula Goosen
Ek sal jou kursus oral aanbeveel. Alles begin nou sin maak en ek geniet die skrywery terdeë. Yolande Fourie
Ek het verskriklik baie geleer oor myself, ander mense én die skryfambag. Jou verbeeldingryke prikkelvrae en praktiese skryftegnieke is die perfekte kombinasie. Riëtte Botma
Die kursus was so insiggewend en verrykend, ek het ongelooflik baie geleer. Myself dikwels bevraagteken en gewonder of ek ooit die ding onder die knie gaan kry. Maar ek is nie iemand wat maklik moed opgee nie en ook nie bang om te waag nie. Dankie vir al die handvashou. Adelle von Ronge Kotze
Dis die beste belegging wat ek nog gemaak het. Die kursus het ander wêrelde en deure oopgemaak. Hoop om binnekort met die kinderboekkursus of joernalistiek te begin. Monja Beyers