Skryfgeheime

Hulpmiddels, soos e-woordeboeke, skryfriglyne en skryftake vir skrywers en joernaliste. Vir gebruik tuis of in die klaskamer.

Kreatiewe skryfwerk is net soveel sterker indien dit getuig van storiekennis, woordjuistheid en taalbedrewenheid. So kan skrywers van prenteboeke groot baat vind by 'n goeie rymwoordeboek om daardie ontwykende rymende verhaal of gedig op papier te kry.

 

Bessie se storieplakkaat neem jou op 'n vermaaklike, visuele toer deur storiestruktuur wat die volgende aspekte van skryf insluit: die skep van 'n treffende plek en merkwaardige karakters, die aanwending van bondgenote en teenstanders, sowel as die krisis, klimaks, ontknoping en afloop van 'n geslaagde storie wat lesers meesleur en boei.


Inligting oor skryfkompetisies vir almal in wie se kop 'n storie woel en wat dit op papier wil kry - en (dalk) 'n prys verower.

Ons storieblad vir almal wat 'n ander soort storie soek om te lees, voor te lees of te ontleed. Moordverhale, liefdesverhale en rillers wag op jou.

Aanlyn woordeboeke vir van motor-terme en rekenaarterminologie tot "Patriot"-Afrikaans, vir diegene wat historiese fiksie wil skryf.


Aspekte waarmee skryfstudente dikwels stoei, soos gesigspunt en dialoog, omgeskakel in skryftake.

'n Storieplakkaat met Bessie Hemelbesem self as kursusleier.

Kort skryfstukke oor verskeie aspekte van skryf, soos watter tipes storiekarakters om eerder te vermy.