Skryfgeheime-skryfskool

Kursusleiers

Skryfgeheime-kursusleier - Liezl Russell
Janie Oosthuysen
Skryfgeheime-kursusleier - Liezl Russell
Liezl Russell

Ons skrywers word deur gerekende uitgewers gepubliseer

Die sukses van die Skryfgeheime-skryfskool kan direk toegeskryf word aan die gehalte van die kursusmateriaal en die kundige, opbouende terugvoer deur bekwame kursusleiers. 

*  Alle Skryfgeheime-kursusse word aangebied deur Janie Oosthuysen en Liezl Russell, ervare skrywers / joernaliste wat al herhaaldelik gepubliseer en bekroon is, en ook self as vryskutte in die praktyk staan.  

*  Hulle is kundig en simpatiek en verstaan die uitdagings wat op nuwe skrywers en joernaliste wag, soos duidelik uit die studente se terugvoer blyk. Hulle doelstelling is om jou sodanig te ontwikkel dat jy by die groot groep gepubliseerde Skryfgeheime-studente kan aansluit: Mense wat deur gerekende, nasionale uitgewers en tydskrifte (gedruk en digitaal) uitgegee word en outeursgeld verdien. 

*  Jy ontvang die terugvoer op jou skryfwerk BINNE SEWE DAE nadat jy 'n skryfstuk ingestuur het.   

*  Terugvoer is spesifiek en geïndividualiseer en word direk op jou werkstukke gedoen met behulp van spoorveranderings en kommentaarblokkies. Gevolglik kan jy sien presies wát jy moet verander; asook hóé en wáárom, aangesien alle voorstelle deeglik gemotiveer word. 

*  As bonus sal jy vind dat jy die kommunikasieproses beter verstaan en dat jy hierdie kennis lateraal in jou verhoudings en werksplek sal indra. 


Lewer gerus kommentaar:


* Gebruik hierdie vorm gerus vir kommentaar wat ander besoekers met hul besluit kan help. Moet dit asseblief nie gebruik vir vrae of navrae nie - ons kan nie daarop reageer nie.

Comments: 9
  • #9

    Driekie Grobler (Monday, 10 March 2014 00:09)

    Janie is een van die beste mentors met wie ek nog te doen gekry het. Haar deurlopende hulp en bystand is vir ons almal van onskatbare waarde :)

  • #8

    Elsabie van der Westhuizen (Saturday, 26 October 2013 07:23)

    Dit was 'n voorreg om beide Janie en Liezl as Skryfgeheime mentors te kon hê. Die kursus was vir my 'n baie spesiale ervaring maar ek besef dat mens nooit ophou leer nie. Baie dankie vir al julle moeite met die nasien van die werkstukke en soveel motivering enduit met die kursus. Julle is kosbaar.

  • #7

    Corne Franken (Thursday, 24 October 2013 10:16)

    Baie dankie vir al jou moeite met die webwerf. Ek geniet elke oomblik van my kursus hoewel my karakters my soms moeg maak. Ek sien uit na die eerste nuusbrief.

  • #6

    Francois Bakkes (Thursday, 24 October 2013 02:17)

    Die nuwe webtuiste is briljant. Kan nie wag om te begin nie. Ook vir die terugvoer om die skryfstukke. Het heelwat onvoltooide manuskripte en wil dit graag afrond tot 'n boek wat 'n leser sal koop.

  • #5

    isobel grobler (Tuesday, 22 October 2013 10:29)

    Ek wil graag deel wwees van hierdie skryf entoesiaste wat almal so positief is en wat hul suksesse met ons jong skrfstudente deel. Julle is wonderlik.

  • #4

    Julanda van der Merwe (Tuesday, 22 October 2013 09:49)

    Lekker om deel te wees van die Skryfgeheime-kring. Eendag is eendag wanneer al die waardevolle kennis wat ek met jou kursus verwerf het, sal sorg vir my eie publikasie op die winkelrak. Intussen werk ek heerlik aan die opdragte. Baie dankie Janie vir jou aanmoediging en waardevolle kommentaar.

  • #3

    Alida Delport (Sunday, 20 October 2013 15:35)

    Wil beslis deel wees van die Skryfgeheime toekoms. Dankie vir jou geduld met my. Hierdie agteros droom steeds van eendag in die kraal kom.

  • #2

    Ilze Beukes (Saturday, 19 October 2013 11:11)

    Sedert my skooldae (ontelbare jare gelede), het ek 'n droom gekoester om stories te skryf. In 2012 skryf ek in vir Janie se Kinder- en Jeugboek- kursus. Aan die einde van dieselfde jaar onder haar leiding, word daardie droom bewaarheid. Ses van my kort stories word in Via Afrika se leesboeke vir Graad 4-6 gepubliseer. In 2013 word 'n verdere ses kort stories en 4 gedigte in Via Afrika se leesboeke vir Graad 7-9 gepubliseer. In die proses het ek waardevolle skryfvriendinne gemaak wat my droom deel. Janie vir jou sal ek nooit genoeg kan bedank nie! Baie dankie. Doen so voort! :)

  • #1

    Troula Goosen (Saturday, 19 October 2013 05:40)

    Om in te skryf vir Skyfgeheime was een van die beste besluite wat ek geneem het. Dit het die wonderwêreld van die kinderboek vir my oopgemaak en dit was net so lekker om uiteindelik my eie publikasie vas te hou. Dan praat ek nie eens van die gawe vriende wat ek gemaak het nie. Baie dankie, Janie.