Skryfgeheime

Gratis skryfriglyne. Hoe om Afrikaanse radiodramas, hoorspele en kort stories te skryf.

Albert Short (links op foto) se kreatiewe skryfloopbaan het al baie draaie gegooi. Sy natuurlike skryftalent lei hom oor verskillende genres heen, van die skryf van kinder-verhale en algemene kortverhale wat in kortverhaalbundels opgeneem is, tot radio-dramas, opgeneem en uitgesaai deur RSG.

 

Regs op die foto verskyn lede van die Radio-Sonder-Grense-span wat betrokke was by die opname van hoorspele deur Albert geskryf, soos: "Naand, Josef", wat in 2021 die tweede prys verower het in die RSG/Sanlam Radiodramaskryfkompetisie, "'n Voorlopige begrafnis" (opgeneem vir Radioteater), "Wysie oor die water" (ook by RSG) en "Eindfluitjie" (Radioteater 2025), e.a. Hy was ook op die kortlys vir die WGSA Muse Awards vir "Die stomme Moses". Hou hom dop, sy skryfwerk en sy storie-idees skitter al hoe helderder.


Gratis kleurvolle skryfplakkaat vir kinders & kraaie. Leer hoe 'n kinder-storie werk en hoe om een te skryf.


'n Vermaaklike, ryklik geïllustreerde storieplakkaat wat jy self kan druk of laat druk as hulpmiddel vir die klaskamer of die tuisskool. Dit voer skrywers deur al die nodige stappe van 'n goed gestruktureerde storie, van 'n merkwaardige hoofkarakter met 'n interessante probleem op 'n prikkelende plek, tot die krisis, afloop en einde. 


Gratis riglyne vir die skryf van hoorspele, radiodramas en luister-dramas vir skrywers.


Volg Albert se voorbeeld en kry jou naam op RSG-luisteraars se lippe. Klik hier vir die volledige 2024-RSG-RIGLYNE en leer hoe om geslaagde radiodramas te skryf, gereed om opgeneem en uitgesaai te word en luisteraars met jou karakters se tragedies en manewales te vermaak. 


Download
BESSIE SE PLAKKAAT.pdf
Adobe Acrobat Document 1.8 MB

Lekker skryf!
Bessie Hemelbesem 

Privaat speurder

Langeraatsfontein

 

"Psssst ... Laat weet my onmiddellik as daar enige moleste by julle rond is. Ek en Pietersielie sal dadelik oorkom. Ons los alle sake blitsig op."