Skryfgeheime


Algemene Kreatiewe Skryfkursus:  8 modules

Afrikaanse skryfkursus vir romans en kortverhale


Ideal vir alle skrywers, nuut en ervare, wat ernstig is oor publikasie



Gepubliseerde Skryfgeheime-skrywers
Gepubliseerde Skryfgeheime-studente

Wil jy daardie Afrikaanse kortverhaal of roman (komplekse, vollengte boek) skryf wat mense wíl lees - en wat ’n werklike kans staan om gepubliseer te word? 

 

Hierdie omvattende Afrikaanse afstandskryfkursus neem jou stap vir stap van ’n rou idee tot ’n afgeronde, publiseerbare manuskrip. Jy ontwikkel nie net jou skryfvaardighede nie, jy werk ook doelgerig aan ’n skryfprojek wat jy na voltooiing met selfvertroue aan 'n tydskrif of uitgewer kan voorlê.

 

Gedurende hierdie afstandkursus leer jy hoe om:

  • ’n sterk storiekonsep te ontwikkel
  • geloofwaardige, driedimensionele karakters te skep
  • spanning en storielyn effektief te bou
  • jou eie skryfwerk krities te hersien en te verfyn

Jy kies self jou formaat en genre:

kortverhaal, tydskrifstorie, novelle of vollengte boek (roman)

 

Wat al ons skryfkursusse onderskei, is die persoonlike terugvoer en begeleiding wat jy ontvang. Jy werk nie in isolasie nie, jy ontwikkel en skryf jou manuskrip onder leiding van ’n ervare, kkundige mentor wat jou moed inpraat en wenke en verbeterings voorstel soos jy vorder.

 

Teen die einde van die kursus het jy:

  • ’n voltooide of ver gevorderde Afrikaanse manuskrip
  • praktiese kennis van publikasievereistes
  • die selfvertroue om jou werk professioneel aan 'n tydskrif of uitgewer voor te lê  


Madeleine Louw Blignault se skryfreis:

Madelein Louw Blignault publiseer by Penguin Random House
Madeleine Louw Blignault publiseer by Penguin Random House

Na 'n ernstige siekbed het 'n neuroloog aanbeveel dat 

Madeleine Louw Blignault iets aanpak wat vir haar totaal nuut is. Sy het op kreatiewe skryfwerk besluit en vir die Algemene Kreatiewe Skryfkursus ingeskryf. Vandag pluk sy die vrugte van al haar insette. Haar Skryfgeheime-kursusverhaal is onlangs deur Penguin Random House gepubliseer - en dit is 'n groot prestasie.

      Madeleine skryf: "Ek deel graag hierdie goeie nuus met jou en jou studente sodat hulle vertroue in julle skryfkursus en kursusleier kan hê. Die huis op die hoek is al weke lank op die Nielson-lys as 'n topverkoper!"



Kursusinhoud:  Agt-module-plan

 Module 1:   Vertrekpunte

*    Vind uit wat uitgewers en lesers wil hê

*    Ondersoek die Goue Reëls vir ’n suksesvolle verhaal

*    Bemeester vyf praktiese skryfgeheime

*    Skakel die idee-masjien aan …

Werkstuk:  Kies ’n storievonk en skryf ’n littelosmaker 

 

 

Module 2:   Beplanning & voorbereiding

*    Bou jou woordeskat, uitdrukkingsvermoë en taalkennis uit

*    Vind die vyf komponente van ’n suksesvolle verhaal

*    Verken en benut verskeie geslaagde verhaallyne

*    HULPMIDDELS:  Benut die storie-geraamte en storieplan

Werkstuk:  Benut die vyf-minuut-metode

 

 

Module 3:   Karakters & dialoog

*    HULPMIDDEL:  Ontwikkel 3D-karakters

*    Benut die wisselwerking tussen karakter en intrige

*    Bestudeer riglyne vir doeltreffende dialoog en oefen dit in

*    Vind jou karakter se "eie stem"

Werkstuk:   Ontwikkel ’n prikkelende karakter

 

 

Module 4:   Ruimte & gesigspunt

*    Ontwikkel die ruimte/plek waar jou verhaal gaan afspeel

*    Benut die wisselwerking tussen ruimte en intrige

*    Bestudeer gesigspunt 

*    Eksperimenteer met verskillende gesigspunte

Werkstuk:   Skryf ’n aksiebelaaide toneel volgens die beginsels hierbo

 

 

Module 5:   Treffertonele & 'n sterk begin

*    Verken en benut tien treffertonele

*    Bemeester wys en vertel

*    Waarom werk sekere aanvangstonele?

*    Waarom werk sekere eerste hoofstukke?

Werkstuk:   Skryf ’n sterk begin vir jou verhaal

 

 

Module 6:   Ontwikkel 'n toneelplan

*    Beplan ’n meesleurende, konflikbelaaide intrige

*    HULPMIDDEL:   Ontwikkel ’n toneelplan

*    Stel ’n hoofstukplan saam

*    Vind uit hoe om ’n vollengte manuskrip te voltooi 

Werkstuk:   Skryf ’n volledige toneel m.b.v. stimulus-en-respons

 

 

Module 7:   Naelbyters & Tyd- en plekspronge

*   Leer hoe om ’n effektiewe toneel uit te bou

*   Bestudeer cliffhangers en tyd- en plekspronge 

*   Beplan ’n gemotiveerde einde

Wersktuk:   Wend tyd- en plekspronge en cliffhangers aan en skryf 'n toneel

 

 

Module 8:   Redigering & voorlegging

*    Gee vorm aan jou manuskrip en rond dit af

*    Kikker jou skryfstyl op met treffende metafore

*    Skryf ’n dekbrief en ’n sinopsis

*    Vind uit oor uitgewers en kontrakte

Werkstuk:  Stel ’n volledige voorlegging saam vir ’n novelle of ’n vollengte roman, met ’n sinopsis en ’n dekbrief  Of:  Voltooi 'n kortverhaal of tydskrifstorie gereed vir voorlegging aan 'n geskikte tydskrif.

 


Begin jou skryfreis hier:

Voltooi die vorm  Kry die betaalplanne → Maak 'n inbetaling → Ontvang 'n module → Begin skryf

Jou navraag plaas jou onder geen verpligting om wel 'n inbetaling te maak nie.


Note: Please fill out the fields marked with an asterisk.