Skryfgeheime- aanlyn skryfskool

Algemene Kreatiewe Skryfkursus

Ons skrywers word deur nasionale uitgewers en tydskrifte gepubliseer


Gepubliseerde Skryfgeheime-skrywers
Gepubliseerde Skryfgeheime-studente

Wou jy nog altyd 'n skrywer wees? Word eerder 'n gepubliseerde skrywer met die Algemene Kreatiewe Skryfkursus, 'n gehalte- aanlyn skryfkursus vir elkeen wat 'n kortverhaal, novelle, tydskrifstorie of vollengte boek wil leer skryf en hul naam in druk wil sien.

 

As daar 'n storie in jou wegkruip - hoe diep ook al - en jy wonder hóé om dit te skryf sodat dit tot lesers én uitgewers sal spreek, dan is hierdie kursus die plek vir jou. Die kursusmateriaal is volledig en toeganklik en jou kursusleier vindingryk, kundig en simpatiek. Saam sal julle daardie idees wat in jou kop draai op papier kry.

 

Die Agt-Module-Plan lei jou stap vir stap van die vind van 'n geskikte idee tot en met 'n voltooide manuskrip. Jy ontvang deurlopende hulp en bystand, sowel as kundige terugvoer deur 'n gepubliseerde skrywer-vertaler-boekeredakteur binne sewe dae nadat jy 'n skryftaak ingestuur het.


 Die Algemene Kreatiewe Skryfkursus spog met talle gepubliseerde skrywers by erkende uitgewers en tydskrifte. En tog is ons skrywers mense soos ek en jy.


So skryf Monja Verwey:  "Ek wonder soms hoekom ek so lank gewag het om iets nuuts te probeer. Nou sien ek daar is niks om te vrees nie en doen ek kennis op wat niemand by my kan wegvat nie."



Kursusinhoud:  Agt-module-plan

Die kursusmateriaal verskaf 'n raamwerk vir die ontwikkeling en skryf van jou kortverhaal of vollengte boek. Die terugvoer op jou werkstukke deur 'n gesoute mentor vorm die begin van jou redigeringsleerkurwe. Nou leer jy hoe om jou skryfwerk objektief te ontleed, te hersien en te herskryf om aan gerekende uitgewers se standaarde te voldoen. Dis 'n verrykende proses met kennis en tegnieke wat jy ook in jou werksplek kan toepas.

 

 Module 1:   Vertrekpunte

*    Vind uit wat uitgewers en lesers wil hê

*    Ondersoek die Goue Reëls vir ’n suksesvolle verhaal

*    Bemeester vyf praktiese skryfgeheime

*    Skakel die idee-masjien aan …

Werkstuk:  Kies ’n storievonk en skryf ’n littelosmaker 

 

 

Module 2:   Beplanning & voorbereiding

*    Bou jou woordeskat, uitdrukkingsvermoë en taalkennis uit

*    Vind die vyf komponente van ’n suksesvolle verhaal

*    Verken en benut verskeie geslaagde verhaallyne

*    HULPMIDDELS:  Benut die storie-geraamte en storieplan

Werkstuk:  Benut die vyf-minuut-metode

 

 

Module 3:   Karakters & dialoog

*    HULPMIDDEL:  Ontwikkel 3D-karakters

*    Benut die wisselwerking tussen karakter en intrige

*    Bestudeer riglyne vir doeltreffende dialoog en oefen dit in

*    Vind jou karakter se "eie stem"

Werkstuk:   Ontwikkel ’n prikkelende karakter

 

 

Module 4:   Ruimte & gesigspunt

*    Ontwikkel die ruimte/plek waar jou verhaal gaan afspeel

*    Benut die wisselwerking tussen ruimte en intrige

*    Bestudeer gesigspunt 

*    Eksperimenteer met verskillende gesigspunte

Werkstuk:   Skryf ’n aksiebelaaide toneel volgens die beginsels hierbo

 

 

Module 5:   Treffertonele & 'n sterk begin

*    Verken en benut tien treffertonele

*    Bemeester wys en vertel

*    Waarom werk sekere aanvangstonele?

*    Waarom werk sekere eerste hoofstukke?

Werkstuk:   Skryf ’n sterk begin vir jou verhaal

 

 

Module 6:   Ontwikkel 'n toneelplan

*    Beplan ’n meesleurende, konflikbelaaide intrige

*    HULPMIDDEL:   Ontwikkel ’n toneelplan

*    Stel ’n hoofstukplan saam

*    Vind uit hoe om ’n vollengte manuskrip te voltooi 

Werkstuk:   Skryf ’n volledige toneel m.b.v. stimulus-en-respons

 

 

Module 7:   Naelbyters & Tyd- en plekspronge

*   Leer hoe om ’n effektiewe toneel uit te bou

*   Bestudeer cliffhangers en tyd- en plekspronge 

*   Beplan ’n gemotiveerde einde

Wersktuk:   Wend tyd- en plekspronge en cliffhangers aan en skryf 'n toneel

 

 

Module 8:   Redigering & voorlegging

*    Gee vorm aan jou manuskrip en rond dit af

*    Kikker jou skryfstyl op met treffende metafore

*    Skryf ’n dekbrief en ’n sinopsis

*    Vind uit oor uitgewers en kontrakte

Werkstuk:  Stel ’n volledige voorlegging saam vir ’n novelle of ’n vollengte roman, met ’n sinopsis en ’n dekbrief  Of:  Voltooi 'n kortverhaal of tydskrifstorie gereed vir voorlegging aan 'n geskikte tydskrif.


Kry die betaalplanne en skryf in:

* Jy sal die betaalplanne en bankbesonderhede ontvang.

* Jou navraag plaas jou onder geen verpligting om wel 'n inbetaling te maak nie. 


Note: Please fill out the fields marked with an asterisk.