Skryfgeheime- aanlyn skryfskool


Goue suksesse - en almal is mense soos ek en jy



Neandra Bresler           Renda Fourie                  Cecilia Hofmeyr             Riaan Conradie             Marelize Swanepoel

Die wenners van Skryfgeheime se 2021-kompetisie vir distopiese verhale is deur die deelnemers self uit die kortlys van sewe verhale aangewys.

 

Die deelnemers het soos volg gestem:

In die eerste plek is Neandra Bresler met "Tot die laaste druppel", tweede is Renda Fourie met "Die waarde van hoop", en gesamentlik in die derde plek: Cecilia Hofmeyr met "Blootstelling" en Riaan Conradie met "Die laaste trein uit Vryheid". Marelize Swanepoel verskyn op die ererol met "Raakvrate". 

 

Die wenner, Neandra Bresler, is 'n Skryfgeheime-student, wat deels verklaar waarom ek nie self die wenners wou aanwys nie. Hierdie kompetisie het al my verwagtinge oortref en ek is oortuig dat hierdie vryskutskrywers nog in die toekoms sal skitter.


Skryfgeheime-skrywer Ilze Beukes presteer met "'n Fiets vir twee" by Penguin (Lapa).
Ilze Beukes

Ilze Beukes se  jongste Romanza ('n Fiets vir twee) is sterk op pad na die winkelrakke. Sy het so pas haar kontrak van Penguin (Lapa) ontvang vir ondertekening. 

Martelize Faber se verhaal "Maanperels" is die naaswenner in die Storiewerf-kompetisie.
Martelize Faber

Martelize Faber se kortverhaal "Maanpêrels" is die naaswenner van die Storiewerf-kompetisie vir volwasse lesers. Sy het die Algemene Kreatiewe Skryfkursus gevolg.


Marina Visser se kursusartikel word deur LiG aanvaar vir publikasie.
Marina Visser

 

Marina Visser se kursusartikel "Ons mooiste Kersfees-herinneringe" is deur LiG aanvaar vir publikasie.

 

 

Marina is tans besig met die Kursus in Vryskutjoernalistiek

 

Johan Lerm presteer met 'n artikel in Kuier en die boek |"Breek die grendels".
Johan Lerm

'n Artikel geskryf deur Johann Lerm het in Kuier verskyn. Sy eerste vollengte boek, Breek die grendels, het onlangs die lig gesien.

Hy het die Algemene Kreatiewe Skryfkursus voltooi.

 


Esme Cupido se artikel verskyn in Kuier.
Esme Cupido

 

Esmé Cupido presteer in die Kuier-uitgawe van 19 Augustus 2021 met haar skets "Sê 'nee' sonder om skuldig te voel".

 

Sy skryf: "Ek is baie opgewonde! Baie dankie vir jou terugvoer op my karakterskets. Ek sien uit daarna om Module 4 aan te pak." Esmé is tans besig met die Algemene Kreatiewe Skryfkursus en skryf alreeds oor genres heen. 

Donker bloed, 'n jeugroman geskryf deur Elrien Scheepers, het onlangs by Human & Rousseau verskyn. Die 17-jarige Sybella se pad kruis met die van Biotron Babas, 'n maatskappy wat geneties gemodifiseerde babas aan die rykes verskaf, en Sybella raak betrokke by donker geheime.

 

Elrien se skryfvernuf en wetenskaplike agtergrond slaan duidelik deur in hierdie meesleurende verhaal. Sy het die Kinder-en-jeugboek-kursus voltooi. Lees meer of bestel die boek. 


Janine van der Linde skryf: "My grootste uitdaging is die gesukkel met dialoog, want niks klink reg nie, (ek is regtig baie vol dinge). My goeie nuus is dat my radiodrama As is verbrande hout op 10 Junie op RSG uitgesaai word. Ek was een van die Sanlam/RSG radiodrama-finaliste."

 


Die geheim van die bloedsteen deur Antoinette Venter het pas by Protea Boekhuis verskyn. Antoinette het die Kinder-en-jeugboekkursus suksesvol voltooi en skryf sedertdien  met groot sukses oor genres heen. Die geheim van die bloedsteen is die eerste in 'n beplande reeks van vyf.



Marieta McGrath skryf: "My eerste kinderboek Die groot kompetisie word binnekort deur Naledi gepubliseer. Dis ’n lewenslange droom wat besig is om waar te word. Dankie vir alles wat ek sover gedurende my Skryfgeheime-kursus kon leer."

 

Marieta is al meermale bekroon, sukses is vir haar niks nuuts nie. In 2019 was sy LitNet se week 3-wenner met haar politieklimeriek. Teen die einde van die kompetisie is sy aangewys as Grootkampioen van Limeriek en beloon met 'n prysgeld van R10 000. In 2020 is sy aangewys as die wenner van die Ingrid Jonker L'Art Poetique-kompetisie.

 

Albert Short skryf: "Ek is opgewonde en dankbaar dat my storie, Spooktrein, deel is van RSG se eerste radioteater-seisoen van 2021. Uitsaaidatum is 27 Mei. Opgevoer deur Leon van Nierop.

 

Celia du Plessis (op foto) se kortverhaal "Geleende tyd" verskyn in die nuutste uitgawe van Kuier. Celia skryf: "My nuwe ambag is ’n opwindende reis."

 

Melanie Pienaar se gedig "Wat gaan van ons word" verskyn op Litnet. Melanie skryf: "Ek is oorweldig deur die idee dat iets wat ek geskryf het vir die publiek beskikbaar is. Ek kan nie genoeg dankie sê vir al jou hulp en ondersteuning gedurende hierdie kursus nie.”

 

Celia het die Algemene Kreatiewe Skryfkursus voltooi en Melanie is besig met die Prenteboekkursus.

 

Ansie Nel se kortverhaal "Ruikers en rillings" het in Februarie in Huisgenoot verskyn. Ansie is 'n gepubliseerde kinderboekskrywer. Sy het die Kursus in Vryskutjoernalistiek sowel as die Kinder-en-jeugboekkkursus voltooi.

 

Johan de Nysschen skryf: "Ek weet nie eintlik of ek sulke goed hardop moet oorvertel nie, maar 'n bundel erotiese kortverhale met die titel Lyfskap, saamgestel deur Sophia Kapp en Leonie van Rensburg, verskyn in Februarie as e-boek by Lapa Uitgewers. My verhaal, 'Nagblom', is saam met 24 ander daarin opgeneem - en jy moet die 'groot name' sien in wie se geselskap ek is! Ek wou 'n skuilnaam gebruik, maar Sophia-hulle wou niks daarvan weet nie, glo omdat ek reeds in die Woordfees-bundel gepubliseer is. Nou moet my vrou net weer met my begin praat, dan is alles reg."  Johan het die Algemene Kreatiewe Skryfkursus voltooi. Lyfskap is tans 'n topverkoper op Amazon.


Algehele wenner van die RSG Sanlam-radiodramakompetisie

Adelle van Wyk se inskrywing "Makkie onthou" is deur die beoordelaars van die RSG Sanlam-radiodramakompetisie as 'n waardige algehele 2021-wenner beskryf. "Dit is 'n sterk, karaktergedrewe misdaaddrama met radiomatige dialoog. Die karakters is fassinerend en die skrywer verhef met die taalgebruik die vertelling na dié van 'n literêre werk. Die verhaal boei uit die staanspoor en die verhaal laat 'n mens kopkrap tot en met die laaste toneel." Adelle is tans besig met die Algemene Kreatiewe Skryfkursus.

 

Vanjaar is 385 inskrywings ontvang. Die 20 finaliste kon twee meesterklasse bywoon, is met RSG Sanlam-geskenkpakke bederf en het mentorskap ontvang voordat die tekste in die eindronde weer eens anoniem beoordeel is. Die totale prysgeld is R155 000 en die wendramas sal van April 2021 op RSG gehoor word. 


Woordfeeswenners!!!

Jaco van der Merwe skryf: "Ek is in die bevoorregte posisie om ’n bietjie te kan spog. Ek het ingeskryf vir die 2021-Woordfees-kompetisie. Vandag is ek meegedeel dat ek een van die 25 is wat die feesbundel haal. Vir my is dit ’n ongelooflike prestasie. My aanslag is nogal ongewoon en om my verhaal op hierdie platform te kry (en daar gepubliseer te word!) is waarvoor ek gewerk en gehoop het."

Coen Basson is ook een van die 25 skrywers wat vir die 2021-Woordfees-bundel kwalifiseer. 

Saartjie Botha, direkteur van die Toyota US Woordfees, skryf soos volg: "In hierdie moeilike jaar het ons verlang na gemeenskap en gesprek. Die feit dat ons 288 inskrywings  ontvang het, onderstreep hierdie feit. Ons sien uit daarna om hierdie skrywers by die 2021-fees te verwelkom."


Sowel Jaco as Coen het die Algemene Kreatiewe Skryfkursus gevolg - hou hulle dop!

Lees hier meer ...

Lees nog ...


Antoinette Venter skryf: "My kinderverhaal "Die geheim van die bloedsteen" (voorlopige titel), waaraan ek begin werk het toe ek jou kinderboekkursus gevolg het, is deur Protea Uitgewers vir publikasie aanvaar. En – hulle stel belang in ’n reeks! Ek is nog nie seker van die publikasiedatum nie, maar die illustreerder het reeds aan die voorblad en binnesketse begin werk."

 

Derek Hendriks (op foto) skryf: "Ek het deelgeneem aan Skryfgeheime se Covid-19-skryfkompetisie en het pas my debuutboek Oppe en affe uitgereik. Dit handel onder meer oor my ervarings en belewenisse toe ek vir die departement van korrektiewe dienste gewerk het. Maar dit is agter my, tans is ek 'n musikant en skrywer van die Karoo."


Celeste Loriston het Skryfgeheime se Kursus vir kinder- en jeugboeke voltooi en gaan sedertdien van krag tot krag.

      Sy debuteer in 2019 by Protea Boekhuis met haar kursusverhaal, Jinx, en word boonop met 'n ATKV-woordveertjie bekroon.

      Haar tweede boek, Alias, het in 2020 verskyn, ook by Protea. Nou vir boek 3, Celeste!

Sien meer


Amanda Claassens in gesprek met Troula Goosen is 'n onderhoud wat jy nie mag misloop nie. Leer meer oor die skryfkuns by twee gesoute Skryfgeheime-skrywers wat albei al herhaaldelik gepubliseer is en kort-kort opslae maak. Amanda (regs op foto) het die Algemene Kreatiewe Skryfkursus voltooi en Troula die Kinder-en-jeugboekkursus

 

Geniet die Boekemakranka-onderhoud met Amanda en Troula.

Stel jy belang in die skryf van historiese fiksie? Lees die Rapport-resensie.

Download
Raaiselklip Rapport 12 Aug.pdf
Adobe Acrobat Document 407.8 KB

Boeke geskryf deur Janie Oosthuysen en Troula Goosen verskyn by tans by Human & Rousseau en Tafelberg. Die Ouma Hester-reeks deur Janie Oosthuysen word uitgegee in 'n komiekboekstyl wat hierdie aksiebelaaide verhale met hulle talle wendings uitstekend pas. Hierdie boeke is geskik vir seuns en dogters van 9 jaar en ouer. Troula Goosen behaal op haar beurt 'n driekuns met Raaiselklip, Raaiselster en Raaiselsee, drie boeke wat lesers (ja, jy het dit!) aan die raai hou. Lesers van 10 jaar en ouer kan naderskuif. 


Driekie Grobler se gedig "Vryheid" word saam met ander bydraes getoonset en uitgevoer deur 'n driestuks bekende kunstenaars. Driekie het deelgeneem aan Deel jou woorde 2Lees meer en skryf sommer self in vir Deel jou woorde 3.

 

Driekie het die Algemene Kreatiewe Skryfkursus voltooi en skryf sedertdien oor genres heen.


 

Enrique Grobbelaar se kortverhaal "Soms gaan kuier ek nog by hom" is op LitNet gepubliseer. Haar kortverhaal “Binnelandse sake” is in 2019 in die US Woordfees se kortverhaalbundel opgeneem en is ook deur kykNET in ’n kortfilm omskep vir die jaarlikse Silwerskermfees.

 

Enrique is besig met die Algemene Kreatiewe Skryfkursus


 

Rieneke Wesseloo skryf: "Ek is so opgewonde, want my eerste berig is deur Find It News gepubliseer. Ek het nooit gedink ek sal dit behaal nie, aangesien ek nog maar 'n paar maande lank besig is met die joernalistieke kursus en nog min weet van berigte skryf."

 

Ansie Nel se artikel is ook onlangs gepubliseer. Ansie het die Kinder-en-jeugboek-kursus 'n tyd terug voltooi en haar kursusverhaal Haakbos se held is deur Vivlia Uitgewers gepubliseer. Sy is tans besig met die Kursus in Tydskrifjoernalistiek.

 


Jacques le Roux se artikel "Blom op 'n kindergraf" het op LitNet verskyn. 

 

Jacques skryf: “Ek is ingenome met my LitNet-publikasie. Nogal ’n baie lekker gevoel. Het net positiewe reaksie gehad van verskeie mense af. Het dit nie verwag nie. Nog ’n storie, 'O tiervis, my tiervis' word op 29 Mei vanjaar op foranglers 

gepubliseer." Jacques het die Kursus in Tydskrifjoernalistiek voltooi.


Jaco van der Merwe is die wenner van Skryfgeheime se Covid-19-kompetisie. Hy skryf: "Dit was 'n belangrike kompetisie vir my. Eenvoudig omdat alles hier begin het. Dankie vir die leiding gedurende die kursus en die mooi woorde met die uitslag van die kompetisie. 

     "Die belangrikste is om erkenning te kry vir iets wat ek geskep het. Om te sien mense daar buite geniet dit. Die grootste kompliment, naas om as die wenner aangewys te word, het van my proefkonyne gekom, wat wou weet: 'So wat gaan verder gebeur?' Toe het ek geweet ek het iets reg gedoen."

Esbè Meyer se artikel "Kuns bring golwe van hoop" het in op 9 Januarie in Vrouekeur verskyn.

 

Esbè skryf soos volg oor die Kursus in Tydskrifjoernalistiek: "Baie dankie, Liezl, jou kommentaar op my werk het my altyd veilig laat voel. Jy het die vrymoedigheid om stories te wil vertel aan my gegee. My potlood en papier is altyd byderhand." 


Thamara Erasmus skryf: "Ek is baie opgewonde, ek het LitNet se Valentynsdagkompetisie gewen met my poging. Dit beteken vir my ongelooflik baie en moedig my opnuut aan. Dit voel nogals lekker vir hierdie wannabe skrywer om te weet iemand soos Lina Spies dink haar poging is goed genoeg vir 'n wenslag."

 

Thamara en Karien is besig met die Algemene Kreatiewe Skryfkursus.

 

Karien Allers skryf: "Goeie nuus! 'n Kortverhaal wat ek onder my nooiensvan ingestuur het, is in Huisgenoot van 20 Februarie geplaas, 'n heel ander tipe storie as die drie wat voorheen in Vrouekeur verskyn het. Ek het weer heelwat uit die proses geleer." 

 

 


Tweespoor geskryf deur Helena Gunter verskyn op die planke by die US Woordfees, 2020.

 

Helena skryf: "Dis nogal opwindend. Inge Crafford-Lazarus, wat die verwerking gedoen het, het ook die opvoerregte verkry. Ek het dit beskou as 'n nuwe kreatiewe proses, maar sy het nietemin die moeite gedoen om gereeld my mening te vra insake interpretasie, ens. Ek het onlangs 'n repetisie bygewoon en was hoog in my skik met die interpretasie, verwerking en vertolking."

 

Helena het die Algemene Kreatiewe Skryfkursus voltooi.

Bespreek hier

 

Anel Heydenrych se sielkundige riller, Die afloerder, het by Penguin Uitgewers verskyn. Lees meer

 

Antoinette Venter se Romanza, Oudit op haar hart, het by Lapa Uitgewers verskyn. Lees meer.

 

Anel en Antoinette het die Algemene Kreatiewe Skryfkursus gevolg.

 

Jose Palmer en haar dogter Reinette is die skrywers van die suksesvolle Tippie-reeks wat deur Lapa Uitgewers uitgegee en versprei word. Amper 'n halfmiljoen eksemplare is al verkoop. Jose se raad is om jou teikenleser heeltyd voorop te stel.

 

Sy skryf: "Tippie het ons stoutste verwagtinge oortref. Ons beide het 'n passie vir onderrig en wil 'n verskil in kinders se lewe maak. Met Tippie kry ons dit reg."  Jose het die Prenteboekkursus onlangs voltooi en is tans besig met die Algemene Kreatiewe Skryfkursus. 


Johan de Nysschen se kortverhaal is  gekies uit 266 inskrywings vir opname in Woordfees se 2020-bundel.

Jaco van der Merwe  se manuskrip Pandora is die wenner van Afrifiksie se wetenskap-fiksiekompetisie.

"Dis nie oor die bike nie" geskryf deur Gerard Vermeulen verskyn op LitNet.



'n Onderhoud met Troula Goosen, die skrywer van Raaiselster (NB Uitgewers, 2019), verskyn op LitNet. Troula het Skryfgeheime se kinder-en-jeugboekkursus suksesvol afgehandel. Haar Skryfgeheime-kursusverhaal is deur NB Uitgewers as Maanligmeermin gepubliseer. Haar boek Spooksoene, (Protea Boekhuis), het 'n ATKV-toekenning ontvang.

 

Amery Smith se inskrywing het die eerste plek in die 2019-Poort-gedigtekompetisie vir 

hoërskoolkinders verwerf.

 

Martelize Faber se verhaal "Karmosyn" is aangewys as gesamentlike tweedepryswenner in Afrifiksie se 2019-kortverhaalkompetisie.

 

Helene de Clercq se kortverhaal "Om vrij te raak" is deur Rooi Rose vir publikasie aanvaar. Helene skryf: "Ek het nou skoon asemnood. My storie gaan in Rooi Rose kom."

 

Amery het vir die Praktiese Kreatiewe Skryfkursus ingeskryf. Martelize is besig met die Algemene Kreatiewe Skryfkursus en Helene volg die Kinder-en-jeugboekkursus.

 

Marelette van der Merwe se kursusartikel "In staatshospitaal vir geestesiekte" verskyn in Vrouekeur van 18 Oktober. Dit word boonop op die voorblad aangekondig – werklik ’n besondere prestasie.

 

Kotie Homan se artikel "Kan frekwensieterapie jou werklik genees” het op Solidariteit se welstandblaaie verskyn.

 

Marelette en Kotie het Skryfgeheime se suksesvolle Kursus in Tydskrifjoernalistiek gevolg.

 

Die drie wenners van die Skryfgeheime-Naledi-Medusa-kompetisie is: Isabel Martinson, Shirley Barnard en Anna-Marie Oosthuizen. Geluk met julle verbeeldingryke skryfwerk.


Celeste Loriston-Slabber (op foto) slaan 'n ATKV-veertjie los met haar boek Jinx wat in 2019 deur Protea Boekhuis gepubliseer is. Hierdie boek was Celeste se kursusverhaal toe sy Skryfgeheime se kinder-en-jeugboekkursus gevolg het. Die boek is baie goed deur haar teikenlesers ontvang en haar bekroning is welverdiend.

 

Vier gedigte geskryf deur Gideon Brückner word in Die Stemme uit die Suiderland 14 geplaas. Twee ander gedigte is op AVBOB Poetry se webblad geplaas en sy inskrywing vir die Woordfees is in die pos.  Gideon skryf dat hy vir eers op kompetisies fokus om hom met sy huidige "prosadroogte" te help.

 

Henk Heslinga skryf: "Ek het die film- en verspreidingsregte van my boek Bloedwolf wat oor 'n reeksmoordenaar handel aan 'n filmvervaardiger verkoop. Dit gaan 'n 90-minuut-film wees in Engels, bedoel vir die buitelandse mark. Dit handel oor vervloë misdaad aangebied in die vorm van fiksie, die gebeure agter die skerms." 

 

Leandra Naudé skryf: "Ek wil net vertel dat ek die 2019-Imbali-toekenning die afgelope naweek ontvang het vir my boek Reis deur die hart wat vanjaar deur Lapa Uitgewers gepubliseer is. Ek is absoluut oorstelp." Leandra se romanse is besonder goed deur die leserspubliek ontvang. Sy het Skryfgeheime se Algemene Kreatiewe Skryfkursus voltooi.

Lees meer:

Imbali-toekennings

Romanza-manuskripvoorleggings

Skryf vir Romanza 


Tanita da Silva het die kinder-en-jeugboekkursus in 2010 gevolg en word sedertdien oor genres heen gepubliseer. Tanita skryf: "Na my kursus het ek vir KaapRapport en Tuinroete Burger rubrieke geskryf. Ook as vryskut joernalistieke werk gedoen. O.a. in Kuier-tydskrif gepubliseer. Van my eerste boekpublikasies was by Via Afrika en Pearson Uitgewers. Meer onlangs het ek 'n kontrak geteken met Vivlia Uitgewers vir my skooldrama, Spookasem. En hier bevind ek my tans in Abu Dhabi, waar ek skoolhou. Ek mis Afrikaans en my mense."

 

Adelle van Wyk, Gideon Bruckner en Coen Basson het naam gemaak met die Bloemfonteinse Skrywersvereniging se 2019-skryfkompetisie. Adelle het die eerste plek verower in die Ope Afdeling B en 'n kontantprys en trofee losgeslaan, Gideon het die derde plek verower in die Ope Afdeling D (Poësie) terwyl Coen eervolle vermelding verwerf het vir sy inskrywing in die Ope Afdeling A.

 

Milanie de Villiers skryf:  Groot was my verbasing toe my broerskind Vrydagoggend vir my hierdie Whatsapp stuur: “Ons behandel jou gedig ‘Môrelied’. Die klas geniet dit.” Sy is in graad 8 aan die Hoërskool Jim Fouché. Hulle wou die dieper betekenis van die gedig verstaan, dus het ek vir die klas ’n stemboodskap gestuur en hulle toe vir my ’n video om dankie te sê vir die inspirasie. Dit was ’n onvergeetlike oomblik. Milanie se gedig verskyn in Maskew Miller Longman se Platinum-reeks. Sy het die Prenteboekkursus gevolg.

 

Madeleen Theron is aangewys as 'n kategoriewenner van die Ken-jou-storie-kompetisie (7 tot 9 jaar) met haar verhaal Blitsvinnige RosieMadeleen het die Algemene Kreatiewe Skryfkursus voltooi.

 

Gerard Vermeulen skryf: Ek het weer jou goeie raad nodig met 'n storie. Ek sluit dit in vir redigering, sal jy net weer 'n faktuur aanstuur? Terloops, die vorige verhaal waarmee jy my gehelp het, word in Oktober in Rooi Rose gepubliseer, die titel is "Bergnewels".  Gerhard het van die redigeringsdiens gebruik gemaak.

 

ʼn Uitnodiging aan plaaslike skrywers om verhale met sjokolade as tema in te stuur het tot meer as 150 inskrywings gelei. ʼn Keur van tekste is verwerk in ʼn produksie wat die gehoor op reis neem deur die soet én bitter aspekte van sjokolade. Verskeie Skryfgeheime-studente het ingeskryf en heelparty se bydraes is in Die Sjokoladeshow opgeneem.

 

Brechje Visagie skryf soos volg oor haar deelname: Die feit dat ek een van jou ingeskrewe studente was, het tot gevolg gehad dat ek aan Die Sjokoladeshow-kompetisie deelgeneem het. My bydrae, "Liesbet se sjokolade", is in die stuk gebruik. Ek is boonop so bevoorreg om dit Woensdag in Bloemfontein op die verhoog te kan sien. Blykbaar het Die Sjokoladeshow baie goed gevaar by die Innibosfees. Dankie vir al die hulp, geleenthede en deurlopende inspirasie.


Sarlene Horn skryf: "My skets 'Water en wiele' oor my fietsvakansie in Nederland is in Vrouekeur!" Sarlene het die Kursus in Tydskrifjoernalistiek voltooi.

 

Karien Allers skryf: "Vrouekeur het 'Lippietor', 'n derde kortverhaal deur my geskryf, in Januarie geplaas. My voorneme vir 2019 is om die Algemene Kreatiewe Skryfkursus af te handel en dan die Kinderboekkursus aan te pak."

 

Susanna Moolman (skuilnaam) skryf: “Twee artikels en twee kortverhale is in Vrouekeur gepubliseer en ’n Engelse artikel in Canine Zone. Daarby het ek vanjaar ’n eerste prys losgeslaan met my kortverhaalbundel, Guppy & anderste stories. Susanna het die Kursus in Tydskrifjoernalistiek voltooi.

 

Marianne Collen skryf: “My nuwe boek gedruk deur Naledi gaan oor ’n vissersgesin in Kastrolstraat waar die huisies en inwoners op mekaar leun.” Marianne het Skryfgeheime se Kinderboekkursus sowel as die Prenteboekkursus voltooi.

 

Melodie Veldhuizen se kinderboek Kuberkind het pas verskyn. Melodie het die Kursus in Tydskrifjoernalistiek gevolg en is al oor en oor deur gerekende tydskrifte gepubliseer.

Antoinette Diedericks skryf: "Kyk net wat het ek gister in die pos ontvang: My kopieë van my boekies wat deur Shuter & Shooter gepubliseer is. Lientjie en die kieliemonster het ek nog gedurende die Prenteboekkursus geskryf." 

 

Antoinette het die Kinder-en-jeugboekkursus sowel as die Prenteboekkursus suksesvol afgehandel en is al talle kere deur gerekende hoofstroomuitgewers gepubliseer. 


Die vollengte roman The Curse deur Erika Bester (skryfnaam: Kristin Ping) verskyn by Amazon as deel van die "Shadow Files"-reeks. Leandra Naude se romanse Reis deur die hart verskyn by LAPA Uitgewers. Ernalize Groenewald is die wenner van die Lapa-ATKV-liefdesverhaal-kompetisie.  Dawie Louw se roman eMajuba verskyn by Naledi. Helena Gunter presteer met Tweespoor by Protea Boekhuis. Al hierdie skrywers het die Algemene Kreatiewe Skryfkursus gevolg.

 

Dawie Louw skryf: "Skryfgeheime doen iewers iets reg! Ek het twee stukkies goeie nuus gekry, twee van my boeke verskyn in 2019: Die Medusa-kode wat Naledi gaan uitgee en Spookeffek wat Pearson MML se skryfkompetisie vir jeugverhale (Afrikaans) gewen het. Laasgenoemde is die eerste van ’n trilogie jeugverhale." Dawie het die Algemene Kreatiewe Skryfkursus voltooi.

 

Celeste Loriston se jeugroman Jinx het pas by Protea Boekhuis verskyn. Hier

verskyn Celeste met 'n kopie by die boekbekendstelling.  

Sy skryf: "Steeds onwerklik, nou vir die volgende een."

 

Celeste het die Kinder- en-jeugboekkursus gevolg.

Alida Kieser skryf: "Ek wil graag die goeie nuus deel dat my artikel – 'Vier susters in die Tuli' – in die WEG Botswanagids 2018 en GO Botswana Guide 2018 gepubliseer is. Ek is baie bly daaroor!"

 

Alida is tans besig met die Algemene Kreatiewe Skryfkursus.

 

Carina Francke se tydskrifartikel "Blaas trauma se spiere af" verskyn in die Desember-Januarie-uitgawe van LiG.

 

Carina het Skryfgeheime se Kursus in Tydskrifjoernalistiek gevolg en suksesvol afgehandel.

 

Liesl de Beer skryf: “Ek leer baie en my grense word verskuif -  wat natuurlik goed is. In module 3 moes ons artikels benoem wat ons vir ’n tydskrif sou wou skryf. Ek het o.a. ‘Krismis op Torrabaai’ genoem. Nadat ek geleer het dat tydskrifte 3 maande vooruit werk, het ek dit geskryf met die oog op Kersfees. Dis sowaar deur Weg aanvaar en verskyn in  die Desember-uitgawe as ‘Vi Keswees ... vi Keswees!’ Ek is vreeslik bly!” Liesl volg Skryfgeheime se Kursus in Tydskrifjoernalistiek.

 

Adèle Botes skryf: "Rooi Rose het my vandag in kennis gestel dat hulle my artikel volgende jaar wil gebruik, of vroeër as daar ’n kansellasie is. Die werkstitel is ‘Kliek stres weg met YouTube-videos’."

 

Adèle is besig met die Kursus in Tydskrifjoernalistiek.

 

  

Lydia Gittens se artikel is deur Vrouekeur aanvaar. Sy skryf: “Baie dankie weer eens vir al die hulp en leiding. Ek lag en huil deurmekaar.” Lydia volg die Skryfgeheime-kursus in Tydskrifjoernalistiek  

 

Zerelda Esterhuizen van Vrouekeur skryf: “Hallo Lydia, baie dankie vir jou manuskrip ‘Wanneer elke dag kosbaar is’. Ek sal dit graag wil gebruik, maar my skedule vir die jaar is reeds vol met lewenstories. As dit reg is met jou sal ek dit in ’n Januarie- of Februarie-uitgawe gebruik. Ons betaal R2 500 per artikel (voor BTW).” 

 

Carin Marais skryf: "Goeie nuus - my kortverhaal gaan in die 22 Junie uitgawe van Vrouekeur verskyn! Die titel is 'Pandjieswinkelgoed'. Ek is baie opgewonde!  Carin is tans besig met die Algemene Kreatiewe Skryfkursus.

Nikoleen van der Spuy skryf: “Ek het weer laasjaar ’n stukkie aan Finesse gestuur vir hulle skryf-’n-dagboek-projek. Hierdie keer was die tema: Waar God lei, sal Hy voorsien. Ek voel so bevoorreg om vir die derde keer iets met ander vroue te kon deel. Ek vind dit nogal maklik om te skryf oor wat in my lewe aangaan en hoe ek dit hanteer, en dit dan met ander moedelose, moeë mammas te deel.” 

 

Simone Alberts skryf: “Ek het my artikel toe verander soos Vrouekeur gevra het – ek het die woordtelling aangepas en ook ’n paar ekstra nadele gelys om meer objektief te wees. En vandag het daar goeie nuus gekom. Vrouekeur het laat weet hulle kyk na ’n publikasiedatum in Junie. Dis heerlik om te sien waarheen my studies my gelei het – net ’n jaar later.” Simone volg die Kursus in Tydskrifjoernalistiek.


Amanda Claassen skryf: "Ek het met mening aan die werk gespring. In 2017 het ’n kortverhaal deur my saam met 'n lang verhaal deur Sophia Kapp onder die RomanzaLiefde-vaandel verskyn. Hierdie verhaal van 5 000 woorde het aan my ’n uitnodiging na die ATKV se Lenteskryfskool bewerkstellig.  Onlangs het ek ernstig daaraan begin werk om die hoofstuk wat ek toe geskryf het tot ’n volledig manuskrip uit te bou.     


      "En dis waarmee ek tans besig is. Ek dink dikwels aan jou woorde dat skryf ’n ambag is wat ’n mens moet inoefen, en deurentyd kom jou vermanings by my op oor slaggate om te vermy. Ek wil nogeens dankie sê vir die stewige fondasie wat jy gelê het. Die gereelde suksesverhale van jou ander studente dien vir my as uitstekende inspirasie.”

      Amanda het die Algemene Kreatiewe Skryfkursus in 2013 suksesvol voltooi en publiseer sedertdien oor genres heen.

 

Leandra Naude skryf:  "Na nege lange maande het Lapa Uitgewers my laat weet dat my boek gepubliseer gaan word. Die titel is voorlopig Reis deur die hart." Leandra het die Algemene Kreatiewe Skryfkursus suksesvol voltooi.

Ilze Beukes het in 2011 op Skryfgeheime se Kinder-en-jeugboekkursus besluit, daarvoor ingeskryf en dit suksesvol afgehandel. Interessante, prikkelende kinder- en jeugverhale soos "Facebook-Vleisboek", "Bangbroek", "Ontvlugting" en "Weggegee" is deur haar geskryf en deur uitgewers soos Nasou Via Afrika en Pearson in leesreekse vir skole gepubliseer.

      Bewapen met die nodige skryfvaardighede, entoesiasme en selfvertroue het llze vollengte liefdesverhale begin skryf. Titels soos Ondersoek my hart, Hart se tweede kans en Liefde tussen die duine, almal gepubliseer deur Lapa Uitgewers, was die gevolg. Vandag kyk Ilze nie terug nie.  Daardie 1 kursus het haar op die spoor na skryfsukses geplaas. 

In 2011 was daar slegs een Skryfgeheime-kursus: die een vir kinder- en-jeugboeke waarop Ilze destyds besluit het. Vandag spog ons met vyf topklaskursusse. Elkeen lei die skryfstudent van die vind van 'n werkbare idee tot en met 'n voltooide manuskrip, gereed vir voorlegging aan 'n gerekende nasionale uitgewer of tydskrif. Lees meer oor die 5. 


Oud-student Gloudine Kellerman skryf: "'n Stukkie baie opwindende nuus. Eisteddfodpret, my breinkind, saamgestel deur my en Jonelle du Toit, is deur NB Uitgewers aanvaar en ek kon vandag die eerste kopie by Bargain Books vashou."  Gloudine het die Algemene Kreatiewe Skryfkursus gevolg.

 

Antoinette Venter se novelle van 20 000 woorde, Om liefde te verf, is deur Lapa Uitgewers aanvaar vir publikasie in hulle Romanza-e-boekreeks. Dit sal in Junie 2018 beskikbaar wees, Antoinette skryf: "Net om jou te laat weet, Lapa het toe die e-boek vir publikasie aanvaar, ek moes net gou twee hoofstukke oorskryf."  

 

Jeanette van As skryf: “Ek het weer met mening begin skryf! Ek het begin blog, en in Oktober laas jaar het iets net weer gekliek. Van November af probeer ek weekliks, of minstens elke twee weke, 'n blog post skryf en publiseer. Dit het 'n ruk gevat, maar ek het 'n (Engelse) manuskrip voltooi van net minder as 35 500 woorde. Laastens het ek twee (Engelse) artikels aan TheRebelution.com gestuur, en albei is gepubliseer!"

 

Jeanette het die Kinder- en-jeugboekkursus as 11-jarige voltooi. Van haar verhale is deur Nasou Via Afrika gepubliseer.

 

Antoinette Venter se kortverhaal "Die takhaar langsaan" verskyn op 23 Februarie  2018 in Vrouekeur. Een van haar kortverhale is deur Romanza (Lapa Uitgewers) vir publikasie aanvaar.

Antoinette het die Algemene Kreatiewe Skryfkursus gevolg.

 

Skryfgeheime-student Daniella Day (skuilnaam) verskyn hier saam met Hykie Berg tydens die bekendstelling van die boek, Hykie Berg - My storie van hoop, wat in 2016 deur Daniella geredigeer is. Daniella is die gepubliseerde skryfster van die jeugroman Blou trane wat 'n tyd terug by Lapa Uitgewers verskyn het. Hykie se boek het by Cum Boeke verskyn. Daniella het die Algemene Kreatiewe Skryfkursus voltooi.

Loer hier na Hykie se boek

 

 

Chantal Pretorius verower 'n spesiale prys vir veelsydigheid in Afri-fiksie se skryfkompetisie. Sy het 'n inskrywing in elke kategorie gehad.

 

Melodie Veldhuizen skryf: "My artikel ‘Goeie maniere sluit deure oop’ (oor hoe om jou peuter en kleuter maniere te leer) verskyn in die Desember 2017/Januarie 2018-uitgawe van LiG-tydskrif. 

Sedert my eerste artikel in 2015 gepupliseer is, besef ek steeds met elke poging dat ’n mens hard moet werk, geduld aan die dag moet lê, en moet leer om soms 'n ‘nee dankie’ te aanvaar."

 

Melodie het die Kursus in Tydskrifjoernalistiek voltooi en publiseer sedertdien gereeld in nasionale tydskrifte.  

Aniki Joseph se kort storie "Vir Ma" verskyn in vandeesweek se Huisgenoot. Aniki het Skryfgeheime se Algemene Kreatiewe Skryfkursus gevolg. 

 

'n Artikel deur Lee Scholtz het onlangs in Rapport verskyn. Die titel is "Eendevere in woud vir 'n natuurtroue".  Lee is besig met die Praktiese Kreatiewe Skryfkursus.

 

Gideon Bruckner skryf: "Het 'n epos van Toast Coetzer ontvang. Weg  het my storie 'Tjoppie vir die Tankwa' in Engels vertaal en dit sal in Oktobermaand se Go verskyn as 'Chop Fever in the Tankwa'. Die vertaling is goed gedoen, maar sekere dinge druk 'n mens maar net beter uit op Afrikaans!"  Gideon is tans besig met die Algemene Kreatiewe Skryfkursus.

 

Johan Fourie se ekologiese spanningsverhaal het by Naledi verskyn. Johan is goed onderleg in hierdie vakgebied, en verskeie boeke in hierdie genre wat deur hom geskryf is, is al gepubliseer. Hy het die Algemene Kreatiewe Skryfkursus suksesvol voltooi.  

Lees hier meer ...

 

Troula Goosen se jeugroman Maanligmeermin het onlangs by Tafelberg Uitgewers verskyn. Sy het die Kinder-en-jeugboekkursus suksesvol voltooi en publiseer sedertdien gereeld by gerekende uitgewers. Haar boek Spooksoene (Protea Boekhuis) het 'n ATKV-veertjie verower.

 

Elrien Scheepers is een van die wenners van die Bloemfonteinse Skrywersvereniging se 2017-kompetisie, afdeling digkuns. Die kompetisie is geborg deur die Fakulteit Geesteswetenskappe van die Universiteit van die Vrystaat, en gedeeltelik geadministreer deur die Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum (NALN). Dit het kort onder 1 000 inskrywings ontvang. Elrien het Skryfgeheime se Kinder-en-jeugboekkursus suksesvol voltooi en is al herhaaldelik gepubliseer.

 

Ilze Beukes se tweede romanse, Hart se tweede kans, het pas by NB Uitgewers verskyn en is Februarie se boek van die maand. Foto's, uittreksels en 'n onderhoud met haar verskyn binnekort op Facebook en op NB Uitgewers se blog.  Ilze het Skryfgeheime se kinder-en-jeugboekkursus gevolg en skryf sedertdien oor genres heen.

 

Annelize Jansen van Rensburg se artikel is pas deur Vrouekeur aanvaar vir publikasie in 2017. Nog 'n artikel "Orania - so rol ons" het onlangs in Maroela Media verskyn. Annelize volg die Kursus in Tydskrifjoernalistiek.

 

Adriana Jansen van Rensburg se kursusverhaal is deur Oxford University Press vir publikasie aanvaar.  Hierdie opwindende jeugboek gaan as voorgeskrewe werk in skole bemark word. Adriana het die Kinder-en jeugboekkursus suksesvol voltooi. 

 

Troula Goosen, Elrien Scheepers en Antoinette Diedericks se kortverhale verskyn in Skool is 'n riller wat pas by NB Uitgewers verskyn het.

 

Melodie Veldhuizen se artikel oor Nicola Prinsloo is deur Vrouekeur aanvaar en verskyn in die uitgawe van 24 Februarie 2017. Melodie het die Kursus in Tydskrifjoernalistiek voltooi en het ontpop in 'n gereelde medewerker by talle gerekende tydskrifte.

 

Amanda Claassens skryf: "Sedert ek in 2013 en daarna ’n aantal kortverhale in Vrouekeur, 'n essay in Kuier, asook 'n storie in Piekfyn Afrikaans Graad 6 gepubliseer het, het ek ’n skryfdroogte beleef. Maar soms moet ’n mens net van rat verander.

     "In 2016 het ek begin om vir Lapa Uitgewers resensies te skryf en so weer skryffiks geword.  

 

Karien Allers se kortverhaal "Nartjie vind sy nis" het onlangs in Vrouekeur verskyn. Karien het die Algemene Kreatiewe Skryfkursus gevolg. 

 

Verhale geskryf deur Elrien Scheepers, Antoinette Diedericks en Troula Goosen is opgeneem in die bundel Skool is 'n riller wat onlangs deur NB Uitgewers gepubliseer is. Elrien, Antoinette en Troula het die kinder-en-jeugboekkursus voltooi.


David Viljoen se eerste werkstuk "Marie kry haar stukkie" is deur Kuier aanvaar vir publikasie in 2017. David volg die Algemene Kreatiewe Skryfkursus.  

Gideon Bruckner se littelosmaker "Skoon rekord" verskyn as kortverhaal by LitNet. Lees dit hier.  Sy artikel-verhaal "Tankwa is nog Tankwa" is deur Weg aanvaar vir publikasie in 2017. Gideon volg die Algemene Kreatiewe Skryfkursus.

 

Karien Allers skryf: "Ek wil net weer eens dankie sê vir al die moeite met my Module 1-storie, 'Melktertkoors'. Dis uiteindelik in Augustus in Vrouekeur gepubliseer!"  Karien volg die Algemene Kreatiewe Skryfkursus.  

Comments: 1
  • #1

    driekiegrobler (Saturday, 19 October 2013 21:57)

    Dit wonderlik dat Skryfgeheime lede so prestreer, dit wys net hoe lewendig is ons taal en hoeveel talent beskikbaar is om dit nog verder uit te bou.