Skryfgeheime

Praktiese Kreatiewe Skryfkursus in Afrikaans vir beginnerskrywers & hoërskoolleerders


Wil jy leer hoe om 'n storie of kortverhaal te ontwikkel en te skryf wat lesers sal meesleur en verras? Baie beginnerskrywers weet nie waar om te begin nie. Hierdie praktiese Afrikaanse skryfkursus vir aspirantskrywers ouer as 14 leer jou stap vir stap hoe om geloofwaardige karakters te ontwikkel, spanning op te bou, kreatief te skryf en jou skryftalent te ontwikkel terwyl jy jou storie op papier kry.


Vir wie is hierdie aanlyn skryfkursus bedoel?

* beginners

* hoërskoolleerders

* aspirantskrywers

* mense wat graag kortverhale wil skryf

* toekomstige romanskrywers

* enigeen bo 14 jaar met 'n rekenaar, toegang tot e-pos en 'n liefde vir woorde, boeke en skryf.

Hoe werk die kursus?

* Jy werk in Afrikaans per e-pos teen jou eie tempo aan die 4-module-plan.  

*  Elke module eindig in 'n werkstuk wat jy moet instuur.

*  Binne sewe dae kry jy breedvoerige, maklik verstaanbare kommentaar direk op jou werkstuk in jou inkassie, sowel as die volgende module. 

 Elke module bou op die voriges en voer jou storie verder.


Hoe ervaar van die studente die kursus?

Juan Dreyer skryf: "As volwassene het hierdie praktiese skryfkursus my voorwaar uit my onkunde gelig en 'n heel nuwe skrywerswêreld vir my oopgemaak. (Ek moes natuurlik ook beter opgelet het op skool!) Maar dit daar gelaat: dit was jou voorstel dat ek daarmee begin - en dit was goeie raad. Ek sien nou kans vir die Algemene Kreatiewe Skryfkursus. Ek het module een ontvang, dankie." 

Wat is die voordele?

 Mentorbegeleiding.

Aanlyn. Jy werk teen jou eie pas. Tot 5 jaar vir voltooiing. 

Geïntegreerde benadering: Jy ontwikkel en skryf 'n verhaal terwyl jy skryftegniek, storiestruktuur, taal- en skryfkennis inoefen. 

*  'n Wye verskeidenheid prikkelende selfdoentake met uitgewerkte antwoorde,

*  Werkstukke vir kundige terugvoer binne 7 dae.

Na voltooiing kan jy enige ander Skryfgeheime-kursus met selfvertroue aanpak. 


FAQ


Kan ek die kursus volg as ek nog nooit geskryf het nie?  

Ja. Die kursus is spesifiek ontwerp vir beginners ouer as 14 jaar.

 


FAQ


Is die kursus geskik vir hoërskool-leerders?

Ja. Die inhoud is geskik vir 

hoërskoolleerders wat hul skryfvaardig-hede wil ontwikkel en eendag gepubliseer wil word.


FAQ


Hoe lank duur die kursus?

Jy werk tuis, teen jou eie tempo en het tot vyf jaar om die hele kursus te voltooi. Dis egter 'n goeie plan om te mik vir een module per kwartaal.


FAQ


Ontvang ek persoonlike terugvoer?

Ja. Op elke werk-stuk ontvang jy binne 7 dae breedvoerige kommentaar wat m.b.v. spoor-veranderings en kommentaar-blokkies daarop aangebring is. 


FAQ


Sal die kursus my help om 'n boek te skryf?

Ja, jy leer die basiese boustene: dialoog, storiebeplanning, karakterisering, storiestruktuur en skryfstyl. Vir vollengte boeke, volg dit gerus op met bv. die Algemene Kreatiewe Skryfkursus of die Kinder-en-jeugboek-kursus



Vind uit watter storiekennis en skryfvaardighede jy gaan verwerf

Bestudeer die vier-module-plan:


Module 1: 

*    Voorbereiding:

      Jou werksplek

      Jou skatkis

      Leer tastik

      Eksperimenteer met vry skryf

*    Bestudeer 'n sterk paragraaf

*    Skep 'n 3D-hoofkarakter

*    Skep en skryf agt insidente wat karakterisering uitbou

Werkstuk: Stuur jou karakter en die agt insidente in vir terugvoer

 

Let wel:  Jy ontvang die terugvoer op elke werkstuk binne sewe dae nadat jy dit ingestuur het, en daarmee begin die redigeringsleerkurwe, waartydens jy leer hoe om jou skryfwerk objektief te bekyk en te hersien.

 

 

Module 2: 

*      Bestudeer storie-elemente

*      Leer oor die intrige van die verhaal

*      Bestudeer eerste- en derdepersoonsgesigspunt

*      Skryftegniek en skryfstyl

Werkstuk:  Ontwikkel 'n storieraamwerk vir terugvoer

 

 

Module 3:

*     Eksperimenteer met die skryf van dialoog en gedagtes

*     Bestudeer verskillende aanvangstonele

*     Eksperimenteer met verskillende aanvangstonele

*     Skryftegniek en skryfstyl

Werkstuk:  Skryf drie insidente en 'n aanvangstoneel vir terugvoer

 

 

Module 4:

*    Bestudeer en ontwikkel beeldspraak

*    Benut sterk werkwoorde in plaas van flou werkwoord-bywoord-kombinasies

*    Leer skep jou eie beeldspraak

*    Bestudeer die klimakstoneel en die ontknoping

Werkstuk:  Gebruik jou aanvangstoneel en jou storieraamwerk en skryf 'n storie van 1 500 woorde vir terugvoer.

 


Begin jou skryfreis hier


Vra enige verdere vrae - kry die betaalplanne - maak jou inbetaling - spring weg

* Jy sal alle nodige besonderhede oor die kursus per e-pos ontvang.

* Jou navraag plaas jou onder geen verpligting om wel 'n inbetaling te maak nie.


Note: Please fill out the fields marked with an asterisk.