Skryfgeheime


 

Gids

tot al ons aanlyn

Afrikaanse skryfkursusse en -dienste: 

hoofkursusse, kortkursusse en gefokusde spesialisdienste

 


Daar skuil ’n storie in jou -

ons help jou om dit te vertel

Leer skryf kortverhale, liefdesverhale, kinderboeke, prenteboeke, spanningsverhale, speurverhale en romans.

Alles per e-pos. 

 

Vind die regte kursus 

en sluit aan by ons groeiende groep skrywers en joernaliste wat al sedert 2008           

outeursgeld met hul skryfwerk verdien.


Hoekom op ons besluit?

Enkele gepubliseerde Skryfgeheime-studente. Almal mense soos ek en jy ...
Van ons gepubliseerde Skryfgeheime-studente - almal mense soos ek en jy ...

750+ gepubliseerde studente

by groot uitgewers en gevestigde tydskrifte:

Tafelberg * Human & Rousseau * LAPA * Protea Boekhuis * Oxford University Press * Penguin Random House * Jonathan Ball * NB Uitgewers * Pearson * Vivlia * Fantasi * Huisgenoot rooi rose Weg * Finesse * Landbouweekblad, e.a. 

 


Ons skryfkursusse bied:

✔ Stapsgewyse Afrikaanse kursusmateriaal:                      idee  manuskrip  publikasie.

✔ Een-tot-een begeleiding deur bekroonde

    kursusleiers.

 

✔ Opbouende terugvoer binne 7 dae. 

✔ Tot 5 jaar om jou kursus teen jou eie pas te voltooi.

✔ Billike betaalplanne: betaal eenmalig óf maandeliks.

✔ Voltooiingsertifikaat.

 



Nog gepubliseerde Skryfgeheime-studente
Nog gepubliseerde Skryfgeheime-studente

Wat het jy nodig?

✔ 'n Rekenaar met 'n Word-program

✔ Internet en e-pos

✔ 'n Liefde vir woorde, boeke en stories

Wie skryf in?

✔ Beginners en aspirante ouer as 14 jaar

✔ Mense wat 'n geslaagde storie op papier wil kry

✔ Bestaande skrywers en joernaliste wat wil groei

✔ Mense vir wie publikasie belangrik is

Hoe maak jy?

✔ Kies 'n kursus

✔ Vul die vorm in

✔ Ontvang die betaalplanne

✔ Maak 'n betaling

✔ Kry jou kursus-materiaal per e-pos en begin met jou skryfreis



Vind die regte kursus vir jou

Skryfbeginsels is universeel en elke kursus rus jou toe om wyd en oor genres heen te kan skryf

 


Bekyk ons 7 hoofkursusse:

✔ Stapsgewyse moduleplanne met teoretiese inligting en oefentake

✔ Gestruktureerde werkstukke vir gedetailleerde terugvoer  

✔ Deurlopende mentorbegeleiding 

✔ Publikasiegerig  

 



Algemene Kreatiewe Skryfkursus

Tweestroomkursus: Jy ontwikkel en skryf 'n publiseerbare kortverhaal of vollengte boek.

✔ 8 modules


Praktiese Kreatiewe Skryfkursus

Vir beginners bo 14. Oefen skryfbeginsels en -tegniek in terwyl jy 'n kortverhaal ontwikkel.

✔ 4 modules


Kursus in vryskut-joernalistiek

Ontwikkel en skryf 

publiseerbare foto-artikels, tydskrifartikels, berigte en blogs. 

✔ 8 modules


Lewensverhaal-kursus

Skryf outofiksie, of jou familiegeskiedenis,  'n greep uit jou lewe of jou memoire - vir die familie-argief of publikasie. 

✔ Handleiding 



Kinder-en-jeugboekkursus:

Ontwikkel en skryf 'n opwindende, moderne kinderboek vir 8-14-jariges.

✔ 10 modules


Prenteboek-

skryfkursus:

Ontwikkel en skryf 'n prikkelende verhaal vir 2-7-jariges.

✔ 7 modules 


WriteSmarter Creative Writing Course:

Learn to write a short story or novel. From idea to publication.

✔ 8 modules



Bekyk ons 3 kortkursusse:

Eksperimenteer met kortverhale en ontdek nuwe genres

✔ Stapsgewyse handleidings van 35-40 blaaie

✔ Gestruktureerde take en gedetailleerde terugvoer 

✔ Deurlopende mentorbegeleiding 

✔ Publikasiegerig 



Liefdesverhaal-kortkursus:

Bring twee mense bymekaar - maar nie sonder komplikasies nie! Leer hoe om spanning, emosie en 'n afloop wat lesers verras én oortuig te balanseer. 


Kursus vir distopiese kortverhale: 

Dink groot. Dink donker. Skep ’n wêreld waar alles skeefgeloop het en skryf 'n storie wat lesers ruk, terwyl dit soms ook "o so bekend" voel.


Moordstorie-kursus:

Beplan die perfekte misdaad vol kinkels en kabels - op papier. Bou spanning, leidrade en verrassende wendings in wat lesers onkant vang en lus maak om verder te lees. 



Bekyk ons spesialisdienste en taalkursus

Herontwikkel en herskryf jou manuskrip met kundige hulp en leiding

 


Spesialisdienste: 

Gedetailleerde, in-diepte terugvoer en korreksies direk op jou manuskrip:

 

* Manuskripbeoordeling: 

Wat is my manuskrip se kans op publikasie? 

* Manuskripontwikkeling: 

Deeglike versterking en verdieping. 

* Redigering:  Taalversorging, skryfstyl en storie-opbou.


Taalkursus:

Skryfstyl- en taalopknapper

 

Oefen taalkennis, skryftegniek en skryfstyl in. Handleiding van 70 blaaie met teoretiese gedeeltes, plus 35 take met uitgewerkte memorandums. 

Nog Skryfgeheime-suksesse
Nog Skryfgeheime-suksesse


FAQ

Benodig ek skryfervaring of 'n graad in letterkunde? Nee. Ons kursusse is geskik vir nuwe sowel as meer gevorderde skrywers. Jou mentor pas  by jou aan. 

FAQ

Hoe lank duur 'n kursus? 

Die meeste mense werk 1 - 2 maande aan elke module. Die lewe loop soms skeef, daarom het jy tot 5 jaar om jou kursus teen jou eie pas te voltooi.

FAQ

Hoe hanteer julle die terugvoer?

Ons bring korreksies aan, sin vir sin, direk op jou skryfwerk. Hiervoor gebruik ons spoorveranderings

(track changes) en  kommentaarblokkies met storievoorstelle, idees en skryfwenke.

FAQ

Sal ek regtig gepubliseer word? 

Geen kursus kan publikasie absoluut waarborg nie, maar jy sal uitstap met kennis, vaardighede en 'n afgeronde manuskrip, wat jou voorlegging baie kompeterend gaan maak.

 

FAQ

Wat gaan publikasie my kos? Absoluut niks. Indien jy deur 'n nasionale uitgewer soos LAPA, Tafelberg, Random House, e.a. gepubliseer word, dra  hulle alle kostes en betaal boonop outeursgeld aan jou.  



Gee die eerste tree van jou skryfreis

*  Jy sal meer kursusinligting en ons sakpas betaalplanne ontvang.

*  Jy is onder geen verpligting om in te skryf nie.

Note: Please fill out the fields marked with an asterisk.