Sekerlik om uitdrukking te gee aan al daardie karakters en idees wat in hulle koppe maal. Ook om mense te bereik
en iets na te laat: iets tasbaars wat 'n tyd lank sal staan en mense sal laat dink, meesleur en vermaak.
Maar hoe besluit jy waaroor om te skryf? En hoe skep jy 'n vollengte verhaal of boek uit belewenisse, idees, insidente en los gedagtes? En wie sal deurlopende bystand aan jou kan gee, sowel as eerlike, opbouende terugvoer sodat jou manuskrip sal groei en nie halfpad sal verwelk nie?
In wese draai alles om passie. Die drang om kreatief met woorde, idees en karakters om te gaan móét daar
wees. Maar ook die vaardighede. Want 'n boek verg baie: dit moet samehang toon, maar ook verrassend wees; oortuig, maar ook ontgogel; uniek, vars en opwindend wees, maar ook logies en sonder melodrama verloop.
Baie mense soos jy het al by Skryfgeheime aangeklop om 'n storie te leer skryf wat vermaak en onderrig, verruk, meesleur en ook totaal anders, selfs skokkend is - en boonop publiseerbaar. Volg hulle voorbeeld: kies 'n kursus, vat hande met 'n ervare mentor en ontwikkel en skryf 'n manuskrip wat jy met trots aan 'n uitgewer of tydskrif kan voorlê.
* Talle suksesvolle skrywers by nasionale en aanlyn uitgewers en gerekende tydskrifte.
* 'n Verskeidenheid
beproefde aanlyn kursusse om uit te kies, afhangend van jou behoeftes. Elkeen voer jou teen jou eie pas van die vind van 'n werkbare idee tot publikasie.
* Kursusmateriaal met 'n logiese opbou, geskryf in keurige Afrikaans, en beproefde hulpmiddels voer jou stapsgewys van storievonk tot voltooide, afgeronde manuskrip.
* Een tot een leiding deur 'n bekroonde, ervare skrywer of joernalis, tesame met kundige terugvoer binne sewe dae, kry jou storie op die rak.
* Billike betaalplanne
en ons geld-terug-waarborg, wat op ons vertroue in ons kursusse dui, maak dit vir jou maklik om in te skryf.
* Elke kursus is opgebou uit 'n spesifieke getal modules. Elke module dek sekere aspekte van die skryfkuns.
* Elke module lei jou stap vir stap na 'n voltooide manuskrip.
* Elke module eindig in 'n werkstuk waarop jy binne sewe dae geïndividualiseerde terugvoer ontvang.
* Terugvoer is kundig, simpatiek, gedetailleerd en maklik verstaanbaar.
* Jou mentor werk direk op jou skryfstukke m.b.v. kommentaarblokkies &
spoorveranderings.
* Hierdie persoonlike kontak met 'n kundige mentor dra direk by tot ons groot getal suksesse
- al daardie vryskutte uit ons stal wat elke maand deur erkende uitgewers gepubliseer word.
* Jy kan ook by hierdie groeiende groep
aansluit deur vandag nog in te skryf.
Ontspan, jy is in die hande van mense wat ook op hulle dag beginners was en weet hoe jy voel. Ons doelstelling is immers om jou op te bou sodat jy suksesvol sal wees.
Jy benodig:
* Die begeerte om jou artikel of foto-artikel, tydskrifstorie, skets, kortverhaal of vollengte boek op die winkelrakke te sien, uitgegee deur 'n bekende, betroubare uitgewer of tydskrif.
* Toegang tot 'n rekenaar, e-pos en die internet.
Ons waarborg:
* Oorgenoeg tyd om jou kursus teen jou eie pas te voltooi.
* Kundige, simpatieke terugvoer deur jou kursusleier/mentor binne sewe dae.
* Al jou geld terug indien jy voel jou kursus was nie die moeite werd nie.
* Praktiese Kreatiewe Skryfkursus:
'n Geïntegreerde kursus waartydens jy tegniek inoefen terwyl jy 'n storie ontwikkel en skryf. Ideaal vir beginnerskrywers en skoliere. (4 modules)
* Algemene Kreatiewe Skryfkursus:
'n Tweestroomkursus waartydens jy 'n publiseerbare kortverhaal, tydskrifstorie, skets, novelle of 'n vollengte roman (dik boek) ontwikkel en skryf. (8 modules)
* Kursus in Vryskutjoernalistiek:
'n Markgerigte mediakursus waartydens jy blogs, tydskrif- en foto-artikels, berigte en ander media-inhoud ontwikkel en skryf onder leiding van 'n ervare vryskutjoernalis. (8 modules)
'n Publikasiegerigte kursus waartydens jy 'n opwindende storieboek vir kinders of jong tieners ontwikkel en skryf. (10 modules)
'n Unieke, interaktiewe kursus vir die skryf van 'n publiseerbare teks vir pikkies van 2 - 5. Jy vind 'n gepaste idee en bou dit uit tot 'n prettige teks met rym en ritme. (7 modules)
* Manuskripbeoordeling & redigering:
Jy ontvang redigering van of 'n verslag oor jou manuskrip of skryfstuk met talle wenke hoe om jou skryfwerk te verbeter, asook 'n bespreking van die publikasiemoontlikhede.
* Taal- en skryfstylopknapper:
'n Selfdoenkursus vir verbeterde taalkennis, skryftegniek en skryfstyl (70 blaaie, 35 take met uitgewerkte memoranda).
* WriteSmarter Creative Writing Course:
Designed to lead you from a suitable story spark to a completed manuscript. The ultimate goal is publication of your novel or short story by a reputable publisher or magazine. (8 modules)
NUUSBRIEF:
Kompetisies
Skryfkanse
Skryfwenke
Maandeliks.
Baie dankie vir die terugvoer. Ek het so vinnig daardeur geloer, sover maak alles vir my baie sin. Dis amper soos om 'n nuwe taal aan te leer. Elke konsep wat jy snap, maak skielik tien deure oop! As ek nou die opdrag moes oordoen, sou ek reeds baie dinge verander het. Ek gaan 'n paar dae lank rustig deur alles gaan en aan die storie skaaf. Daarna sal ek wegspring met module 2. Sien sommer reeds uit daarna. Molly Lubbinge
Die kinderboekkursus is regtig opwindend en dis my plan om teen die einde ’n volledige manuskrip te hê. Albert Short
Baie dankie vir jou terugvoer, ek het al baie soorte kursusse gevolg en joune staan kop en skouers bo die res uit. Plus, jou terugvoer beantwoord elke keer alles waaroor ek gesit en wonder het terwyl ek skryf. Die enigste probleem is ek wil nie hê die kursus moet ooit ophou nie, ek geniet dit te veel. Melanie Pienaar
Jou terugvoer het my van vooraf geïnspireer. Dankie vir die moeite wat jy doen en die tyd wat jy spandeer aan my probeerslae. Jou wenke is die vuurhoutjies wat die kers aan die brand hou. Celia du Plessis
Ek waardeer jou kursus en al die moeite wat jy doen. Dit bring die realiteit na vore sonder om my op moedverloor se vlakte te laat sit, dit laat my vars en anders dink. Beslis die koste deur en deur werd.
Elizma Coetzee
Die terugvoer is wonderlik! Leersaam! Nou is ek so opgewonde, ek kan nie wag om die aanpassings te maak nie. Ek geniet dit gate uit. Yolande van der Merwe
My woorde lyk nie meer soos 'n vervelige rytjie wasgoed aan 'n lang draad nie. Elsabé Bester
Lees vir ontspanning ontaard nou in 'n kritiese ontrafeling van teks, karakters en skryfstyl. Ek geniet dit terdeë. Johan Nel
Ek het deur jou terugvoer op my werkstuk gegaan. Dis absoluut wonderlik! Ek is al moedeloos met vriende en familie wat nie objektiewe terugvoer kan gee nie. Ek leer geweldig baie by jou. Erica Pretorius
Baie dankie vir 'n heerlike kursus, ek
het baie geleer en dit werklik geniet.
Wil graag nog 'n Skryfgeheime-kursus volg. Net nie seker watter een nie, almal klink interessant. Lindy Schoonees
As stokperdjieskrywer wil ek dankie sê vir al die hulp. Vandag, jare na ek vir die kursus ingeskryf het, blaai ek steeds deur die modules en terugvoer en kry sonder uitsondering iets wat my skryfwerk verryk. Dit sluit wenke sowel as motivering in. Jan Bonthuys
Jou kursus, en die storie wat jy laas vir my geredigeer het, was van onskatbare waarde, dis ongelooflik hoe baie 'n mens leer wanneer jy deur 'n geredigeerde weergawe van jou eie storie werk. Antoinette Venter
Die kursusse het vir my oneindig baie beteken. Ek gebruik elke dag in my werk van die dinge wat ek geleer het. Dit het ook vir my die moed gegee om te waag en te skep. Ek het so baie oor myself geleer. Henriëtte Louw
Hierdie kursus is heerlik vars, baie dankie vir jou insette en motivering. Elmien de Klerk
Almal wat wonder of hulle kan skryf, moet hierdie kursusse volg. Ek het ongelooflik baie selfvertroue gekry en ek kon met elke module sien hoe my skryfwerk verbeter. Suretha Brits
Baie dankie vir die ooglopend baie tyd wat jy aan my werkstuk spandeer het. Hierdie kursus was een van my beste besluite vir die nuwe jaar. Johan Kotzé
Ek merk dat die meeste van jou studente melding maak van jou positiewe houding en aanmoediging - dis waar. Marinda van Niekerk
Jou kommentaar het my dag gemaak! Dis opbouend, en ek verstaan presies hoekom jy elke verandering of verbetering voorstel. Martelize Faber
Ek voel dat ek met 'n doel werk en dat elke werkopdrag op 'n gehalteproduk afstuur. Melodie Veldhuizen
Jy verdien 'n pronkveer vir jou skryfkursus. Daar is 'n logiese opbou van module tot module sodat selfs 'n leek soos ek in staat is om die legkaartstukke bymekaar te sit. Rita Hofmeyr
Skryfgeheime voel vir my soos die deurgang na 'n nuwe lewenswyse. Dankie vir jou kommentaar op my werkstukke en vir jou aanmoediging. Willem Fourie
Ek het nog nooit 'n skrywer ontmoet wat my so effektief help nie. Elna Nieuwoudt
Alles wat jy uitgelig het, was presies dit waarmee ek gesukkel het. Dit het heeltyd vir my gevoel daar kort iets, 'n "twist".
Ek het ook gevoel my storie benodig ’n opwindende verandering, dit was net te "veilig". Ek is baie opgewonde en sien uit daarna om verder daaraan te werk.
Yolandi Odendaal
'n Mens is huiwerig om te sien wat iemand anders van jou werk dink, maar nou kan ek nie wag om al die wenke toe te pas nie. Alta van Niekerk
Jy groei baie as mens. In jouself en
ook in jou interaksie met mense. Jy leer besef die impak van woorde. Elmarie Schultz
Dankie vir die kommentaar. Dis leersaam, insiggewend en interessant, én dit motiveer my. Jolien Fourie
Ek kan omtrent nie die werkstukke neersit nie! Lenie Coetzee
Ek was so verras toe ek die terugvoer
kry en sien jy kraak nie 'n ou se werk af nie. Marieta Thünemann
Ek gaan dit geniet om ou breinpatrone uit te vee en nuwes te maak. Ek voel glad nie meer afgetree nie. Troula Goosen
Ek sal jou kursus oral aanbeveel. Alles begin nou sin maak en ek geniet die skrywery terdeë. Yolande Fourie
Ek het verskriklik baie geleer oor myself, ander mense én die skryfambag. Jou verbeeldingryke prikkelvrae en praktiese skryftegnieke is die perfekte kombinasie. Riëtte Botma
Die kursus was so insiggewend en verrykend, ek het ongelooflik baie geleer. Myself dikwels bevraagteken en gewonder of ek ooit die ding onder die knie gaan kry. Maar ek is nie iemand wat maklik moed opgee nie en ook nie bang om te waag nie. Dankie vir al die handvashou. Adelle von Ronge Kotze
Dis die beste belegging wat ek nog gemaak het. Die kursus het ander wêrelde en deure oopgemaak. Hoop om binnekort met die kinderboekkursus of joernalistiek te begin. Monja Beyers