Skryfgeheime- aanlyn skryfskool

Klim-uit-jou-kassie-kortkursus: Skryf distopiese fiksie


Distopiese fiksie is 'n genre wat toenemend groei in gewildheid. In hierdie verhale word karakters en lesers gekonfronteer met 'n onregverdige bestel waaruit dit bykans onmoontlik is om te ontsnap.

     Tot op 'n dag ...

 

Hierdie kursus is 'n klein kernbom wat die genre aan jou bekendstel en jou inspireer en lei om jou eie distopiese wêreld te skep. Hierdie genre spreek ten diepste tot mense se onderdrukte vrese en skrywers en lesers sal waarlik uit hulle kassies van alledaagsheid klim.

 

Wat kan jy verwag?

* 'n Prikkelende handleiding van 40 blaaie met verduidelikende gedeeltes, voorbeelde, oefeninge en hulpmiddels.

 

* Geen sperdatum vir die instuur van jou kursusverhaal nie - jy kan dus ontspanne teen jou eie pas werk en jou verhaal instuur wanneer jy gereed is.

 

*  Gedetailleerde terugvoer op jou verhaal binne 7 dae nadat jy dit ingestuur het.

 

*  En 'n volledige redigering! Ja, jy lees reg. Nadat jy die terugvoer op jou storie toegepas het, moet jy dit weer instuur, hierdie keer vir 'n deeglike redigering wat jou inkassie binne 7 dae sal tref. Jou keurig geredigeerde verhaal kan jy vir 'n wedstryd inskryf of aan 'n tydskrif stuur. Hierdie kursus is een van die grootste winskope wat ooit oor jou skrywerspad sal kom.

Kursusinhoud:

40 blaaie

* Wat is distopiese fiksie?

* Hoe verskil 'n distopia van 'n utopia?

* Hoe ontstaan 'n distopia?

* Die eienskappe en uitdagings van 'n distopia

* Die omverwerping van 'n distopia

* Skrywers om by te leer

* Distopie en die menslike natuur

* Hoekom lees mense distopiese fiksie?

* Is daar ruimte in Afrikaans vir hierdie genre?

* Storievonke

 

Hulpmiddel:  Bou 'n unieke distopiese wêreld 

Hulpmiddel:  Bou komplekse, oortuigende karakters

Hulpmiddel:  Ontwikkel en skryf 'n storie-uiteensetting  

 

WERKSTUK:  Skryf 'n distopiese kortverhaal van 1 500 - 3 500 woorde en stuur dit in vir terugvoer. 

 

Die terugvoer sowel as die finale redigering word direk op jou manuskrip gedoen en dek alle aspekte van die skryfkuns. Elemente wat aangespreek word, sluit in: karakterisering, dialoog, storiebeplanning en -opbou, die geskiktheid van die onderwerp binne 'n distopiese raamwerk, taalgebruik, voorstelle vir insidente en wendings, ensomeer.

 

* * *

 

Riaan Conradie skryf:  "Vreeslik dankie vir die opbouende en positiewe terugvoer op my kortverhaal. Dit help my om meer effektief te skryf en gee my hoop dat ek nie aan 'n onbereikbare droom klou nie."

 

Melanie Pienaar skryf: "Ek was in die hospitaal en so deur al die drama het die raamwerk vir my distopiese kortverhaal gegroei na 'n volledige jeugboek. Miskien moet ek jou blameer omdat jou studiepakket so voortreflik is? Ek bewe as ek daaraan dink dat ek besig is om 'n hele boek te skryf, maar 'n mens moet iewers begin, die tyd stap aan, of jy jou drome najaag of nie. En dis vrek lekker so tussen die swaarkry deur."  

Shirley Barnard was die eerste deelnemer om haar distopiese verhaal ("Die Muur") in te stuur. Sy het haar terugvoer twee dae later ontvang.

 

Shirley skryf: "Ek lees weer en weer deur jou terugvoer en sien elke keer iets anders raak en dan rol die gedagtes weer. Moet sê, dis vir my 'n wonderlike ervaring. Jou terugvoer maak so mooi sin en gee 'n nuwe perspektief, dit voel asof my muur 'n eie storie het om te vertel, ek wil nou net sit en skryf."

 

Magda Maas skryf: "Sjoe, dit was nou 'n wonderlike uitdaging! Ek is klaar! Maandag stuur ek vir jou my eerste poging ooit vir 'n distopiese verhaal ... vreemd, dit is propvol waarheid."

 

Albert Short skryf: "Dankie vir jou lekker kursus. Soos altyd, nie te veel of te min inligting nie. Net genoeg om jou die nodige insig te gee en jou kop aan die dink te sit. Dis 'n nuttige kursus vir skrywers, maar lesers kan ook daarby baat vind, deurdat hulle die elemente van distopiese verhale sal leer ken en hierdie soort verhale met groter insig sal waardeer."  


Op soek na die betaalplanne? Of lus om weg te spring? 

Gebruik hierdie vorm:

* Jy sal die prys en die betaalbesonderhede ontvang.

* Jou navraag beteken nie jy is verplig om 'n inbetaling te maak nie.


Note: Please fill out the fields marked with an asterisk.