• WELKOM
    • * Kontak
    • * Kursusleiers
      • Janie Oosthuysen
      • Liezl Russell
  • *Kursusse*
    • * Algemene Kreatiewe Skryfkursus
    • * Kursus in Vryskutjoernalistiek
      • * Bylaes
    • * Praktiese Beginnerskursus
    • * Kinder-en-jeugboekkursus
    • * Prenteboekkursus
    • * WriteSmarter Creative Writing Course
    • * Taalopknapper-blitskursus
  • FAQs
  • Skryf in
  • *Suksesse*
    • * Suksesse 2
    • * Reviews
  • Manuskripte.redigering
  • Kompetisies
  • Blog
  • GRATIS
    • * E-woordeboeke
    • * Nuusbriewe
    • * Skryfriglyne
    • * Skryftake
    • * Stories
  • Stories
  • 2021-promosie
  • WELKOM
  • *Kursusse*
  • FAQs
  • Skryf in
  • *Suksesse*
  • Manuskripte.redigering
  • Kompetisies
  • Blog
  • GRATIS
  • Stories
  • 2021-promosie

Skryfgeheime-skryfskool

Nuusbriewe

Maart 2021

Februarie 2021

Januarie 2021

November-Desember 2020

Oktober 2020

2020-Jaareind-Aanbod

September 2020

Augustus 2020

Julie 2020

Junie 2020

Mei 2020

2020-Covid-19-pryswenner

April 2020

Maart 2020

Februarie 2020

Januarie 2020

Desember 2019

2019-Jaareind-Aanbod

November 2019

Oktober 2019

September 2019 

  • * E-woordeboeke
  • * Nuusbriewe
  • * Skryfriglyne
  • * Skryftake
  • * Stories

Gepubliseerde studente:

  • Helene de Clercq, Rooi Rose
  • Thamara Erasmus, LitNet-wenner
  • Johan de Nysschen, Woordfeesbundel
  • Enrique Grobbelaar, LitNet
  • Leandra Naude, Imbali-prys
  • Ernalize Groenewald, ATKV-prys
  • Troula Goosen, ATKV-prys
  • Tanita da Silva, Vivlia
  • Helena Gunter, Protea Boekhuis
  • Jaco van der Merwe, Afrifiksie
  • Adele Botes, Rooi Rose
  • Roux Botha, Afri-fiksie-prys
  • Verseboek, NB Uitgewers
  • Ilze Beukes, NB Uitgewers
  • Jeanette van As, Via Afrika
  • Gideon Bruckner, Weg, Go
  • Troula Goosen, Raaiselreeks, NB
  • Zuanne-Marie Joubert, Silwerskermfees
  • Erika Bester, The Curse
  • Daniella Day, Lapa
  • Fred Carly, RSG-prys
  • Riekie Greyling, Vivlia
  • Madeleen Viljoen, Fantasi
  • Gloudine Kellerman, NB Uitgewers
  • Erika Bester, Dragonian-reeks
  • David Viljoen, Kuier
  • Aletta van Staden, Rooi Rose
  • Elsabe Bester, Sarie
  • Dawie Botha, eMajuba, Naledi
  • Milanie v.d. Westhuizen, Juta
  • Nita Kearney, NB Uitgewers
  • Nikoleen vd Spuy, Finesse
  • Monja Verwe, Pearson
  • Johan Kotze, wen Koos Kombuis-kursus
  • Judy Troskie, Lapa
  • Naomi Kerchhoff, Kuier
  • Marion Botes, Via Afrika
  • Petro le Roux, Vrouekeur
  • Charles Matthewson, Prince Alfred Friend
  • Antoinette Diederichs, NB Uitgewers
  • Conrad Cockroft, wen PG du Plessis-kursus
  • Elrien Scheepers, Oxford University Press
  • Melodie Veldhuizen, Vrouekeur
  • Martin Botha, Tafelberg
  • Anneke Louw, Vrouekeur & Lig
  • Antoinette Venter, Vrouekeur, Lapa
  • Anton Lombard, Vrouekeur
  • Danelle Bosch, Weg & Teen Zone
  • Amanda Claassens, Vrouekeur
  • Ansie Nel, jeugboek, Vivlia
  • Madeleen Theron, pryswenner

NUUSBRIEF:

Kompetisies

Skryfkanse

Skryfwenke

Maandeliks.



Studente-terugvoer:

Baie dankie vir die terugvoer. Ek het so vinnig daardeur geloer, sover maak alles vir my baie sin. Dis amper soos om 'n nuwe taal aan te leer. Elke konsep wat jy snap, maak skielik tien deure oop! As ek nou die opdrag moes oordoen, sou ek reeds baie dinge verander het. Ek gaan 'n paar dae lank rustig deur alles gaan en aan die storie skaaf. Daarna sal ek wegspring met module 2. Sien sommer reeds uit daarna. Molly Lubbinge

 

Die kinderboekkursus is regtig opwindend en dis my plan om teen die einde ’n volledige manuskrip te hê. Albert Short

 

Baie dankie vir jou terugvoer, ek het al baie soorte kursusse gevolg en joune staan kop en skouers bo die res uit. Plus, jou terugvoer beantwoord elke keer alles waaroor ek gesit en wonder het terwyl ek skryf. Die enigste probleem is ek wil nie hê die kursus moet ooit ophou nie, ek geniet dit te veel. Melanie Pienaar

 

Jou terugvoer het my van vooraf geïnspireer. Dankie vir die moeite wat jy doen en die tyd wat jy spandeer aan my probeerslae. Jou wenke is die vuurhoutjies wat die kers aan die brand hou. Celia du Plessis

 

Ek waardeer jou kursus en al die moeite wat jy doen. Dit bring die realiteit na vore sonder om my op moedverloor se vlakte te laat sit, dit laat my vars en anders dink. Beslis die koste deur en deur werd.  

Elizma Coetzee 

 

Die terugvoer is wonderlik! Leersaam! Nou is ek so opgewonde, ek kan nie wag om die aanpassings te maak nie. Ek geniet dit gate uit.  Yolande van der Merwe

 

My woorde lyk nie meer soos 'n vervelige rytjie wasgoed aan 'n lang draad nie. Elsabé Bester

 

Lees vir ontspanning ontaard nou in 'n kritiese ontrafeling van teks, karakters en skryfstyl. Ek geniet dit terdeë.  Johan Nel

 

Ek het deur jou terugvoer op my werkstuk gegaan. Dis absoluut wonderlik! Ek is al moedeloos met vriende en familie wat nie objektiewe terugvoer kan gee nie. Ek leer geweldig baie by jou.  Erica Pretorius

 

Baie dankie vir 'n heerlike kursus, ek

het baie geleer en dit werklik geniet.

Wil graag nog 'n Skryfgeheime-kursus volg. Net nie seker watter een nie, almal klink interessant.  Lindy Schoonees 

 

As stokperdjieskrywer wil ek dankie sê vir al die hulp. Vandag, jare na ek vir die kursus ingeskryf het, blaai ek steeds deur die modules en terugvoer en kry sonder uitsondering iets wat my skryfwerk verryk. Dit sluit wenke sowel as motivering in.  Jan Bonthuys

 

Jou kursus, en die storie wat jy laas vir my geredigeer het, was van onskatbare waarde, dis ongelooflik hoe baie 'n mens leer wanneer jy deur 'n geredigeerde weergawe van jou eie storie werk. Antoinette Venter

 

Die kursusse het vir my oneindig baie beteken. Ek gebruik elke dag in my werk van die dinge wat ek geleer het. Dit het ook vir my die moed gegee om te waag en te skep. Ek het so baie oor myself geleer.  Henriëtte Louw

 

Hierdie kursus is heerlik vars, baie dankie vir jou insette en motivering.  Elmien de Klerk

 

Almal wat wonder of hulle kan skryf, moet hierdie kursusse volg. Ek het ongelooflik baie selfvertroue gekry en ek kon met elke module sien hoe my skryfwerk verbeter.  Suretha Brits

 

Baie dankie vir die ooglopend baie tyd wat jy aan my werkstuk spandeer het. Hierdie kursus was een van my beste besluite vir die nuwe jaar.  Johan Kotzé

 

Ek merk dat die meeste van jou studente melding maak van jou positiewe houding en aanmoediging - dis waar.  Marinda van Niekerk

 

Jou kommentaar het my dag gemaak! Dis opbouend, en ek verstaan presies hoekom jy elke verandering of verbetering voorstel.  Martelize Faber

 

Ek voel dat ek met 'n doel werk en dat elke werkopdrag op 'n gehalteproduk afstuur.  Melodie Veldhuizen 

 

Jy verdien 'n pronkveer vir jou skryfkursus. Daar is 'n logiese opbou van module tot module sodat selfs 'n leek soos ek in staat is om die legkaartstukke bymekaar te sit.  Rita Hofmeyr

 

Skryfgeheime voel vir my soos die deurgang na 'n nuwe lewenswyse. Dankie vir jou kommentaar op my werkstukke en vir jou aanmoediging.  Willem Fourie

  

Ek het nog nooit 'n skrywer ontmoet wat my so effektief help nie.  Elna Nieuwoudt  

 

Alles wat jy uitgelig het, was presies dit waarmee ek gesukkel het. Dit het heeltyd vir my gevoel daar kort iets, 'n "twist".

Ek het ook gevoel my storie benodig ’n opwindende verandering, dit was net te "veilig". Ek is baie opgewonde en sien uit daarna om verder daaraan te  werk.  

Yolandi Odendaal

 

'n Mens is huiwerig om te sien wat iemand anders van jou werk dink, maar nou kan ek nie wag om al die wenke toe te pas nie.  Alta van Niekerk

 

Jy groei baie as mens. In jouself en 

ook in jou interaksie met mense. Jy leer besef die impak van woorde.  Elmarie Schultz    

 

Dankie vir die kommentaar. Dis leersaam, insiggewend en interessant, én dit motiveer my.  Jolien Fourie

 

Ek kan omtrent nie die werkstukke neersit nie!  Lenie Coetzee

 

Ek was so verras toe ek die terugvoer 

kry en sien jy kraak nie 'n ou se werk af nie.  Marieta Thünemann   

 

Ek gaan dit geniet om ou breinpatrone uit te vee en nuwes te maak. Ek voel glad nie meer afgetree nie.  Troula Goosen

  

Ek sal jou kursus oral aanbeveel. Alles begin nou sin maak en ek geniet die skrywery terdeë.  Yolande Fourie 

  

Ek het verskriklik baie geleer oor myself, ander mense én die skryfambag. Jou verbeeldingryke prikkelvrae en praktiese skryftegnieke is die perfekte  kombinasie.  Riëtte Botma   

 

Die kursus was so insiggewend en verrykend, ek het ongelooflik baie geleer. Myself dikwels bevraagteken en gewonder of ek ooit die ding onder die knie gaan kry. Maar ek is nie iemand wat maklik moed opgee nie en ook nie bang om te waag nie. Dankie vir al die handvashou.  Adelle von Ronge Kotze

 

Dis die beste belegging wat ek nog gemaak het. Die kursus het ander wêrelde en deure oopgemaak. Hoop om binnekort met die kinderboekkursus of joernalistiek te begin.  Monja Beyers

About | Privacy Policy
Kry jou boek op die rak.
Log out | Edit
  • Scroll to top