Annami Simon skryf: Nogmaals dankie vir die puik kursus, veral t.o.v. die struktuur, die raamwerk: dit gee my onmiddellik soveel perspektief op my lewe - iets wat tot dusver nie moontlik was nie omdat ek verstrengel raak in die kompleksiteite van my lewe.
Gert Rossouw skryf: Ek is besig om deur die handleiding te werk om dit in verband te bring met ander bronne wat ek al geraadpleeg het sowel as my eie lewenservarings. Die verskil is dat jy 'n mens dwing om meer introspektief na dinge te kyk. Ek is tagtig jaar oud en wonder ook nog heeltyd hoe 'n mens hierdie massa insidente kan reduseer na iets nuttigs - die handleiding help my ook daarmee.
Daar skuil 'n storie in elkeen van ons. Ook in jou. Elkeen van ons se geheuebank bevat talle persoonlike en familiestaaltjies, sowel as eerstehandse kennis van ons suksesse, mislukkings en traumas.
Dis hierdie dinge, soms komies, soms ontroerend, soms tragies, wat ons nie verlore wil laat gaan nie, maar vir die nageslag wil bewaar en met hulle wil deel.
Dis veral die boodskap wat uit hierdie triomfe en traumas voortspruit wat ons as 'n nalatenskap wil oordra.
Dit gaan egter nie net oor die neerskryf nie, maar ook oor die skep van 'n lekker leesbare, goed afgewerkte produk wat jóú stempel dra en jóú storie oordra, soos jý dinge
sien.
Wil jy graag jou lewensverhaal op papier vasvat en die herinneringe, belewenisse en oomblikke wat jou gevorm het op papier vasvat? Begin vandag nog met ons kursus en kry jou storie gereed vir die familie-argief of selfs 'n groter gehoor.
Wat jy kry:
* 'n Stapsgewyse e-handleiding met teoretiese gedeeltes, praktiese hulpmiddels en take met onderafdelings wat jou stapsgewys deur die proses neem om jou verhaal op papier te kry.
* Terugvoer op die take wat jy moet instuur, wat jou binne sewe dae sal bereik.
* Die geleentheid om op 'n een-tot-een basis saam met 'n ervare mentor te werk.
* Tot vyf jaar om jou kursus te voltooi. Ingeval van 'n terugslag, het jy dus oorgenoeg tyd om jou kursus te voltooi en jou terugvoer te ontvang sonder om opnuut in te skryf en weer te betaal.
Die kursusmateriaal, take en terugvoer gaan jou soos volg lei:
Jy gaan helderheid kry oor jou doelstellings sodat jou memoire nie net 'n lys gebeure is nie, maar 'n ryk, betekenisvolle en boeiende verhaal.
Jy gaan jou unieke vertelstem en skryfstyl ontdek – daardie eie stem wat jou storie uniek maak.
Jy gaan die gereedskap ontvang om herinneringe op te diep, in oënskou te neem, neer te skryf en te orden.
Jy gaan daardie sleuteloomblikke, -temas en -mense identifiseer wat jou op jou lewensreis gedra het en nou ook jou verhaal gaan help dra.
Jy gaan struikelblokke oorbrug soos vrese oor privaatheid en etiek.
Jy gaan leer hoe om helder visuele tonele te skryf en logiese opbou sowel as goeie samehang te bewerkstellig.
Jy gaan dialoog en sensoriese detail leer inbou sodat jou storie sal leef.
Jy gaan leer hoe om jou manuskrip te redigeer en af te rond sodat dit leesbaar, boeiend en professioneel is - en die lesersoog vir die regte redes vang.
Jy gaan ook besluit op die regte publikasieroete vir jou manuskrip en 'n voorlegging voorberei.
Teen die einde sal jy 'n konsepmemoire hê, plus die selfvertroue, kennis en vaardighede om jou manuskrip nog verder te verfyn en te publiseer of te laat publiseer. Jou lewensverhaal kan die belangrikste taak van jou lewe wees. Moet dit nie in jou geheue vasmaak nie. Skryf dit - deel dit - en laat dit leef.
Wil jy meer weet of inskryf?
Vra die prys en betaalbesonderhede hier aan
NUUSBRIEF:
Kompetisies
Skryfkanse
Promosies
Maandeliks
Ek wil net vertel van die vrugte van Skryfgeheime. My eerste Afrikaanse roman (en kursusverhaal), Die huis op die hoek, is deur Penguin Random House gepubliseer. Dis al weke lank op die Nielson-lys as een van die topverkopers. Sonder jou raad en insette sou ek dit nie kon doen nie. Ek deel hierdie nuus met jou en jou studente sodat hulle waardering vir en vertroue in julle kursusse kan hê. Madeleine Louw Blignault
O, ek geniet die prentestories vreeslik baie! Ek is 74 en my dogter 43 en ek deel kort-kort iets met haar. Dit bring soveel heerlike herinneringe terug. Ek was 'n bibliotekaresse wat baie storie-ure aangebied het. Griet Pretorius
Ek het tyd spandeer om weer deur die modules, voorbeelde en terugvoer te werk en het opnuut waardering gekry vir jou aanslag, eerlikheid en kennis. Jou terugvoer is objektief en opbouend. Baie dankie daarvoor. Corrie Botha
Uiteindelik het ek die moed bymekaar geskraap om my kortverhaal en dekbrief vir jou te stuur. Dankie vir die terugvoer en hoe jy dit gee. Ek vind die kursus interessant, motiverend en uitdagend, en wens net ek het al hierdie inligting al jare terug gehad. Om in te skryf vir jou kursus was een van my beste besluite ooit. Yvette Bester
Jy het geen idee hoe baie ek al klaar geleer het vandat ek met hierdie kursus begin het nie, jy het regtig geen idee nie. So baie dankie vir al jou hulp.
Judy de Bruin
Ek geniet die kreatiewe skryfkursus baie en sien dat dit totaal anders is as om feitelike beriggewing vir die koerant te skryf. Baie dankie vir die goeie kommentaar op die vorige werkstuk. Gert Kruger
Baie dankie vir jou kommentaar, dis in die kol ... ek is oopkop in die ding in, en doen dit absoluut vir die pret en om myself te ontwikkel, en neem nie kritiek persoonlik op nie. Sanél Hopkins
Dis amper soos om 'n nuwe taal aan te leer. Elke konsep wat jy snap, maak skielik tien deure oop! As ek nou die opdrag moes oordoen, sou ek reeds baie dinge verander het. Ek sal 'n paar dae lank rustig deur alles gaan en aan die storie skaaf. Daarna sal ek wegspring met module 2. Sien reeds uit daarna. Molly Lubbinge
Die kinderboekkursus is regtig opwindend en dis my plan om teen die einde ’n volledige manuskrip te hê. Albert Short
Baie dankie vir jou terugvoer, ek het al baie soorte kursusse gevolg en joune staan kop en skouers bo die res uit. Plus, jou terugvoer beantwoord elke keer alles waaroor ek gesit en wonder het terwyl ek skryf. Die enigste probleem is ek wil nie hê die kursus moet ooit ophou nie, ek geniet dit te veel. Melanie Pienaar
Jou wenke is die vuurhoutjies wat my kers aan die brand hou. Celia du Plessis
Jou kursus bring die realiteit na vore sonder om my op moedverloor se vlakte te laat sit, dit laat my vars en anders dink. Beslis die koste deur en deur werd. Elizma Coetzee
My woorde lyk nie meer soos 'n vervelige rytjie wasgoed aan 'n lang draad nie. Elsabé Bester
Lees vir ontspanning ontaard nou in 'n kritiese ontrafeling van teks, karakters en skryfstyl. Ek geniet dit terdeë. Johan Nel
Ek het deur jou terugvoer op my werkstuk gegaan. Dis absoluut wonderlik! Ek is al moedeloos met vriende en familie wat nie objektiewe terugvoer kan gee nie. Ek leer geweldig baie by jou. Erica Pretorius
As stokperdjieskrywer wil ek dankie sê vir al die hulp. Vandag, jare na ek vir die kursus ingeskryf het, blaai ek steeds deur die modules en terugvoer en kry sonder uitsondering nog iets wat my skryfwerk verryk, wenke sowel as motivering. Jan Bonthuys
Die storie wat jy vir my geredigeer het, was van onskatbare waarde, dis ongelooflik hoe baie 'n mens leer wanneer jy deur 'n geredigeerde weergawe van jou eie verhaal werk. Antoinette Venter
Die kursusse het vir my oneindig baie beteken. Ek gebruik elke dag in my werk van die dinge wat ek geleer het. Dit het vir my die moed gegee om te waag en te skep. Ek het ook geweldig baie oor myself geleer. Henriëtte Louw
Almal wat wonder of hulle kan skryf, moet hierdie kursusse volg. Ek het ongelooflik baie selfvertroue gekry en kon met elke module sien hoe my skryfwerk verbeter. Suretha Brits
Ek merk dat die meeste van jou studente melding maak van jou positiewe houding en aanmoediging - dis waar. Marinda van Niekerk
Ek voel dat ek met 'n doel werk en dat elke werkopdrag op 'n gehalteproduk afstuur. Melodie Veldhuizen
Jy verdien 'n pronkveer vir jou skryfkursus. Daar is 'n logiese opbou van module tot module sodat selfs 'n leek soos ek in staat is om die legkaartstukke bymekaar te sit. Rita Hofmeyr
Skryfgeheime voel vir my soos die deurgang na 'n nuwe lewenswyse. Dankie vir jou kommentaar op my werkstukke en vir jou aanmoediging. Willem Fourie
Ek het nog nooit 'n skrywer ontmoet wat my so effektief help nie. Elna Nieuwoudt
Alles wat jy uitgelig het, was presies dit waarmee ek gesukkel het. Dit het heeltyd vir my gevoel daar kort iets, 'n "twist". Ek het ook gevoel my storie benodig ’n opwindende verandering, dit was net te "veilig". Ek is so opgewonde en sien uit daarna om verder daaraan te werk. Yolandi Odendaal
'n Mens is huiwerig om te sien wat iemand anders van jou werk dink, maar nou kan ek nie wag om al die wenke toe te pas nie. Alta van Niekerk
Jy groei baie as mens. In jouself en ook in jou interaksie met mense. Jy leer besef die impak van woorde. Elmarie Schultz
Ek was so verras toe ek die terugvoer kry en sien jy kraak nie 'n ou se werk af nie. Marieta Thünemann
Ek gaan dit geniet om ou breinpatrone uit te vee en nuwes te maak. Ek voel glad nie meer afgetree nie. Troula Goosen
Ek het verskriklik baie geleer oor myself, ander mense én die skryfambag. Jou verbeeldingryke prikkelvrae en praktiese skryftegnieke is die perfekte kombinasie. Riëtte Botma
Die kursus was so insiggewend en verrykend, ek het ongelooflik baie geleer. Myself dikwels bevraagteken en gewonder of ek ooit die ding onder die knie gaan kry. Maar ek is nie iemand wat maklik moed opgee nie en ook nie bang om te waag nie. Dankie vir al die handvashou. Adélle von Ronge Kotzé
Die kursus het ander wêrelde en deure oopgemaak. Hoop om binnekort met die kinderboekkursus of joernalistiek te begin. Monja Beyers
