Skryfgeheime-skryfskool

Van idee tot publikasie


Grepe uit skryfstudente se briewe

Melanie Pienaar skryf: "Ek kan nie vir jou sê hoe baie jou terugvoer vir my beteken nie. Ek het al soveel generiese verwerpingsbriewe van uitgewers gekry, dis wonderlik om iets te ontvang waarmee ek kan werk en waaruit ek kan leer. Die kursus rek en strek my vermoëns tot hulle uiterste, maar dis waarvoor ek hier is. My grootste hartsbegeerte is om stories te skryf wat kinders gelukkig maak."  

 

Adelle von Ronge Kotzé skryf: "Vreeslik dankie vir al jou hulp en bystand. Ek het jou raad met die laaste module gevolg en by net een gesigspuntkarakter gehou. Dit was harde werk, maar ek is bly ek het.

    "Die kursus was so insiggewend en verrykend, ek het ongelooflik baie geleer. Myself dikwels bevraagteken en gewonder of ek ooit die ding onder die knie gaan kry. Daar was dae dat ek so dom gevoel het, ek wou net alles wegpak.

      "Maar ek is nie iemand wat maklik moed opgee nie en ook nie bang om te waag nie. Dankie vir al die handvashou, jy verdien 'n blerrie goue medalje."

 

Nelia de Villiers skryf: "Baie dankie vir die opwindende en leersame reis. Die vinnige terugvoer en voorbeelde uit jou en ander se skryfwerk maak alles so duidelik. Jou terugvoer is eerlik en opbouend. Jy is ook nie bang om 'A nee a!' te sê nie. Ek sal herkou aan Skryfgeheime se magic en weer aanklop vir putty en politoer wanneer nodig." 

 

Anne Viljoen skryf: "Die manier waarop jy 'n mens lei om te dink oor wát en hóé jy skryf, het my opnuut laat besef dat ek die kursus lankal moes aangepak het. Ek leer so baie oor die 'waaroor' en die 'waarom' en die 'vir wat' van skryf by jou. Ek voel glad nie afgeskrik nie, net meer gemotiveer, want uiteindelik kan ek sien wat ek verkeerd doen en hoe om dit anders te benader." 

 

Elsa de Bruyn skryf: "Ek is 'n berader en het gou agtergekom dat 'skryf' veel meer behels as net om woorde op papier neer te sit. Daarom het ek aanvanklik vir julle Algemene Kreatiewe Kursus ingeskryf – dit het my baie gehelp met skryftegniek.

     "Daarna het ek verander na 'n ander skryfskool vir tydskrifjoernalistiek. Dit was 'n groot fout! Die terugvoer was baie swak en ek het maande lank vir my werkstukke gewag, ek wag nog steeds vir my laaste terugvoer. Die probleem is dat ek nooit op Skryfgeheime se webwerf gesien het dat julle ook ’n tydskrifkursus aanbied nie! 

      "Wat ek nou by jou wil hoor, is of ek vir julle tydskrifkursus kan inskryf, ek gee nie om om voor te begin nie. Ek wil dit ook net baie duidelik stel dat ek op nog geen oomblik met julle diens ontevrede was nie. Julle terugvoer was altyd vinnig en insiggewend."

 

Denise Coetzee skryf: "Dankie vir jou opbouende kommentaar en rigtingwysers. Dis min dat jy iemand kry wat saggies met harte werk en boonop opbouend kan kritiseer." Denise volg die Algemene Kreatiewe Skryfkursus

 

Jackie Botha skryf: "Jou kursus en positiewe insette het my die moed gegee om my eie blog te begin. Dit het gelei tot 'n voet in die deur by Rooi Rose se reisblogs. Ek het nooit gedink dat ek my skryfstukkies in die media sou kry nie, en daar is dit nou. Verder het ek begin om akademiese werkstukke te vertaal en is tans besig met ’n lywige een. Selfvertroue gekweek deur dit wat ek by jou leer. Baie dankie nogmaals."  Jackie volg die Algemene Kreatiewe Skryfkursus

 

Elsabé Bester skryf: "Skryf is deesdae ’n plesier: My woorde lyk nie meer soos ’n vervelige rytjie wasgoed aan ’n lang draad nie, selfs my kinders geniet dit om te sien hoe lekker hulle ma leer. Sien uit na jou terugvoer."

 

 Karien Allers skryf: "Ek het gedoen wat jy aanbeveel het: My kortverhaal 'n paar dae laat staan, toe diep asem geskep en weer rustig deur jou kommentaar gewerk. Toe ek afstand gekry het en nie meer emosioneel gedink het nie, kon ek sien hoeveel meriete daar is in alles wat jy bevraagteken en voorstel. Ek het die veranderinge aangebring en dit, voor my moed my kon begewe, vir Dineke Volschenk by Vrouekeur gestuur. Sy het my intussen laat weet dat sy dit aanvaar."

 

Adelle Roux skryf: "Ek geniet die tydskrifkursus vreeslik. Het vanoggend module 3 ontvang en sommer opgewonde geraak terwyl ek dit lees. Kan nie wag om met my opdrag te begin nie. Die terugvoer wat ek op my werkstukke kry, is wonderlik. Baie dankie daarvoor."

 

Petro le Roux skryf: "Ek is so bly ek het ingeskryf vir die fantastiese tydskrifjoernalistieke kursus. Nadat my eerste artikel in Julie 2014 in Vrouekeur gepubliseer is, is my tweede artikel, 'Skoppelmaai-Ma' ook deur hulle aanvaar. Ek is tans besig met nog twee artikels, albei byna klaar - as dit nie vir hierdie kursus was nie, sou ek nooit so ver gekom het nie." 

 

Melodie Veldhuizen skryf: Ek wag nog vir ontvangserkenning van my skryftaak, toe kry ek al my werkopdrag terug! Ek ervaar die tydskrifkursus baie positief. Elke module is propvol inligting, ek voel dat ek met 'n doel werk en kan sien dat elke werkopdrag op 'n gehalteproduk afstuur.

 

Alta van Niekerk skryf: Baie dankie vir jou opbouende en insiggewende kommentaar en terugvoer op my skryfwerk. Ek het daaruit reeds 'n magdom geleer. 'n Mens is aanvanklik nogal huiwerig om te sien wat iemand anders van jou werk dink, maar nou kan ek nie wag om al die skryfwenke toe te pas nie.

 

Jou kommentaar op my skryfstuk het my dag gemaak! Dis opbouend en ek verstaan hoekom jy elke verandering of verbetering voorstel. Ek hou ook van die manier waarop jy 'n vraag aan my stel en my kans gee om daaroor te dink. Ek sien uit na die volgende module van die Algemene KursusMartelize Faber

 

Hallo Janie, hier is my littelosmaker. Ek is 'n bietjie senuweeagtig – toe jy gesê het ek gaan uit my boks van alledaagsheid klim, het ek nie besef hoe waar dit gaan wees nie. Die eerste module het my so baie geleer, en die hele skryfproses het my 'n waardering vir alle skrywers gegee, dit het ook vir my 'n nuwe wereld oopgemaak en dít is ongelooflik.

Suzanne Vermeulen

 

Ek wil net sê dankie vir die kommentaar. Dis insiggewend en interessant, baie leersaam en dit MOTIVEER my!! Dis hoekom ek ingeskryf het – om te leer.  Jolien Fourie

 

Ek geniet die algemene skryfkursus geweldig baie en kan omtrent nie die werkstukke neersit nie. Nogmaals dankie vir die geleentheid om by 'n mentor soos jy te leer. Lenie Coetzee

 

Ek het so baie oor skryf geleer ná jou terugvoer. Ek het besef dat dit 'n proses is en dat ek rustig moet wees en nie iets aframmel omdat ek hierdie "over-achiever" probeer wees nie. Dit is 'n opwindende reis. Leandra Naudé

 

Hiermee taak 4. Baie dankie, ek vind jou kursus baie leersaam. Lees vir ontspanning ontaard nou in ’n kritiese ontrafeling van teks, karakters en skryfstyl. Ek geniet dit terdeë.

Johan Nel

 

Ek was rêrigwaar so verras toe ek die terugvoer kry en sien jy kraak nie ’n ou se werk af nie. Ek wou straat toe hardloop, gil, huppel en spring. Die heelal moes kennis neem, so lekker was dit. Ek kan sien wat jy doen en kan nie wag om die kursus klaar te maak nie.

Marieta Thünemann

 

Ek het in die Bloemfonteinse Skrywersvereniging se nasionale skryfwedstryd die derde plek in die ope afdeling vir ongepubliseerde skrywers verower. Ons gaan op 20 Augustus Bloemfontein toe vir ’n dinee en die oorhandiging van die pryse. Die Saterdag woon alle wenners ’n slypskool by, vanjaar aangebied deur P. G. du Plessis. Ek sien nogal baie uit na die naweek in die Vrystaat!

Conrad Cockroft

 

Geluk weer eens met ’n suksesvolle student, Janie! Sulke nuus gee ons ander ouens weer moed. Ek werk hard aan my volgende werkstuk, al hoor jy niks van my nie. Marie Spruyt

 

Beste Janie, baie dankie vir die vreugde wat jy vir my bring en vir jou mentorskap! Op die oomblik veg ek met die karakterontwikkeling in module 3. Voor jy weet waar jy is, word jy self die karakter en dis juis wat ek nie wil doen nie. Werk nou op iemand van 'n ander generasie, geslag en kultuur as ekself. Van der Spuy Brink

 

Ek is baie opgewonde en sien werklik uit daarna om met die kinderboekkursus te begin. Net om jou ook op hoogte te hou, ek is besig met stocktake tot einde Februarie toe. Dit gaan woes by my, die ure is moordend. Wees maar geduldig met my. Johan Maree

  

Ek sal graag meer tyd wil hê vir die kursus. Is twaalf ure van die dag by die werk. En wil bitter graag my boek klaar skryf. Sal ook baie graag, wanneer hierdie kursus klaar is, die een oor tydskrifartikels wil volg. Baie dankie vir al jou moeite. Annamarie Kotzé

  

Janie, ek wil regtig dankie sê vir 'n uitstekende kinderboekskryfkursus. En vir jou leiding en raad en kommentaar. As ek terugkyk oor die jaar, staan ek dikwels verbaas om te sien hoe my pad geloop en gekronkel het. Jy groei baie as mens. In jouself en ook in jou interaksie met mense. Jy leer besef die impak van woorde op verhoudings. Dankie dat jy 'n student die geleentheid gee om te groei. Ek waardeer die feit dat ek langer as ’n jaar kon "swot" en dat jy kans gesien het om dit te hanteer. Elmarie Schultz

 

Hi Janie, ek kan nie glo dis eintlik jy nie! Jinne, ek het jou boeke so geniet so ’n paar jaar gelede! Ouma Hester en Juffrou Luisenbosch is karakters wat deel van my kinderlewe was. Ek wil jou nie oud laat klink nie, maar ek moet jou eintlik “tannie” noem. Ek is maar net 19, maar ek het nog altyd die droom gehad om jou te ontmoet en te sê op watse fantastiese verbeeldingsreise jou boeke my geneem het. Liza van der Walt

  

Ek het jou kommentaar baie geniet en ek is baie beïndruk met die manier waarop jy die kursus aanbied. Ek weet dat ek my storie sal moet ken, maar ek gaan die uitdaging geniet. Daar wag baie werk. Veral om ou breinpatrone uitgevee te kry en nuwes te maak. Maar dit is lekker. Ek voel glad nie meer afgetree nie! Troula Goosen

  

Liewe tannie Janie, ek wil net sê dat die Skryfgeheime-kursus vir my baie goed was. As ek deesdae van my ou stories herlees, vind ek baie dinge wat ek kan regmaak en beter sê (as ek "die tyd, lus en energie daarvoor gehad het"!). Maar dit sou nie gebeur het as ek nie geleer het om beter te skryf nie. Tannie was 'n goeie kursusleier; die kommentaar is uniek "Tannie Janie". 

           'n Paar weke terug het ek 'n voorlegging van Die Towergrot aan LAPA Uitgewers gestuur. Gister het ek 'n brief van hulle gekry. Hier is ’n uittreksel: Baie dankie vir die voorlegging van die bogenoemde manuskrip aan LAPA Uitgewers. ’n Uitgewer sal aandag aan die manuskrip gee en sodra ’n besluit geneem is, sal u in kennis gestel word. Dit was lekker om dit te kry, want daar was vir my ’n bietjie hoop oor my storie. Jeanette van As

  

Dankie vir jou raad – ek het gisteraand die uitgewerskontrak deurgelees en besef dat daar dinge is wat ek nie verstaan nie – gedink om jou te vra. Gaan dit nog ’n paar keer moet deurlees om beter te snap! Dat 300 woorde nou kan ontwikkel in 20 x meer woorde om te oorweeg. Dankie dat jy al die geleenthede so na ons toe aanstuur, dit maak alles baie opwindend.

Elrien Scheepers

  

Ek moet jou bedank, want as gevolg van die skryfkursus (so glo ek) het ek werk gekry by 'n koerant. Ek wou nog altyd die joernalistieke wêreld betree, maar met geen ondervinding of agtergrond was dit bykans onmoontlik. Wel, nadat ek aansoek gedoen het, een vreeslike, impulsiewe middag, is ek gevra om 'n taaltoets te doen. Die enigste rede hoekom – dink ek – dit goed gegaan het met die taaltoets, was omdat ek die hele tyd jou wenke en raad in my kop "deurgehardloop" het. As gevolg van die taaltoets is ek vir 'n onderhoud genooi en eergister het ek gehoor ek het die werk gekry. Weer eens baie dankie. Lizette Slabber

 

More Janie, vanoggend wil ek my dankbaarheid teenoor jou en die Skryfgeheime-kursus uitspreek. My tweede boek, Totsiens en ander gedigte, is ook aanvaar en reeds beskikbaar.

Flippie Jacobs

 

Hallo Janie, ek lees al jou e-posse en gaan loer gereeld na die Skryfgeheime-klub. Ek kwyl as ek dink aan die Skryfstyl- en Prenteboek-kursusse. Maar nou is die dae eers te kort.

          Die skryfkursus het baie deure vir my oopgemaak en ek bly nagtelank besig. My sokkerstorie het verlede jaar in Jouwêreld verskyn:  "Van dagdromer tot doelwagter". Die storie is deur ’n opvoedkundige uitgewer aanvaar, vir verskillende leesvlakke verwerk en in Engels en Xhosa vertaal. Dan was daar die selfbeeldtema. Daarvoor het ek Pizzas en pazzazz geskryf. Die titel is later verander na Spieëltjie, spieëltjie ... wat meer gepas is vir die teikenmark. Dit word ook verwerk in vlakke, take, ens. Dan is daar ook nog ’n bietjie vertaalwerk en ’n bietjie grafika. Dit verdien ’n ekstra en verskaf my baie plesier.

          Ek wou maar net sê: "You have created a monster ..."

          In die proses het ek ’n hele paar dinge geleer, soos om kritiek te aanvaar en oop te wees vir veranderings aan my stories. 'n Mens moet ook onthou dat verskillende mense van verskillende style hou. Dit mag wees dat die persoon wat jou werk afkeur net ’n ander skryfstyl of tema verkies. Moenie moed opgee nie!

          As jy opdragwerk doen, moet jy die mark respekteer. Moet ook nie jou kunstenaarstemperament op die mense uithaal vir wie jy werk nie. Hulle verkies iemand wat maklik saamwerk. Daarvoor sal hulle jou onervarenheid oorsien en dan kan jy baie by hulle leer.

          My swak punt is 'n tekort aan idees. (Jy sal verbaas wees hoeveel mense loop weer met wonderlike idees in hulle koppe rond, maar weet weer nie hoe om dit neer te skryf nie.)

          Janie, die beste raad wat jy nog vir my gegee het, was dat ek net moet gaan sit en skryf. Later moet ek alles natuurlik heeltemal oorskryf, maar dis ook nie meer vir my so moeilik nie. As ek eers iets op papier het, kom die res ook al makliker. Ek onthou jy het in ’n stadium vir my gesê: "Dis nou nog net vyftien keer se oorskryf."

          Ek het nou vreeslik baie gegorrel, en ek weet ek is nog glad nie "'n skrywer" nie, maar ek geniet die proses op pad daarheen – met flops en al. Henriëtte Louw

 

Ek moet net eers iets met jou deel. Iemand van die Dept. van Onderwys het my Dinsdag gebel en gevra of ek die nuwe Nasionale Lewensvaardigheid Werkboek vir Graad 1 wil skryf. Ek is nou druk besig daarmee, want dit moet teen Augustus klaar wees. Baie harde werk, maar opwindend. Om te dink ... die hele Suid-Afrika se Graad 1's gaan volgende jaar my boek doen! Dankie vir al jou inspirasie. Sorietha Hugo

  

Baie dankie vir die ooglopend baie tyd wat jy aan my werkstuk spandeer het. Dit is absoluut uitstekend gedoen en baie opbouend. Wat my veral beïndruk, is die manier van terugvoer. Hierdie fênsie pienk blokkies met die kommentaar in – Waar kom jy daaraan? Is dit deel van MS Word? Weet Bill Gates daarvan? Ek sien waarlik uit na die res van die kursus. Dit is een van my beter besluite vir die nuwe jaar. Johan Kotze

 

Baie dankie vir ’n geweldig leersame module 2. Ek heg hierby aan my storie-idee vir jou verdere aandag. Soos die skrywery vorder, sal ek natuurlik nog BAIE daaraan skaaf en verander. Ek sien uit daarna om weer van jou te verneem. Marietjie Botes

  

Hi Janie, ek het toe Dinsdag en Woensdag vir die graadsessers en -sewes gaan voorlees, soos jy gesê het. Dit het verbasend goed gegaan. Die juffrou was baie opgewonde oor my besoek. Sy het dit gebruik vir ’n mondelingpunt: onvoorbereide lees (ek het die kinders ook kans gegee om te lees) en vandag skryf die arme goed begripstoets!

          Terwyl ek voorlees, moes die kinders aantekeninge maak. Van hulle het tekeninge gemaak. So het ons op ’n hele paar foute afgekom! ’n Seun in graad sewe wat langs my gesit het (ons was almal saam om een groot tafel) het my heeltyd op my spelfoute gewys. Ek het baie skaam gekry daaroor.

          Ek het gevind dis beter as húlle lees, dan hóór ek die foute. Ek dink ek lees al bo-oor my foute en sien dit nie meer raak nie. In ’n stadium het al die kinders begin lag. Ek het benoud geraak en wou weet wat die probleem is. Hulle antwoord was: "Juffrou, dit raak nou baie cool. Vir watter ouderdomsgroep is dit? Ek sal so 'n storie lees."

          Janie, ek gaan nou baie eerlik met jou wees. Ek was in ’n stadium lus en skop op. Maar nou is ek nie een oomblik spyt nie. Ek sê vir jou baie dankie dat jy my so druk. Dankie ook dat jy daarop aangedring het dat ek vir die kinders gaan voorlees. Ek het regtig nie gedink hulle sal sulke goeie kommentaar lewer nie.

          Baie dankie ook vir al die kritiese en positiewe kommentaar op my storie. Elke keer as ek jou kommentaar toepas, klink my storie net NOG beter. Ek is nou goed op dreef en gaan nou voluit tot die einde. Ek was lank laas so positief. Renthia Bergh

  

Baie dankie vir jou positiewe terugvoer op my Littelosmaker. Dit was ’n lesing op sigself! Ek het so baie daaruit geleer en gaan verseker nog baie daarna terugverwys soos ek met die kursus vorder. Dit was vir my opvallend dat jy telkens frases of woorde uitgehaal het waaroor ek self getwyfel het. En ek kon jou redenasies en voorstelle baie goed volg. Nogmaals baie dankie, ek sien uit daarna om met Module 2 te begin. Amanda Claassens

 

Baie dankie vir jou geduld en ook vir jou "kwaai woorde". Ek sal jou kursus oral aanbeveel. Alles begin nou sin maak en ek geniet die skrywery terdeë. Yolande Fourie 

 

Baie dankie vir die vinnige terugvoer! Ek waardeer dit. En ek moet jou gelukwens, jou mensekennis verstom my elke keer. Ilze Beukes 

 

Hierdie kursus, met jou as mentor, is die beste R4 000 wat ek nog spandeer het. Lizelle le Roux 

 

Sjoe, Janie, ek ly nou behoorlik aan skok. Ek het nog nooit, ná miljuisende boeke en stories, iets so ontleed nie. Hoeveel tyd het ek nog vir die orige deel van die kursus? Ek het nog nooit ’n skrywer ontmoet wat my so effektief help nie. Baie dankie en gegroet uit Weybridge waar die verbrande laptop ook net Engels wil praat. Elna Nieuwoudt 

 

Danksy Skryfgeheime het ek die afgelope jaar verskriklik baie geleer oor myself, oor ander mense en hul stories én oor die skryfambag. Jou praktiese tegnieke en verbeeldingryke prikkelvrae is die perfekte kombinasie. Riëtte Botma 

 

’n Jaar gelede was "publiseer" vir my net iets wat in ’n wetenskaplike joernaal gebeur, nou is die woord vir my heeltemal anders ingekleur, danksy jou. Elrien Scheepers 

 

Met my akademiese agtergrond en ernstige persoonlikheid sal ek waarskynlik nooit ’n lawwe boek kan skryf nie, maar opvoedkundige boeke kan ook vol pret, humor, spanning, konflik, aksie en avontuur wees, mits die feite liggies ingeweef word.

          Waarskynlik sal ek vereers hou by opvoedkundige boeke, want ek hou maar van feite en dit lyk of daar ’n vraag is na hierdie soort boek. Dankie, Janie, sonder jou kursus, kommentaar en leiding sou ek nooit my droom kon verwesenlik nie.  Lizelle le Roux 

 

Jou kursus het my laat besef … met 'n bietjie werk kan drome waar word. Ek skuld jou baie meer as net 'n dankie. Jou kursus het op die donkerste tyd in my lewe liggaatjies gemaak wat ek nou eers raaksien. Maria Prinsloo 


* Gebruik hierdie vorm gerus vir enige kommentaar op Skryfgeheime, goed of sleg, deel gerus jou ervaring. 

* Hierdie vorm is nie geskik vir navrae nie, daarvoor moet jy asb. die navraag-vorms gebruik.

Comments: 5
  • #5

    Jan Bonthuys (Monday, 08 July 2019 08:17)

    Ek is nie een van die gepubliseerde skrywers nie maar as "stokperdjie-skrywer" wil ek graag dankie sê vir die hulp en kursusinligting. Vandag, jare na ek vir die kursus ingeskryf het, blaai ek steeds deur die modules en terugvoer en kry, sonder uitsondering, iets wat my skryfwerk verryk. Dit sluit wenke sowel as motivering in. Dalk, eendag, word my naam by die lys van gepubliseerde skrywers gevoeg. Weereens dankie.

  • #4

    Chantal Pretorius (Wednesday, 07 March 2018 04:50)

    Ek geniet die kursus baie. My kursus leier, Janie, is fantasies, want sy ken alles in die skryfbedryf! Elke module wat ek ontvang is propvol inligting en uitstekende kennis! Niemand kan al die skryf kennis van my wegvat nie. En voel trots om deel te wees van Skryfgeheime as student! Ek moedig elke persoon aan wat wil deel wees van Skryfgeheime, om dit te doen! Jy sal nie spyt wees nie.

  • #3

    Annien Botha (Friday, 26 September 2014 11:56)

    Halo Janie!
    Ek wil net laat weet dat ek nog net my 1ste module vd tydskrif kursus ingestuur het, my 2de voltooi het en nog nie ingestuur het nie, en klaar 'n "blogwerk" op www.myafrikaans.com losgeslaan het, by 'n uitgewer van Suid-Afrikaanse e-boeke, wat my op Facebook raak ge"lees" het! Kyk onder: "Annien se Styl" Ek het alreeds sekere dinge toegepas het uit jou 1ste twee modules maar moet nog baie van julle leer! Baie dankie! Sal nog mettertyd klaarmaak! Groete Annien Botha

  • #2

    AMELIA DE LANGE (Sunday, 12 January 2014 11:10)

    Janie, jy het my gedurende jaar so opgewonde gemaak oor my eie werk en toe ek die kursus agterwee begin laat het, weens verskeie redes, het jy my telkens aangespoor. Dit is nou 11 maande en het ek steeds nie die kursus voltooi nie. Jy is nie meer onder 'n verpligting om my touwys te maak nie, maar jy skroom steeds nie om my te help nie.
    Ek wil jou regtig daarvoor bedank, want ek staan steeds in 'n professionle beroep en daar is ook verskeie ander druk wat ek gedurende 2013 beleef het.
    Hierdie skryfkursus is 'n wonderlike ontvlugting en ek bedank jou opreg vir jou deursettingsvermoe en geduld met my.
    Ek is baie opgewonde nadat ek die terugvoer oor Werkstuk 6 ontvanag het. Baie dankie vir jou aanhoudende motivering en opbouende kommentaar!

  • #1

    Monja Beyers (Verwey) (Wednesday, 06 November 2013 00:38)

    Dis die beste belegging wat ek nog gemaak het. Die kursus het ander wêrelde en deure oopgemaak. Hoop om binnekort die Kinder- en jeugboek-kursus of Tydskrifjoernalistiek te begin. Dankie Janie, jy's n uitstekende mentor!