Sluit aan by ons groeiende groep vryskutskrywers en -joernaliste wat gereeld die kollig haal met hul kortverhale, boeke, artikels en bekronings. Kry jou naam in druk by 'n gerekende, nasionale uitgewer en jou skryfwerk op die rak.
Judy de Bruin se kortverhaal "Bolle en knolle" verskyn in Huisgenoot.
Judy is 'n uitskieter, sowat agt van haar verhale is alreeds deur Huisgenoot gepubliseer. Sy is tans besig met Skryfgeheime se kinder-en-jeugboekkursus.
Judy skryf: "Jy het geen idee hoe baie ek al klaar geleer het vandat ek met hierdie kursus begin het nie, jy het regtig geen idee nie. So baie dankie vir al jou hulp."
Skryfgeheime-skrywers wie se verhale vir hierdie bundels gekeur is, sluit in: De Wet Hugo, Celia du Plessis, Elrien Scheepers, Helene de Clercq, Ilze Beukes en Renera Ferreira.
Waaroor gons dit so? Gaan loer en vind uit:
Esmé Cupido het daarin geslaag om vir haar 'n nis te skep by Son. Sy skryf: Ek skryf sedert verlede jaar verhale onder die vaandal van "oom Sonnie se stukke". Hulle het seker al agt gepubliseer. Ek is dankbaar, want ek sukkel om my stories by Kuier in te kry, alhoewel hulle darem twee van my artikels geplaas het. My nuutste verhaal "Van starters tot poeding" verskyn eerskomende week in Son. Dankie, Son, en die teksredakteur wat my as opkomende skrywer 'n platform bied vir my skryfwerk.
Esmé het die Algemene Kreatiewe Skryfkursus gevolg.
Melanie Pienaar skryf: Ek het vir Maroela Media 'n artikel oor diereskuilings geskryf, wat die storie van die aanneming van ons eie hondjies insluit. Ek kan nog steeds nie glo dis werklik gepubliseer nie - dit sou glad nie gebeur het sonder Skryfgeheime nie. Melanie het die Prenteboekkursus sowel as die Kursus in Vryskutjoernalistiek suksesvol afgehandel en spring sedertdien deur hoepels.
Petra van Tonder skryf: My suksesse sluit in my storie "Die gekkespul" wat gekies is om in FAK se Flink te verskyn, asook 'n storie oor 'n seemeeu wat op 'n standbeeld se kop sit. In Januarie 2021 het Litnet my artikel oor joernaalterapie gepubliseer. Vir hierdie artikel was ek bevoorreg om 'n onderhoud met Amor van der Westhuyzen te voer. Vir Flink het ek oor die invloed van musiek op die demensielyer geskryf en dit het in April 2021 verskyn. As gevolg daarvan is ek gevra om 'n praatjie by 'n kerk te lewer en dit was regtig die grootste pret, alhoewel dit my eerste ingewing was om "nee" te sê. Ek blog ook en werk aan ’n boek oor joernaalskryf. Tans werk ek saam met Liezl aan 'n artikel oor menopousale vetjies.
Petra het die Algemene Kreatiewe Skryfkursus voltooi en het ook die Kursus in Vryskutjoernalistiek aangepak.
Troula Goosen spog met nog 'n nuwe publikasie. Sy het die kinder-en-jeugboekkursus 'n klompie jare gelede voltooi en word sedertdien op 'n gereelde basis gepubliseer. Sy is 'n bekroonde skrywer en het 'n ATKV-veertjie verower vir haar Skryfgeheime-kursusverhaal, wat as Spooksoene deur Protea Boekhuis uitgegee is.
Haar nuwe boek, Die Sproetebessies en die hart van die Swart Roos, sal in Mei 2022 aanlyn en op die winkelrakke beskikbaar wees. Die uitgewers is Human & Rousseau, 'n NB-druknaam. Ons sien uit na hierdie spannende speurverhaal met die vreemde kinkel ...
Jan Bonthuys skryf: "Ek is nou baie opgewonde. Baie, baie later... na vele kere se herskryf, kan ek hierdie item afmerk: My boek is in die finale redigeringstadium. Die omslag is afgehandel. Dit behoort in Feb/Maart gepubliseer te word. Skryfgeheime was die sleutel wat die skryfdeur vir my oopgesluit het."
Marissa Fourie het in 2021 gematrikuleer en haar naam is alreeds in druk. Sy toets haarself gereeld aan die skryfmark deur 'n aktiewe deelname aan skryfkompetisies:
Sy is die wenner van die Skole Poësie-afdeling en Poësie Skoletrofee, aangebied deur die Bloemfonteinse Skrywersvereniging, en een van haar gedigte is in hul 2021-bundel opgeneem.
Sy verower die tweede plek in die Ink Skryf in Afrikaans Skryfkompetisie, en drie van haar gedigte verskyn in hul 2021-bundel. Nog 'n gedig deur haar geskryf, is opgeneem in die 2021-bundel van die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns Poort-skryfkompetisie.
Marissa het die Praktiese Kreatiewe Skryfkursus voltooi en studeer vanjaar verder aan die NWU.
Albert Short is tans besig met Skryfgeheime se kinder-en-jeugboekkursus en skryf alreeds oor genres heen. Hy neem deel aan die RSG-radiodramakompetisie (2021) en ontvang die tweede prys van R25 000 vir sy hoorspel "Naand Josef", 'n luisterspel oor twee eensame, bejaarde susters wat 'n spook oproep. Die beoordelaars beskryf hierdie makabere riller as "komies, briljant en uitstekend".
Luister hier na van Albert se hoorspele:
Uit 'n totaal van 366 inskrywings landswyd is twee Skryfgeheime-studente se kortverhale gekeur vir opname in die 2022-Woordfees-kortverhaalbundel. Veels geluk, Helena Gunter en Antoinette Diedericks met hierdie groot prestasie.
Helena het die Algemene Kreatiewe Skryfkursus 'n klompie jare gelede voltooi en Antoinette die Kinder-en-jeugboekkursus.
Hierdie skryfkompetisie is besonder gewild, onder meer oor die groot prysgeld wat die algehele wenners sowel as alle gekeurde inskrywings ontvang.
Lees HIER meer
Vier nuwe Oxford University Press-skrywers is gebore, naamlik: Soné Vollgraaff (links bo), Madeleen Theron (regs bo), Molly Lubbinge (regs onder) en Melanie Pienaar (links onder). Hulle het deelgeneem aan 'n kreatiewe leesboekprojek.
Melanie Pienaar skryf: "Ek het vier boekies vir fase 1 en twee vir fase 2 geskryf. Dit voel nog onwerklik om die woorde te tik, maar die kontrakte is geteken. Die projek was vir my as beginner 'n geweldige uitdaging, maar ook 'n reddingsboei en 'n ligpunt in 'n besonder moeilike jaar. Dankie vir die geleentheid."
Elsie Fourie (op foto) presteer met 'n inspirerende artikel by LiG-tydskrif. Haar kursusartikel is tans vir oorweging by Lééf-tydskrif. Sy skryf: "Dit was 'n wonderlike geleentheid om die vryskutjoernalistieke kursus te volg. Dit was 'n absolute fees."
Driekie Grobler en Marieta McGrath verskyn op die kortlys van Versindaba se Persiese kwatryn-kompetisie en word saam met 15 ander finaliste en die 3 wenners by die Afrikaanse Taalmonument vereer. Lees meer.
Troula Goosen (links onder), Renera Ferreira (links bo), Helene de Clercq (regs bo) en Ilze Beukes (regs onder) het pas die heuglike nuus ontvang dat hulle verhale opgeneem word in die Penguin-Lapa-bundels wat in April/Mei 2022 gaan verskyn en in plaaslike skole bemark gaan word.
Troula het "Oeps, waar is die maan heen?" geskryf, Renera spog met 'n humoristiese drama, "Die Willeblombende en die wêreldwye web", Helene met "Die smaak van oorwinning" en Ilze met "Dit is goed" en "Die weeskind en die sneeuheks".
NUUSBRIEF:
Kompetisies
Skryfkanse
Promosies
Maandeliks
Dankie vir die terugvoering en hoe jy dit gee. Ek vind die kursus interessant, motiverend en uitdagend, en wens net ek het al hierdie inligting al jare terug gehad. Om in te skryf vir jou kursus was een van my beste besluite ooit. Yvette Bester
Dankie vir jou opbouende woorde. Jy het geen idee hoe baie ek al klaar geleer het vandat ek met hierdie kursus begin het nie, jy het regtig geen idee nie. So baie dankie vir al jou hulp. Judy de Bruin
Ek geniet die kreatiewe skryfkursus baie en sien dat dit totaal anders is as om feitelike beriggewing vir die koerant te skryf. Baie dankie vir die goeie kommentaar op die vorige werkstuk. Gert Kruger
Baie dankie vir jou kommentaar, dis in die kol ... ek is oopkop in die ding in, en doen dit absoluut vir die pret en om myself te ontwikkel, en neem nie kritiek persoonlik op nie. Sanél Hopkins
Dis amper soos om 'n nuwe taal aan te leer. Elke konsep wat jy snap, maak skielik tien deure oop! As ek nou die opdrag moes oordoen, sou ek reeds baie dinge verander het. Ek sal 'n paar dae lank rustig deur alles gaan en aan die storie skaaf. Daarna sal ek wegspring met module 2. Sien reeds uit daarna. Molly Lubbinge
Die kinderboekkursus is regtig opwindend en dis my plan om teen die einde ’n volledige manuskrip te hê. Albert Short
Baie dankie vir jou terugvoer, ek het al baie soorte kursusse gevolg en joune staan kop en skouers bo die res uit. Plus, jou terugvoer beantwoord elke keer alles waaroor ek gesit en wonder het terwyl ek skryf. Die enigste probleem is ek wil nie hê die kursus moet ooit ophou nie, ek geniet dit te veel. Melanie Pienaar
Jou terugvoer het my van vooraf geïnspireer. Dankie vir die moeite wat jy doen en die tyd wat jy spandeer aan my probeerslae. Jou wenke is die vuurhoutjies wat die kers aan die brand hou. Celia du Plessis
Ek waardeer jou kursus en al die moeite wat jy doen. Dit bring die realiteit na vore sonder om my op moedverloor se vlakte te laat sit, dit laat my vars en anders dink. Beslis die koste deur en deur werd. Elizma Coetzee
Die terugvoer is wonderlik! Leersaam! Nou is ek so opgewonde, ek kan nie wag om die aanpassings te maak nie. Ek geniet dit gate uit. Yolande van der Merwe
My woorde lyk nie meer soos 'n vervelige rytjie wasgoed aan 'n lang draad nie. Elsabé Bester
Lees vir ontspanning ontaard nou in 'n kritiese ontrafeling van teks, karakters en skryfstyl. Ek geniet dit terdeë. Johan Nel
Ek het deur jou terugvoer op my werkstuk gegaan. Dis absoluut wonderlik! Ek is al moedeloos met vriende en familie wat nie objektiewe terugvoer kan gee nie. Ek leer geweldig baie by jou. Erica Pretorius
Baie dankie vir 'n heerlike kursus, ek
het baie geleer en dit werklik geniet.
Wil graag nog 'n Skryfgeheime-kursus volg. Net nie seker watter een nie, almal klink interessant. Lindy Schoonees
As stokperdjieskrywer wil ek dankie sê vir al die hulp. Vandag, jare na ek vir die kursus ingeskryf het, blaai ek steeds deur die modules en terugvoer en kry sonder uitsondering iets wat my skryfwerk verryk. Dit sluit wenke sowel as motivering in. Jan Bonthuys
Jou kursus, en die storie wat jy laas vir my geredigeer het, was van onskatbare waarde, dis ongelooflik hoe baie 'n mens leer wanneer jy deur 'n geredigeerde weergawe van jou eie storie werk. Antoinette Venter
Die kursusse het vir my oneindig baie beteken. Ek gebruik elke dag in my werk van die dinge wat ek geleer het. Dit het ook vir my die moed gegee om te waag en te skep. Ek het so baie oor myself geleer. Henriëtte Louw
Hierdie kursus is heerlik vars, baie dankie vir jou insette en motivering.
Elmien de Klerk
Almal wat wonder of hulle kan skryf, moet hierdie kursusse volg. Ek het ongelooflik baie selfvertroue gekry en ek kon met elke module sien hoe my skryfwerk verbeter. Suretha Brits
Baie dankie vir die ooglopend baie tyd wat jy aan my werkstuk spandeer het. Hierdie kursus was een van my beste besluite vir die nuwe jaar. Johan Kotzé
Ek merk dat die meeste van jou studente melding maak van jou positiewe houding en aanmoediging - dis waar. Marinda van Niekerk
Jou kommentaar het my dag gemaak! Dis opbouend, en ek verstaan presies hoekom jy elke verandering of verbetering voorstel. Martelize Faber
Ek voel dat ek met 'n doel werk en dat elke werkopdrag op 'n gehalteproduk afstuur. Melodie Veldhuizen
Jy verdien 'n pronkveer vir jou skryfkursus. Daar is 'n logiese opbou van module tot module sodat selfs 'n leek soos ek in staat is om die legkaartstukke bymekaar te sit. Rita Hofmeyr
Skryfgeheime voel vir my soos die deurgang na 'n nuwe lewenswyse. Dankie vir jou kommentaar op my werkstukke en vir jou aanmoediging. Willem Fourie
Ek het nog nooit 'n skrywer ontmoet wat my so effektief help nie. Elna Nieuwoudt
Alles wat jy uitgelig het, was presies dit waarmee ek gesukkel het. Dit het heeltyd vir my gevoel daar kort iets, 'n "twist". Ek het ook gevoel my storie benodig ’n opwindende verandering, dit was net te "veilig". Ek is so opgewonde en sien uit daarna om verder daaraan te werk. Yolandi Odendaal
'n Mens is huiwerig om te sien wat iemand anders van jou werk dink, maar nou kan ek nie wag om al die wenke toe te pas nie. Alta van Niekerk
Jy groei baie as mens. In jouself en
ook in jou interaksie met mense. Jy leer besef die impak van woorde. Elmarie Schultz
Dankie vir die kommentaar. Dis leersaam, insiggewend en interessant, én dit motiveer my. Jolien Fourie
Ek kan omtrent nie die werkstukke neersit nie! Lenie Coetzee
Ek was so verras toe ek die terugvoer
kry en sien jy kraak nie 'n ou se werk af nie. Marieta Thünemann
Ek gaan dit geniet om ou breinpatrone uit te vee en nuwes te maak. Ek voel glad nie meer afgetree nie. Troula Goosen
Ek sal jou kursus oral aanbeveel. Alles begin nou sin maak en ek geniet die skrywery terdeë. Yolande Fourie
Ek het verskriklik baie geleer oor myself, ander mense én die skryfambag. Jou verbeeldingryke prikkelvrae en praktiese skryftegnieke is die perfekte kombinasie. Riëtte Botma
Die kursus was so insiggewend en verrykend, ek het ongelooflik baie geleer. Myself dikwels bevraagteken en gewonder of ek ooit die ding onder die knie gaan kry. Maar ek is nie iemand wat maklik moed opgee nie en ook nie bang om te waag nie. Dankie vir al die handvashou. Adelle von Ronge Kotze
Dis die beste belegging wat ek nog gemaak het. Die kursus het ander wêrelde en deure oopgemaak. Hoop om binnekort met die kinderboekkursus of joernalistiek te begin. Monja Beyers