Ons skrywers word deur gevestigde uitgewers & tydskrifte gepubliseer:
Jy kan dit ook regkry - met ons drie opsies vir
redigering, manuskripbeoordeling en manuskripontwikkeling in Afrikaans.
Mariana Vos skryf: "Uit my hart uit - dankie! Ek was bang my storie gaan uitmekaar geskeur word - maar die storie is behoue, dit klink en werk net soveel beter. Jy is 'n meester! Ek kan nie wag om nog te leer nie."
Mariana Vos het haar nuwe kennis in die praktyk toegepas in 'n eie besigheid waar sy verpersoonlikte prenteboeke skep en uitgee. Lees meer ...
Albert Short skryf: "Ek het nooit besef dat skrywers hul boeke kan laat redigeer nie! Ek het altyd gedink dis 'kroek'. Dis wonderlike nuus! Ek hou van stories uitdink en skryf, maar ek het nie die vaardighede om dit ten volle professioneel te doen nie."
Albert Short het die Algemene Kreatiewe Skryfkursus voltooi en stap sedertdien 'n suksesvolle skryfpad. Van sy kortverhale is opgeneem in bundels soos Sewe keer sondig. Verskeie draaiboeke uit sy pen, soos 'n Voorlopige begrafnis en Sonsak oor Verlatensrus, is deur RSG opgeneem en uitgesaai.
Ons help jou om jou voltooide of halfklaar kortverhaal, artikel, kinderboek, roman of enige ander kreatiewe of mediaskryfwerk gereed te maak vir voorlegging aan 'n betroubare, nasionale uitgewer of tydskrif.
Ons maak gebruik van verslae, sowel as spoorveranderings (track changes)
en kommentaarblokkies direk op jou skryfwerk sodat jy presies weet wat verander moet word
en hoe jy te werk moet gaan.
Opsie 1:
'n Deeglike redigering
Jou artikel, kortverhaal of boek word intensief geredigeer t.o.v. aspekte soos storielogika, struktuur, taalgebruik, skryfstyl, sinsformulering, formattering en algehele afronding.
Opsie 2:
Manuskripbeoordeling:
Grootprentterugvoer in verslagvorm oor storie, struktuur en die publikasiegereedheid en
publikasiemoontlikhede van die manuskrip. (Hierdie diens is dikwels gratis en sluit dan 'n verwysing in na opsies 1 of 3.)
Opsie 3: Manuskripontwikkeling:
Diep praktiese riglyne en begeleiding vir die versterking, verdieping en herskryf van jou verhaal sodat jou manuskrip (kort of lank) sy volle potensiaal kan bereik.
Met ons dienste ...
* weet jy presies waar jou storie blink en waar dit nog slypwerk benodig.
* vermy jy die teleurstelling van onnodige verwerping deur 'n uitgewer.
* bou jy selfvertroue en verwerf kennis wat ook toekomstige skryfprojekte gaan versterk.
Hoe moet jy maak?
* Voltooi die vorm hieronder.
* Stoor jou voltooide of halfklaar manuskrip (kortverhaal of vollengte boek) as 'n Word-dokument op jou rekenaar.
* Heg dit aan 'n e-pos, tesame met 'n sinopsis, en stuur dit na [email protected].
* Oorweeg die advies en/of kwotasie wat jy gaan ontvang.
* Maak 'n inbetaling indien jy so besluit.
Die terugvoer begin onmiddellik na inbetaling en duur normaalweg 7-14 dae.
In die geval van lang manuskripte sal jou mentor die tydsduur met jou bespreek.
Vir jou gemoedsrus:
* Jou manuskrip hoef nie "perfek" te wees voordat jy hulp vra nie, elke gepubliseerde boek
begin immers as 'n eerste, onafgeronde konsep.
* Jou werk word as vertroulik behandel en die kopiereg bly joune regdeur die proses en daarna.
* Jy sal binne 24 uur 'n antwoord en/of kwotasie ontvang.
* Jou navraag plaas jou onder geen verpligting om die kwotasie te aanvaar nie.
NUUSBRIEF:
Kompetisies
Skryfkanse
Promosies
Maandeliks
Ek wil net vertel van die vrugte van Skryfgeheime. My eerste Afrikaanse roman (en kursusverhaal), Die huis op die hoek, is deur Penguin Random House gepubliseer. Dis al weke lank op die Nielson-lys as een van die topverkopers. Sonder jou raad en insette sou ek dit nie kon doen nie. Ek deel hierdie nuus met jou en jou studente sodat hulle waardering vir en vertroue in julle kursusse kan hê. Madeleine Louw Blignault
O, ek geniet die prentestories vreeslik baie! Ek is 74 en my dogter 43 en ek deel kort-kort iets met haar. Dit bring soveel heerlike herinneringe terug. Ek was 'n bibliotekaresse wat baie storie-ure aangebied het. Griet Pretorius
Ek het tyd spandeer om weer deur die modules, voorbeelde en terugvoer te werk en het opnuut waardering gekry vir jou aanslag, eerlikheid en kennis. Jou terugvoer is objektief en opbouend. Baie dankie daarvoor. Corrie Botha
Uiteindelik het ek die moed bymekaar geskraap om my kortverhaal en dekbrief vir jou te stuur. Dankie vir die terugvoer en hoe jy dit gee. Ek vind die kursus interessant, motiverend en uitdagend, en wens net ek het al hierdie inligting al jare terug gehad. Om in te skryf vir jou kursus was een van my beste besluite ooit. Yvette Bester
Jy het geen idee hoe baie ek al klaar geleer het vandat ek met hierdie kursus begin het nie, jy het regtig geen idee nie. So baie dankie vir al jou hulp.
Judy de Bruin
Ek geniet die kreatiewe skryfkursus baie en sien dat dit totaal anders is as om feitelike beriggewing vir die koerant te skryf. Baie dankie vir die goeie kommentaar op die vorige werkstuk. Gert Kruger
Baie dankie vir jou kommentaar, dis in die kol ... ek is oopkop in die ding in, en doen dit absoluut vir die pret en om myself te ontwikkel, en neem nie kritiek persoonlik op nie. Sanél Hopkins
Dis amper soos om 'n nuwe taal aan te leer. Elke konsep wat jy snap, maak skielik tien deure oop! As ek nou die opdrag moes oordoen, sou ek reeds baie dinge verander het. Ek sal 'n paar dae lank rustig deur alles gaan en aan die storie skaaf. Daarna sal ek wegspring met module 2. Sien reeds uit daarna. Molly Lubbinge
Die kinderboekkursus is regtig opwindend en dis my plan om teen die einde ’n volledige manuskrip te hê. Albert Short
Baie dankie vir jou terugvoer, ek het al baie soorte kursusse gevolg en joune staan kop en skouers bo die res uit. Plus, jou terugvoer beantwoord elke keer alles waaroor ek gesit en wonder het terwyl ek skryf. Die enigste probleem is ek wil nie hê die kursus moet ooit ophou nie, ek geniet dit te veel. Melanie Pienaar
Jou wenke is die vuurhoutjies wat my kers aan die brand hou. Celia du Plessis
Jou kursus bring die realiteit na vore sonder om my op moedverloor se vlakte te laat sit, dit laat my vars en anders dink. Beslis die koste deur en deur werd. Elizma Coetzee
My woorde lyk nie meer soos 'n vervelige rytjie wasgoed aan 'n lang draad nie. Elsabé Bester
Lees vir ontspanning ontaard nou in 'n kritiese ontrafeling van teks, karakters en skryfstyl. Ek geniet dit terdeë. Johan Nel
Ek het deur jou terugvoer op my werkstuk gegaan. Dis absoluut wonderlik! Ek is al moedeloos met vriende en familie wat nie objektiewe terugvoer kan gee nie. Ek leer geweldig baie by jou. Erica Pretorius
As stokperdjieskrywer wil ek dankie sê vir al die hulp. Vandag, jare na ek vir die kursus ingeskryf het, blaai ek steeds deur die modules en terugvoer en kry sonder uitsondering nog iets wat my skryfwerk verryk, wenke sowel as motivering. Jan Bonthuys
Die storie wat jy vir my geredigeer het, was van onskatbare waarde, dis ongelooflik hoe baie 'n mens leer wanneer jy deur 'n geredigeerde weergawe van jou eie verhaal werk. Antoinette Venter
Die kursusse het vir my oneindig baie beteken. Ek gebruik elke dag in my werk van die dinge wat ek geleer het. Dit het vir my die moed gegee om te waag en te skep. Ek het ook geweldig baie oor myself geleer. Henriëtte Louw
Almal wat wonder of hulle kan skryf, moet hierdie kursusse volg. Ek het ongelooflik baie selfvertroue gekry en kon met elke module sien hoe my skryfwerk verbeter. Suretha Brits
Ek merk dat die meeste van jou studente melding maak van jou positiewe houding en aanmoediging - dis waar. Marinda van Niekerk
Ek voel dat ek met 'n doel werk en dat elke werkopdrag op 'n gehalteproduk afstuur. Melodie Veldhuizen
Jy verdien 'n pronkveer vir jou skryfkursus. Daar is 'n logiese opbou van module tot module sodat selfs 'n leek soos ek in staat is om die legkaartstukke bymekaar te sit. Rita Hofmeyr
Skryfgeheime voel vir my soos die deurgang na 'n nuwe lewenswyse. Dankie vir jou kommentaar op my werkstukke en vir jou aanmoediging. Willem Fourie
Ek het nog nooit 'n skrywer ontmoet wat my so effektief help nie. Elna Nieuwoudt
Alles wat jy uitgelig het, was presies dit waarmee ek gesukkel het. Dit het heeltyd vir my gevoel daar kort iets, 'n "twist". Ek het ook gevoel my storie benodig ’n opwindende verandering, dit was net te "veilig". Ek is so opgewonde en sien uit daarna om verder daaraan te werk. Yolandi Odendaal
'n Mens is huiwerig om te sien wat iemand anders van jou werk dink, maar nou kan ek nie wag om al die wenke toe te pas nie. Alta van Niekerk
Jy groei baie as mens. In jouself en ook in jou interaksie met mense. Jy leer besef die impak van woorde. Elmarie Schultz
Ek was so verras toe ek die terugvoer kry en sien jy kraak nie 'n ou se werk af nie. Marieta Thünemann
Ek gaan dit geniet om ou breinpatrone uit te vee en nuwes te maak. Ek voel glad nie meer afgetree nie. Troula Goosen
Ek het verskriklik baie geleer oor myself, ander mense én die skryfambag. Jou verbeeldingryke prikkelvrae en praktiese skryftegnieke is die perfekte kombinasie. Riëtte Botma
Die kursus was so insiggewend en verrykend, ek het ongelooflik baie geleer. Myself dikwels bevraagteken en gewonder of ek ooit die ding onder die knie gaan kry. Maar ek is nie iemand wat maklik moed opgee nie en ook nie bang om te waag nie. Dankie vir al die handvashou. Adélle von Ronge Kotzé
Die kursus het ander wêrelde en deure oopgemaak. Hoop om binnekort met die kinderboekkursus of joernalistiek te begin. Monja Beyers
