NUUSBRIEF:
Kompetisies
Skryfkanse
Skryfwenke
Maandeliks
Deelname aan skryfkompetisies is 'n manier om blootstelling te kry, selfvertroue te ontwikkel en dalk selfs 'n prys los te slaan en jou naam in druk te sien. Met ons nuusbrief, wat een keer per maand verskyn, sal jy altyd op hoogte wees van nuwe kompetisies, sowel as skryfwenke en ander skryfkanse.
LAPA UITGEWERS nooi alle skrywers en voornemende skrywers om deel te neem aan hulle 2021-jeugboekkompetisies. Dis 'n geleentheid om daardie storie wat in jou kop draai die lig te laat sien.
Sluitingsdatum: 31 Oktober 2021
Prysgeld: R50 000
* Slegs Afrikaanse verhale gemik op lesers tussen 12 en 18 jaar oud.
* Lengte: 30 000 tot 70 000 woorde.
Daar is drie afdelings:
Wil jy inskryf? Laai die besonderhede hier af:
Skryf iets wat uit jou hart kom oor die tema "Wanneer ek jou weer sien" en staan 'n kans dat jou woorde deur Anna Davel, Lizanne Barnard en Leon Ecroignard getoonset en uitgevoer word.
Nege lesers kan elk 'n toonsetting van as 'n afdruk van 'n skildery van hul gedig wen.
Driekie Grobler se gedig "Vryheid" is alreeds deur hierdie groep kunstenaars getoonset en saam met ander toonsettings aangebied. Driekie het Skryfgeheime se Algemene Kreatiewe Skryfkursus 'n aantal jare gelede suksesvol voltooi, laterale denke toegepas en begin dig. En kyk waar is sy nou.
Klik en lees die artikel en vind uit hoe om in te skryf.
Sluitingsdatum: 31 Julie 2020
Skryf 'n Afrikaanse luisterdrama/hoorspel/ radiodrama van 45-60 blaaie in die korrekte formaat vir Netwerk 24 se kompetisie.
Sluitingsdatum: 31 Julie 2020
Prysgeld: R100 000
Hoe reageer jy en die mense om jou op Covid-19? Verveeld? Bang? Kwaad? Bekommerd? Geskok? Verward? Sien jy visioene en vergesigte? Watter scenario's speel in jou gedagtes af? Gaan kreatief om met Covid-19 en skryf die virus uit jou sisteem.
Jy het 1 500 woorde. Enige genre.
Prysgeld: R1 000 aan die wenner.
Slegs een inskrywing per persoon.
Hierdie kompetisie is sonder fieterjasies, met min reëls en regulasies, maar skryf asseblief jou noemnaam en van, e-adres en selnommer op jou manuskrip en gee jou storie 'n treffende titel.
Stuur jou inskrywing as 'n aanhangsel by 'n e-pos na info@skryfgeheime.co.za voor of op Woensdag 22 April 2020.
Slyp jou potlood en pen 'n gedig of kortverhaal neer. Verskillende afdelings met temas en kontantpryse.
Sluitingsdatum: Maandag, 11 Mei 2020
Laai alle nodige inligting hier af
Die verhaal van minstens 25 000 woorde moet geskik wees vir jong lesers iewers tussen 12 en 18 jaar. Tafelberg Uitgewers onderneem om die wenromans te publiseer en behou ook die eerste opsie om enige van die ander inskrywings te publiseer. Groot kontantpryse.
Sluitingsdatum: 1 Junie 2020
Laai die inskrywingsvorm hier af:
Die Groot Afrikaanse Romanwedstryd word elke drie jaar deur NB Uitgewers aangebied. In 2015 was Dan Sleigh die wenner met sy roman 1795, en in 2018 Ingrid Winterbach met Die troebel tyd.
Prysgeld van altesaam R350 000 is op die spel. Daar is ook ’n debuutprys ter waarde van R40 000.
Die Poort-skryfkompetisie vind jaarliks plaas, dis ’n projek van die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns en het ten doel om skeppende skryftalent in Afrikaans onder hoërskoolleerders te ontdek en aan ’n groter gehoor bekend te stel.
Lekker pryse! Twintig kortverhale sal gekeur word vir plasing in die Woordfees-bundel. Suksesvolle verhale kan R4 000 wen. Boonop word een van die gepubliseerde verhale met die komplimente van kykNET vir die Silwerskermfees ontwikkel.
Sluitingsdatum: 30 September jaarliks.
Hierdie jaarlikse Afrikaanse wetenskapfiksie/fantasiekompetisie word deur Thompson Boekdrukkery geborg, onderskryf en geadministreer.
Sluitingsdatum: 1 Julie elke jaar.
RSG en Sanlam se radiodrama-skryfkompetisie. Slegs oorspronklike en nuwe radiodramas word aanvaar. Buiten die drie hoofpryse is daar soms ook 'n spesiale prys vir skrywers jonger as 30.
Sluitingsdatum: Gewoonlik einde Junie.
Vir meer inligting oor die skryf van radiodramas en hoe om in te skryf, klik HIER
KLIK HIER en luister na Skryfgeheime-student, Fred Carly, se 2014-RSG-weninskrywing.
City Press en Tafelberg, 'n druknaam van NB-Uitgewers, belê in niefiksie-outeurs deur middel van 'n jaarlikse prys. Die prys van R60 000 word jaarliks toegeken aan 'n skrywer om navorsing te befonds vir 'n niefiksie-boek oor 'n onderwerp wat belangrik is binne die Suid-Afrikaanse konteks.
NUUSBRIEF:
Kompetisies
Skryfkanse
Skryfwenke
Maandeliks.
Baie dankie vir die terugvoer. Ek het so vinnig daardeur geloer, sover maak alles vir my baie sin. Dis amper soos om 'n nuwe taal aan te leer. Elke konsep wat jy snap, maak skielik tien deure oop! As ek nou die opdrag moes oordoen, sou ek reeds baie dinge verander het. Ek gaan 'n paar dae lank rustig deur alles gaan en aan die storie skaaf. Daarna sal ek wegspring met module 2. Sien sommer reeds uit daarna. Molly Lubbinge
Die kinderboekkursus is regtig opwindend en dis my plan om teen die einde ’n volledige manuskrip te hê. Albert Short
Baie dankie vir jou terugvoer, ek het al baie soorte kursusse gevolg en joune staan kop en skouers bo die res uit. Plus, jou terugvoer beantwoord elke keer alles waaroor ek gesit en wonder het terwyl ek skryf. Die enigste probleem is ek wil nie hê die kursus moet ooit ophou nie, ek geniet dit te veel. Melanie Pienaar
Jou terugvoer het my van vooraf geïnspireer. Dankie vir die moeite wat jy doen en die tyd wat jy spandeer aan my probeerslae. Jou wenke is die vuurhoutjies wat die kers aan die brand hou. Celia du Plessis
Ek waardeer jou kursus en al die moeite wat jy doen. Dit bring die realiteit na vore sonder om my op moedverloor se vlakte te laat sit, dit laat my vars en anders dink. Beslis die koste deur en deur werd.
Elizma Coetzee
Die terugvoer is wonderlik! Leersaam! Nou is ek so opgewonde, ek kan nie wag om die aanpassings te maak nie. Ek geniet dit gate uit. Yolande van der Merwe
My woorde lyk nie meer soos 'n vervelige rytjie wasgoed aan 'n lang draad nie. Elsabé Bester
Lees vir ontspanning ontaard nou in 'n kritiese ontrafeling van teks, karakters en skryfstyl. Ek geniet dit terdeë. Johan Nel
Ek het deur jou terugvoer op my werkstuk gegaan. Dis absoluut wonderlik! Ek is al moedeloos met vriende en familie wat nie objektiewe terugvoer kan gee nie. Ek leer geweldig baie by jou. Erica Pretorius
Baie dankie vir 'n heerlike kursus, ek
het baie geleer en dit werklik geniet.
Wil graag nog 'n Skryfgeheime-kursus volg. Net nie seker watter een nie, almal klink interessant. Lindy Schoonees
As stokperdjieskrywer wil ek dankie sê vir al die hulp. Vandag, jare na ek vir die kursus ingeskryf het, blaai ek steeds deur die modules en terugvoer en kry sonder uitsondering iets wat my skryfwerk verryk. Dit sluit wenke sowel as motivering in. Jan Bonthuys
Jou kursus, en die storie wat jy laas vir my geredigeer het, was van onskatbare waarde, dis ongelooflik hoe baie 'n mens leer wanneer jy deur 'n geredigeerde weergawe van jou eie storie werk. Antoinette Venter
Die kursusse het vir my oneindig baie beteken. Ek gebruik elke dag in my werk van die dinge wat ek geleer het. Dit het ook vir my die moed gegee om te waag en te skep. Ek het so baie oor myself geleer. Henriëtte Louw
Hierdie kursus is heerlik vars, baie dankie vir jou insette en motivering. Elmien de Klerk
Almal wat wonder of hulle kan skryf, moet hierdie kursusse volg. Ek het ongelooflik baie selfvertroue gekry en ek kon met elke module sien hoe my skryfwerk verbeter. Suretha Brits
Baie dankie vir die ooglopend baie tyd wat jy aan my werkstuk spandeer het. Hierdie kursus was een van my beste besluite vir die nuwe jaar. Johan Kotzé
Ek merk dat die meeste van jou studente melding maak van jou positiewe houding en aanmoediging - dis waar. Marinda van Niekerk
Jou kommentaar het my dag gemaak! Dis opbouend, en ek verstaan presies hoekom jy elke verandering of verbetering voorstel. Martelize Faber
Ek voel dat ek met 'n doel werk en dat elke werkopdrag op 'n gehalteproduk afstuur. Melodie Veldhuizen
Jy verdien 'n pronkveer vir jou skryfkursus. Daar is 'n logiese opbou van module tot module sodat selfs 'n leek soos ek in staat is om die legkaartstukke bymekaar te sit. Rita Hofmeyr
Skryfgeheime voel vir my soos die deurgang na 'n nuwe lewenswyse. Dankie vir jou kommentaar op my werkstukke en vir jou aanmoediging. Willem Fourie
Ek het nog nooit 'n skrywer ontmoet wat my so effektief help nie. Elna Nieuwoudt
Alles wat jy uitgelig het, was presies dit waarmee ek gesukkel het. Dit het heeltyd vir my gevoel daar kort iets, 'n "twist".
Ek het ook gevoel my storie benodig ’n opwindende verandering, dit was net te "veilig". Ek is baie opgewonde en sien uit daarna om verder daaraan te werk.
Yolandi Odendaal
'n Mens is huiwerig om te sien wat iemand anders van jou werk dink, maar nou kan ek nie wag om al die wenke toe te pas nie. Alta van Niekerk
Jy groei baie as mens. In jouself en
ook in jou interaksie met mense. Jy leer besef die impak van woorde. Elmarie Schultz
Dankie vir die kommentaar. Dis leersaam, insiggewend en interessant, én dit motiveer my. Jolien Fourie
Ek kan omtrent nie die werkstukke neersit nie! Lenie Coetzee
Ek was so verras toe ek die terugvoer
kry en sien jy kraak nie 'n ou se werk af nie. Marieta Thünemann
Ek gaan dit geniet om ou breinpatrone uit te vee en nuwes te maak. Ek voel glad nie meer afgetree nie. Troula Goosen
Ek sal jou kursus oral aanbeveel. Alles begin nou sin maak en ek geniet die skrywery terdeë. Yolande Fourie
Ek het verskriklik baie geleer oor myself, ander mense én die skryfambag. Jou verbeeldingryke prikkelvrae en praktiese skryftegnieke is die perfekte kombinasie. Riëtte Botma
Die kursus was so insiggewend en verrykend, ek het ongelooflik baie geleer. Myself dikwels bevraagteken en gewonder of ek ooit die ding onder die knie gaan kry. Maar ek is nie iemand wat maklik moed opgee nie en ook nie bang om te waag nie. Dankie vir al die handvashou. Adelle von Ronge Kotze
Dis die beste belegging wat ek nog gemaak het. Die kursus het ander wêrelde en deure oopgemaak. Hoop om binnekort met die kinderboekkursus of joernalistiek te begin. Monja Beyers