Skryfgeheime-skryfskool

Van idee tot publikasie


Kursusleier:  Liezl Russell

www.skryfgeheime.com

Liezl Russell

Sel: 0741476344

 

Liezl beskryf haarself soos volg:  "Skryf is my passie. Dis vir my heerlik om ander mense te help om hul drome te vervul. Gedurende die Kursus in Vryskutjoernalistiek sal jy al die geheime en kortpaaie vind wat ander vryskutte slegs oor 'n lang termyn bemeester."

 

Liezl is geen liggewig nie.

Swaargewigte met wie sy al onderhoude gevoer het, sluit in:

* Prof Shabir Madhi, hoof van die Covid-19-entstoftoetse in Suid-Afrika.

* Sello Hatang, hoof- uitvoerende beampte van die Nelson Mandela Foundation.

* Nick Hudson, die stigter van PANDA (Pandemic Data Analytics).

 

 

Lees die Nick Hudson-artikel: 

 

 

Download
Onderhoud met Nick Hudson.pdf
Adobe Acrobat Document 118.6 KB

Liezl se agtergrond:

Sy matrikuleer aan die Hoërskool Wonderboom in Pretoria en behaal die graad BA Kommunikasie by Noord-Wes Universiteit.  In 2005 sluit sy aan by Eastern Times se span en skryf ook vryskutartikels vir Cheeky Magazine en die tienertydskrif TeenZone.

     In 2007 sluit sy by Finesse aan en werk in die leefstylafdeling sowel as op die gesondheidsblaaie. Sy assisteer met die vervaardiging van mode- foto-artikels, word bevorder tot gesondheidsredakteur en hanteer vier jaar lank die gesondheidsafdelings van Finesse en Soul. Die kwartaalblad, Finesse Meisie, maak ook deel uit van haar portefeulje.

     Daarna vryskut sy twee jaar lank en skryf onder andere vir die volgende publikasies: Vrouekeur, Finesse, Weigh-Less, Eastern Times, Dis-Chem Benefits en die Medihelp MagazineReplique, die interne Annique-tydskrif, was ook 'n tyd lank deel van haar stal.

     Sedert 2011 bied sy Skryfgeheime se joernalistieke kursus met groot sukses aan en spog met talle gepubliseerde studente.  

      Op die oomblik skryf sy hoofsaaklik vir csrnewssa.co.za artikels vir hulle tydskrif en aanlyn publikasie. Haar liefdestaak is die tydskrif BonBon wat sy tans op die been bring.

 

Liezl gesels so oor haar werksmetodiek:

In Julie 2020 het ek 'n Covid-19 tydskrif vir CSRNEWSSA saamgestel. Die artikels het grootliks gekyk na die Covid-19 pandemie en hoe dit burgerlike organisasies en die samelewing raak. 

     Ons wou baie graag ook 'n onderhoud voer met een van die grootkoppe by die Solidariteitsfonds. Met 'n bietjie geluk, het ek vir Adrian Enthoven, die adjunk-voorsitter, opgespoor. Sy persoonlike assistent wou eers niks weet nie: "Adrian is 'n besige man."

    Maar, nog nie gereed om moed op te gee nie, en na 'n lang soektog op Google, het ek uiteindelik Adrian se persoonlike e-pos-adres in die hande gekry. Ek was in die wolke toe hy laat weet dat hy wel sou belangstel in 'n onderhoud.

     Soos dit party dae gaan, het die onderhoud nie goed begin nie. My redakteur wou 'n profiel hê: Wie is Adrian, wat inspireer hom, wie is sy gesin? Adrian, ’n private mens, wou egter slegs oor die fonds praat.

     Ek het net 20 minute met hom gehad, en net een geleentheid wat ek nie weer sou kry nie. Die meeste vrae wat voor my gelê het, was nutteloos, maar gelukkig het ek voor die onderhoud redelik baie oor die Solidariteitsfonds opgelees. Dit was my redding, want soos die onderhoud gevorder het, kon ek nuwe en relevante vrae stel.

 

    Die grootste les uit hierdie ervaring is dat jy eerder oorvoorbereid moet wees. Dis dikwels moeilik om onderhoude te kry met hoëprofielpersoonlikhede, gevolglik moet jy seker maak dat jy jou tyd tot die beste van jou vermoë gebruik. Weet liewer te veel, want jy weet nooit hoe die onderhoud gaan uitdraai nie.