Distopiese fiksie is 'n genre wat toenemend groei in gewildheid, ook in Afrikaans. In hierdie verhale word karakters en lesers gekonfronteer met 'n onregverdige bestel waaruit dit bykans onmoontlik is om te ontsnap.
Tot op 'n dag ...
Hierdie Afrikaanse kreatiewe skryfkursus is 'n klein kernbom wat die genre aan jou bekendstel en jou inspireer en lei om jou eie distopiese wêreld te skep. Distopiese stories spreek ten diepste tot mense se onderdrukte vrese, en skrywers en lesers sal waarlik uit hulle kassies van alledaagsheid klim.
Wat kan jy verwag?
Kursusinhoud:
Handleiding van 40 blaaie
Hulpmiddels:
Werkstuk: Skryf 'n distopiese kortverhaal van 1 500 - 3 000 woorde en stuur dit in vir terugvoer.
Die terugvoer sowel as die finale redigering word direk op jou manuskrip gedoen en dek alle aspekte van die skryfkuns. Elemente wat aangespreek word, sluit in: karakterisering, dialoog, storiebeplanning en -opbou, die geskiktheid van die onderwerp binne 'n distopiese raamwerk, taalgebruik, voorstelle vir insidente en wendings, ensomeer.
Shirley Barnard was die eerste deelnemer om haar distopiese verhaal ("Die Muur") in te stuur vir terugvoer. Sy het haar terugvoer twee dae later ontvang.
Shirley skryf soos volg: "Ek lees weer en weer deur jou terugvoer en sien elke keer iets anders raak en dan rol die gedagtes weer. Moet sê, dis vir my 'n wonderlike ervaring. Jou terugvoer maak so mooi sin en gee 'n nuwe perspektief, dit voel asof my muur 'n eie storie het om te vertel, ek wil nou net sit en skryf."
Magda Maas skryf: "Sjoe, dit was nou 'n wonderlike uitdaging! Ek is klaar! Maandag stuur ek vir jou my eerste poging ooit vir 'n distopiese verhaal ... vreemd, dit is propvol waarheid."
Albert Short skryf: "Dankie vir jou lekker kursus. Soos altyd, nie te veel of te min inligting nie. Net genoeg om jou die nodige insig te gee en jou kop aan die dink te sit. Dis 'n nuttige kursus vir skrywers, maar lesers kan ook daarby baat vind, deurdat hulle die elemente van distopiese verhale sal leer ken en hierdie soort verhale met groter insig sal lees en waardeer."
Voltooi die vorm → Kry die betaalplanne → Maak 'n inbetaling → Ontvang die handleiding → Begin skryf
Jou navraag plaas jou onder geen verpligting om wel 'n inbetaling te maak nie.
NUUSBRIEF:
Suksesse
Kompetisies
Promosies
Maandeliks
Ek wil net vertel van die vrugte van my Skryfgeheime-kursus. My eerste Afrikaanse roman (en kursusverhaal), Die huis op die hoek, is deur Penguin Random House gepubliseer. Dis al weke lank op die Nielson-lys as een van die topverkopers. Sonder jou raad en insette sou ek dit nie kon doen nie. Ek deel hierdie nuus met jou en jou studente sodat hulle waardering vir en vertroue in julle kursusse kan hê. Madeleine Louw Blignault
O, ek geniet die prentestories vreeslik baie! Ek is 74 en my dogter 43 en ek deel kort-kort iets met haar. Dit bring soveel heerlike herinneringe terug. Ek was 'n bibliotekaresse wat baie storie-ure aangebied het. Griet Pretorius
Ek het tyd spandeer om weer deur die modules, voorbeelde en terugvoer te werk en het opnuut waardering gekry vir jou aanslag, eerlikheid en kennis. Jou terugvoer is objektief en opbouend. Baie dankie daarvoor. Corrie Botha
Uiteindelik het ek die moed bymekaar geskraap om my kortverhaal en dekbrief vir jou te stuur. Dankie vir die terugvoer en hoe jy dit gee. Ek vind die kursus interessant, motiverend en uitdagend, en wens net ek het al hierdie inligting al jare terug gehad. Om in te skryf vir jou kursus was een van my beste besluite ooit. Yvette Bester
Jy het geen idee hoe baie ek al klaar geleer het vandat ek met hierdie kursus begin het nie, jy het regtig geen idee nie. So baie dankie vir al jou hulp.
Judy de Bruin
Ek geniet die kreatiewe skryfkursus baie en sien dat dit totaal anders is as om feitelike beriggewing vir die koerant te skryf. Baie dankie vir die goeie kommentaar op die vorige werkstuk. Gert Kruger
Baie dankie vir jou kommentaar, dis in die kol ... ek is oopkop in die ding in, en doen dit absoluut vir die pret en om myself te ontwikkel, en neem nie kritiek persoonlik op nie. Sanél Hopkins
Dis amper soos om 'n nuwe taal aan te leer. Elke konsep wat jy snap, maak skielik tien deure oop! As ek nou die opdrag moes oordoen, sou ek reeds baie dinge verander het. Ek sal 'n paar dae lank rustig deur alles gaan en aan die storie skaaf. Daarna sal ek wegspring met module 2. Sien reeds uit daarna. Molly Lubbinge
Die kinderboekkursus is regtig opwindend en dis my plan om teen die einde ’n volledige manuskrip te hê. Albert Short
Baie dankie vir jou terugvoer, ek het al baie soorte kursusse gevolg en joune staan kop en skouers bo die res uit. Plus, jou terugvoer beantwoord elke keer alles waaroor ek gesit en wonder het terwyl ek skryf. Die enigste probleem is ek wil nie hê die kursus moet ooit ophou nie, ek geniet dit te veel. Melanie Pienaar
Jou wenke is die vuurhoutjies wat my kers aan die brand hou. Celia du Plessis
Jou kursus bring die realiteit na vore sonder om my op moedverloor se vlakte te laat sit, dit laat my vars en anders dink. Beslis die koste deur en deur werd. Elizma Coetzee
My woorde lyk nie meer soos 'n vervelige rytjie wasgoed aan 'n lang draad nie. Elsabé Bester
Lees vir ontspanning ontaard nou in 'n kritiese ontrafeling van teks, karakters en skryfstyl. Ek geniet dit terdeë. Johan Nel
Ek het deur jou terugvoer op my werkstuk gegaan. Dis absoluut wonderlik! Ek is al moedeloos met vriende en familie wat nie objektiewe terugvoer kan gee nie. Ek leer geweldig baie by jou. Erica Pretorius
As stokperdjieskrywer wil ek dankie sê vir al die hulp. Vandag, jare na ek vir die kursus ingeskryf het, blaai ek steeds deur die modules en terugvoer en kry sonder uitsondering nog iets wat my skryfwerk verryk, wenke sowel as motivering. Jan Bonthuys
Die storie wat jy vir my geredigeer het, was van onskatbare waarde, dis ongelooflik hoe baie 'n mens leer wanneer jy deur 'n geredigeerde weergawe van jou eie verhaal werk. Antoinette Venter
Die Skryfgeheime-kursusse het vir my oneindig baie beteken. Ek is 'n Afrikaans onderwyseres en gebruik elke dag in my werk van die dinge wat ek geleer het. Dit het vir my die moed gegee om te waag en te skep. Ek het ook geweldig baie oor myself geleer. Henriëtte Louw
Almal wat wonder of hulle kan skryf, moet hierdie kursusse volg. Ek het ongelooflik baie selfvertroue gekry en kon met elke module sien hoe my skryfwerk verbeter. Suretha Brits
Ek merk dat die meeste van jou studente melding maak van jou positiewe houding en aanmoediging - dis waar. Marinda van Niekerk
Ek voel dat ek met 'n doel werk en dat elke werkopdrag op 'n gehalteproduk afstuur. Melodie Veldhuizen
Jy verdien 'n pronkveer vir jou skryfkursus. Daar is 'n logiese opbou van module tot module sodat selfs 'n leek soos ek in staat is om die legkaartstukke bymekaar te sit. Rita Hofmeyr
Skryfgeheime voel vir my soos die deurgang na 'n nuwe lewenswyse. Dankie vir jou kommentaar op my werkstukke en vir jou aanmoediging. Willem Fourie
Ek het nog nooit 'n skrywer ontmoet wat my so effektief help nie. Elna Nieuwoudt
Alles wat jy uitgelig het, was presies dit waarmee ek gesukkel het. Dit het heeltyd vir my gevoel daar kort iets, 'n "twist". Ek het ook gevoel my storie benodig ’n opwindende verandering, dit was net te "veilig". Ek is so opgewonde en sien uit daarna om verder daaraan te werk. Yolandi Odendaal
'n Mens is huiwerig om te sien wat iemand anders van jou werk dink, maar nou kan ek nie wag om al die wenke toe te pas nie. Alta van Niekerk
Jy groei baie as mens. In jouself en ook in jou interaksie met mense. Jy leer besef die impak van woorde. Elmarie Schultz
Ek was so verras toe ek die terugvoer kry en sien jy kraak nie 'n ou se werk af nie. Marieta Thünemann
Ek gaan dit geniet om ou breinpatrone uit te vee en nuwes te maak. Ek voel glad nie meer afgetree nie. Troula Goosen
Ek het verskriklik baie geleer oor myself, ander mense én die skryfambag. Jou verbeeldingryke prikkelvrae en praktiese skryftegnieke is die perfekte kombinasie. Riëtte Botma
Die kursus was so insiggewend en verrykend, ek het ongelooflik baie geleer. Myself dikwels bevraag-teken en gewonder of ek ooit die ding onder die knie gaan kry. Maar ek is nie iemand wat maklik moed opgee nie en ook nie bang om te waag nie. Dankie vir al die handvashou. Adélle von Ronge Kotzé
Die kursus het ander wêrelde en deure oopgemaak. Hoop om binnekort met die kinderboekkursus of joernalistiek te begin. Monja Beyers
