Skryfgeheime- aanlyn skryfskool


Klim-uit-jou-kassie-kortkursus:

Ontwikkel en skryf 'n liefdeskortverhaal


Liefdesverhale van alle lengtes, onderwerpe en hittegrade is 'n genre wat elke skrywer eenvoudig moet verstaan en bemeester, want hierdie verhale bly gewild en in aanvraag by tydskrifte en uitgewers van boeke.

 

Liefdesverhale kan tot ure se skryfgenot sowel as 'n lekker ekstra inkomste lei, aangesien jy outeursgeld ontvang vir elke verhaal wat in 'n tydskrif geplaas of deur 'n gerekende uitgewer gepubliseer word.

 

Hierdie kursus gaan die geheime van die liefdesgenre vir jou onthul en jou inspireer en lei jou om jou eie vars, innoverende liefdesverhaal te ontwikkel en te skryf. Jy gaan ook uitvind hoe om slaggate, soos geykte karakters en situasies, uit te ken en te vermy. Glo my, jy sal dit gate uit geniet om uit jou kassie van alledaagsheid te klim en hierdie genre onder die knie te kry. Jy sal gou jouself verwyt dat jy nie lankal hiervoor ingeskryf het nie.

 

Wat kan jy verwag?

* 'n Prettige, pittige handleiding van 33 blaaie met verduidelikende gedeeltes, voorbeelde, oefeninge en hulpmiddels.

 

* Geen sperdatum vir die instuur van jou kursusverhaal nie - jy kan dus ontspanne teen jou eie pas werk en jou verhaal instuur vir terugvoer sodra jy voel jy is gereed daarvoor.

 

*  Gedetailleerde terugvoer op jou verhaal binne 7 dae nadat jy dit uiteindelik ingestuur het.

 

*  PLUS 'n volledige redigering! Ja, jy lees reg. Nadat jy die gedetailleerde terugvoer op jou storie toegepas het, moet jy jou verhaal weer instuur, hierdie keer vir 'n deeglike redigering wat jou inkassie binne 7 dae sal tref. Jou keurig geredigeerde verhaal kan jy dan vir 'n geskikte wedstryd inskryf of aan 'n gepaste tydskrif stuur. Glo my, hierdie kursus is die winskoop van jou skrywerslewe, moet dit nie misloop nie.

Kursusinhoud:

33 blaaie

* Kies jou subgenre asook die hittegraad

* Kies 'n treffende ruimte

* Skep merkwaardige karakters

* Leer ken jou karakters en ontgin hulle

* Skep dinamiese verhoudings

* Ontwikkel die chemie tussen die karakters

* Besluit op die woordtelling

* Benut die driebedryfstruktuur: die lokaas, die eerste ontmoeting, die eerste komplikasie,   die eerste intieme oomblik, die halfmerk, die vals hoogtepunt en laagtepunt, die rigiede oomblik, die breukspul, krisis, klimaks en afloop

* Die storiemoeras  

* Die raamwerk en kompas

* Ennnn ... laastens ... wat van die seks?!

 

WERKSTUK:  Skryf 'n liefdesverhaal van 1 600 of 3 000 woorde en stuur dit in vir terugvoer. Die rede vir die verskil in lengte is dat die meeste tydskrifte stories van 1 600 woorde verkies, terwyl die meeste kompetisies iets langers soek.

 

Terugvoer word direk op jou manuskrip gedoen en dek alle aspekte van die skryfkuns. Elemente wat aangespreek word, sluit in: karakterisering, dialoog, storiebeplanning en -opbou, taalgebruik, voorstelle vir insidente en wendings, ensomeer.

 

TERUGVOER deur kursusgangers:

Mariska van der Linde skryf: "Baie dankie vir die handleiding.  Dit is my eerste skryfstuk en die handleiding het my baie gehelp. Ek het ook lekker gelag, veral van bladsy 30 af."

 

Schönrad Stander skryf: "Ek het die handleiding so geniet! Dis kort en kragtig, maar dit raak steeds al die punte aan waaroor ek, as 'n betreklik nuwe skrywer, so gewroeg het. Boonop het dit my telkens heerlik laat lag. Dis 'n moet vir enige opkomende skrywer."

 

Ina Bergh skryf: "Ek het werklik baie baat gevind by die 'lesing'. Ek stuur my storie in vir evaluering. Baie dankie vir die geleentheid."

 

Sonja von Weidtz skryf: "Dankie vir al die terugvoer en kommentaar. Ek waardeer elke stukkie raad opreg en sien sommer daarna uit om my verhaal te hersien."


Gereed om weg te spring? 

Gebruik hierdie vorm:

* Jy sal die prys en die betaalbesonderhede ontvang.

* Jou navraag beteken nie jy is verplig om 'n inbetaling te maak nie.


Note: Please fill out the fields marked with an asterisk.