Skryfgeheime- aanlyn skryfskool

Prenteboekkursus - van idee tot publikasie


Ons studente publiseer by uitgewers soos Lapa, Fantasi, Via Afrika, e.a.

Hierdie unieke, interaktiewe skryfkursus is spesifiek ontwikkel vir diegene wat ritme en rym geniet en markgerigte boeke vir 2-7-jarige pikkies wil skryf. 

     Jy gaan verskeie suksesvolle prenteboeke aanlyn lees en bestudeer. Dit beteken natuurlik jy hoef geen ekstra kursusmateriaal aan te koop nie.

      Met behulp van die sewe-module-plan gaan jy 'n geskikte  storie-idee vind en tot 'n volwaardige verhaal uitbou. Veral gaan jy leer om visueel en met vonk te skryf.

      Jy gaan uitvind hoe om jou skryfwerk te hersien en te redigeer sodat jy die eindproduk met trots by 'n gerekende uitgewer kan indien. 

     Heeltyd werk jy op 'n een-tot-een basis saam met jou kursusleier, van die vind van 'n gepaste idee tot en met 'n voltooide verhaal. En as die illustrasies jou dalk bekommer - ontspan! Dis die uitgewer se taak om 'n geskikte kunstenaar te vind en te vergoed.

 

Lees wat gesels drie prenteboekstudente: 

"Ek het die hele kursus weer deurgewerk en ek moet jou komplimenteer: dis uitstekend uiteengesit en maklik verstaanbaar. Nie net word alles deeglik verduidelik nie, dit lees ook lekker en is humoristies." Adri Claasen 

 

 

"Al sukkel ek, en al moet ek al die studiemateriaal weer en weer lees, is dit seker die lekkerste 'werk' wat ek al ooit gedoen het."  Maria Prinsloo     

         

 "Baie dankie vir jou geduld. Ek sal jou kursus oral aanbeveel. Alles begin nou sin maak en ek geniet die skrywery terdeë."  Yolande Fourie



Prenteboekkursus:  Sewe-module-plan

Module 1:   Definisie 

*        Bespreking van Babalela

*        Sielkundige & emosionele leesbehoeftes

*        Leesprogram

*        Bylae en littelosmakers

Werkstukke:       

1. Voltooi jou leeslys

2. Skryf ’n littelosmaker

 

Let wel:  Jy ontvang die terugvoer op elke werkstuk binne 7 dae nadat jy dit ingestuur het, en daarmee begin die hersienings- en redigeringsleerkurwe.

 

Module 2:   Ken jou teikenmark

*        Vygotsky en Bruner se skema

*        Erikson se stadia van emosionele ontwikkeling

*        Wat wil uitgewers hê?

*        Waar kry ek idees?

*        Storielyn:  ’n Reeks gebeurtenisse

Werkstuk:   Vertaal ’n prenteboekteks

 

 

Module 3:   Teksanalises

*        Teksanalise:  Die storie van Ferdinand

*        Skakels en oorgange:  Pette te koop

*        Teksanalise:  Corduroy

*        Prikkelende skryfstyl:  Corduroy

*        Teksanalise:  In my kartondoos

*        Hoe skryf ek so ’n storie?

Werkstuk:   Begin ontwikkel ’n storie-idee

 

 

Module 4:   Rym en ritme

*        Skryf met ritme:  Is daar plek op jou besem?

*        Konsepboeke:  Freight Train; Seven Blind Mice; The Very Hungry

          Caterpillar; Chicka Chicka Boom Boom

*        Besprekings:  There was an old Lady; Good Night, Gorilla; Frog and Toad

          are Friends;  Mike Mulligan and his Steam Shovel

WERKSTUK:   Analiseer Rosie’s Walk

                        

 

MODULE 5: Klassieke treffers

*        Die geheime van Babar

*        The Three Billy Goats Gruff

      Strega Nona

      Harry the Dirty Dog

      Where the Wild Things are

      Goodnight Moon

      The Dumb Bunnies

Werkstukke:   

1. Harold and the Purple Crayon. 

2. Skryf 'n storie

 

 

Module 6:   Ritme en fokus

*        Vind uit wat kohesie en samehang beteken

*        Skep ’n karakter wat tot kinders spreek

*        A Treasury of Curious George

*        Begin skryf jou eie storie

Werkstuk:   Voltooi jou kursusverhaal

 

 

Module 7:   My storie is klaar … Wat nou?

*        Vind die regte uitgewer

*        Kontrakte: Wat is mý regte?

*        Die pad vorentoe

Taak:  Voltooi ’n professionele voorlegging, nl. ’n dekbrief plus ’n volledige manuskrip gereed vir voorlegging aan 'n geskikte uitgewer.

 

Studente-terugvoer:

"Ek kan nie glo dis dieselfde storie nie. Jy is baie, baie goed. Twee koppe is beslis beter as een!"  Nikoleen van der Spuy

 


Kry die betaalplanne en/of skryf in vir die Prenteboekkursus

* Jy sal alle nodige kursusinligting per e-pos ontvang.

* Jou navraag plaas jou onder geen verpligting om wel 'n inbetaling te maak nie.


Note: Please fill out the fields marked with an asterisk.