Hierdie kompetisie is verby. Maar kom loer weer in ... daar sal nog wees.


Skryfgeheime- aanlyn skryfskool


Lekker vars 2022-liefdesverhaalkompetisie - net tot 20 September


Die Skryfgeheime-skryfskool is al veertien jaar lank besig om nuwe skrywers op te lei en hulle en hul boeke, kortverhale en artikels uit te stuur om die wêreld te verower. 

     In 2022 bied ons 'n opwindende liefdesverhaalskryfkompetisie aan. En net deur deel te neem is jy klaar 'n wenner. 

     Want nie net ontvang  jy 'n lekker leesbare stap-vir-stap handleiding van 34 blaaie oor die skryf van liefdesverhale nie - iets wat jy oor en oor sal gebruik - jy ontvang ook breedvoerige terugvoer op jou storie binne SEWE dae nadat jy dit ingestuur het. Plus die geleentheid om dit te herskryf en opnuut in te stuur vir die finale keuring. Natuurlik moet jy jou dinge so beplan dat jou finale storie ons voor of op die sluitingsdatum van 20 September 2022 bereik.

     Boonop ontvang die gewildste VYF inskrywings 'n volledige redigering van hul verhaal sodat hulle hul storie aan 'n tydskrif kan voorlê of vir enige ander kompetisie kan inskryf. En die skrywer van die wenverhaal kry 'n kontantprys van R2,500.

 

Vir my klink dit na 'n winskoop.

Ek hoop jy stem saam en skryf sommer dadelik in. 

 

Mariska van der Linde skryf: "Baie dankie vir die handleiding.  Dit is my eerste skryfstuk en die handleiding het my baie gehelp. Ek het ook lekker gelag, veral van bladsy 30 af."

 

Schönrad Stander skryf: "Ek het die handleiding so geniet! Dis kort en kragtig, maar dit raak steeds al die punte aan waaroor ek, as 'n betreklik nuwe skrywer, so gewroeg het. Boonop het dit my telkens heerlik laat lag. Dis 'n moet vir enige opkomende skrywer."

 

Ina Bergh skryf: "Ek het werklik baie baat gevind by die 'lesing'. Ek stuur my storie in vir evaluering. Baie dankie vir die geleentheid."

 

Sonja von Weidtz skryf: "Dankie vir al die terugvoer en kommentaar. Ek waardeer elke stukkie raad opreg en sien sommer daarna uit om my verhaal te hersien."


RIGLYNE: 

* Slegs nuwe skryfwerk. M.a.w. asseblief niks wat al iewers gepubliseer is nie. [Onthou, deelname aan hierdie wedstryd beteken jy behou die kopiereg op jou verhaal regdeur die proses.]

 

* Asseblief slegs een inskrywing per skrywer. As jy graag nog 'n storie wil instuur, sal dit as 'n aparte inskrywing beskou word.

 

* Storielengte: 1 500 tot 1 600 woorde. Of iewers tussen 1 500 en 3 000 woorde. Ja, jy lees reg. Die rede is dat die meeste tydskrifte stories van 1 500 - 1 600 woorde soek. Die meeste kortverhaalkompetisies soek weer verhale van iewers tussen 1 500 en 3 000 woorde.

 

* Tema: Enige liefdesintrige wat jou as skrywer prikkel en wat jy reken tot lesers sal spreek.

 

* 'n Inskrywingsfooi van R150 word gehef. In ruil ontvang jy 'n prikkelende, praktiese handleiding van 34 blaaie oor die skryf van liefdesverhale, gedetailleerde terugvoer op die eerste weergawe van jou storie, die geleentheid om jou finale verhaal weer in te stuur vir die finale keuring, plus die kans om as die algehele wenner aangewys te word en die bedrag van R2,500 te verower. Die gewildste vyf verhale ontvang boonop 'n kop-tot-toon redigering. Liefdesverhale is altyd in aanvraag, dis 'n goeie idee om hierdie genre stewig onder die skrywersknie te kry.

 

* Sluitingsdatum: 20 September 2022. Spring dus dadelik in.

 

WIL JY INSKRYF?

GAAN SO TE WERK: 

 

* Betaal die inskrywingsgeld van R150 in en stuur 'n betaalbewys per e-pos  na info@skryfgeheime.co.za. Onthou om jou noemnaam en van as verwysing te verskaf. Jy sal jou handleiding blitsig ontvang sodat jy dadelik kan begin skryf. 

 

* Voltooi asseblief die inskrywingsvorm wat hieronder verskyn, indien jy nog geen inskrywingsvorm ingestuur het nie.

 

* Skryf jou naam, van, e-adres en die titel boaan jou storie en stuur dit as 'n Word-dokument per aanhangsel by 'n e-pos na info@skryfgeheime.co.za.

 

* Hou duim vas ...


Klik op DOWNLOAD en laai die bankbesonderhede af:

Download
BETAAL SO IN.docx
Microsoft Word Document 13.6 KB

Voltooi hierdie vorm, SLEGS indien jy nog geen inskrywingsvorm ingestuur het nie:

Note: Please fill out the fields marked with an asterisk.


GENIET DIE VERBEELDINGSVLUG ...