SKRYFGEHEIME

Van idee tot publikasie


Kursusleier:  Janie Oosthuysen

Janie sê: "Ek het jare se kennis en ervaring geïntegreer om unieke kursuservarings te skep wat op publikasie by 'n gerekende hoofstroom- uitgewer of tydskrif afstuur.

     "Ek is veral trots op ons studente se publikasierekord en op hul kommentaar op die kursusse. Enigeen met die nodige passie en belangstelling is welkom om ook aan te sluit, jy benodig geen agtergrond in die letterkunde nie." 

 

Janie Oosthuysen het eendag lank gelede met ses onderskeidings aan die Hoër Meisieskool Bloemhof gematrikuleer, daarna aan die Universiteit Stellenbosch gestudeer met Engels, Afrikaans-Nederlands en Sielkunde as hoofvakke, en later Engels onderrig op skoolvlak sowel as tersiêr.

      Vanaf 1995 het sy haar op 'n voltydse skryfloopbaan begin toespits, en vandag het sy al meer as 300 boeke geskryf, vertaal en geredigeer. In die proses het sy ten nouste saam met ’n groot getal bekende uitgewers saamgewerk, plaaslik en oorsee, soos onder meer Human & Rousseau, Oxford University Press, Heinemann, Pearson, Zebra Press, Shuter & Shooter, Lapa Uitgewers, Nasou Via Afrika en Highlights VSA. Sy was ook betrokke by talle ko-produksies met ander skrywers. Sy het talle klassieke werke in Afrikaans vertaal, ook The Lord of the Rings deur J.R.R. Tolkien, vir Protea Boekhuis.

      Janie is al verskeie kere bekroon, o.a. met die SAVI-toekenning en die Akademie-prys vir haar Harry Potter-vertalings, asook 'n ATKV-prys en die C.P. Hoogenhout-medalje vir kreatiewe skryfwerk. Sy het by ’n aantal internasionale konferensies opgetree, soos die Harry Potter-vertalerskonferensie in Parys, die SCBWI-konferensie in Goudini en 'n UNESCO-skryfskool in Windhoek. 


Enkele publikasies, vertalings & praatjies: