Skryfgeheime-skryfskool

Van idee tot publikasie


Kursusleier:  Janie Oosthuysen

Janie Oosthuysen

0782240454

 

Janie sê: "Ek het jare se kennis en ervaring geïntegreer om 'n unieke kursuservaring te skep vir publikasie by 'n gerekende hoofstroom- uitgewer of tydskrif.

     "Ek is veral trots op ons studente se lang publikasierekord en op hulle kommentaar op hulle kursus. Enigeen met die nodige passie en belangstelling is welkom om ook aan te sluit, jy benodig geen agtergrond in die letterkunde nie." 

 

Janie Oosthuysen het met ses onderskeidings aan die Hoër Meisieskool Bloemhof gematrikuleer, aan die Universiteit Stellenbosch gestudeer met Engels, Afrikaans-Nederlands en Sielkunde as hoofvakke, en later Engels onderrig op skoolvlak sowel as tersiêr.

      Vanaf 1995 het sy haar op 'n voltydse skryfloopbaan begin toespits, en vandag het sy al meer as 300 boeke geskryf, vertaal en geredigeer. In die proses het sy ten nouste saam met ’n groot aantal bekende uitgewers saamgewerk, plaaslik en oorsee, soos Human & Rousseau, Oxford University Press, Heinemann, Pearson, Zebra Press, Shuter & Shooter, Lapa Uitgewers, Nasou Via Afrika en Highlights VSA. Sy was ook betrokke by talle ko-produksies met ander skrywers.

      Janie is al verskeie kere bekroon, o.a. met die SAVI-toekenning en die Akademie-prys vir haar Harry Potter-vertalings, asook 'n ATKV-prys en die C.P. Hoogenhout-medalje vir kreatiewe skryfwerk. Sy het by ’n aantal internasionale konferensies opgetree, soos die Harry Potter-vertalers-konferensie in Parys, die SCBWI-konferensie in Goudini en die UNESCO-skryfskool in Windhoek. 

      In 2008 open sy die virtuele deure van die Skryfgeheime-skryfskool en begin om aspirantskrywers op te lei terwyl sy haar steeds met skryf-, vertaal- en redigeerwerk besig hou. Sy tree persoonlik op as Skryfgeheime-studieleier en spog met 'n groot getal gepubliseerde studente. Sy het talle klassieke werke in Afrikaans vertaal en is op die oomblik besig met die vertaling van The Lord of the Rings deur J.R.R. Tolkien vir Protea Boekhuis. 


Enkele publikasies, vertalings & praatjies: