Skryfgeheime- aanlyn skryfskool

Hierdie kompetisie is afgehandel. Loer weer in vir meer ...


Skryfkompetisie-kortkursus vir distopiese verhale


Die Skryfgeheime-skryfskool is al dertien jaar lank besig om nuwe skrywers op te lei en hulle en hul boeke, kortverhale en artikels uit te stuur om die wêreld te verower. 

      Vanjaar vier ons ons GROOT 13 met 'n opwindende skryfkompetisie oor distopiese fiksie. En elkeen wat deelneem, is al klaar 'n wenner. 

     

Deelname aan die wedstryd kos R150. In ruil daarvoor ontvang jy 'n lekker leesbare handleiding van 35 blaaie oor die skryf van distopiese fiksie - jy sal dit oor en oor gebruik - asook 'n karakterkaart, wêreldbouer en storieplan, plus gratis terugvoer op jou storie binne sewe dae nadat jy dit ingestuur het.

     Boonop ontvang die beste drie inskrywings 'n volledige redigering van hul verhaal sodat hulle hul storie aan 'n tydskrif kan stuur of vir enige ander kompetisie kan inskryf.

 

Vir my klink dit na 'n "deal".

Ek hoop jy stem saam.  


Wil jy inskryf?

Download
BETAAL SO IN.docx
Microsoft Word Document 13.5 KB

** Eerste terugvoer **

Shirley Barnard is die eerste deelnemer om haar distopiese verhaal (“Die Muur”) in te stuur vir die kompetisie en wel op 17 Augustus. Sy het haar terugvoer twee dae later ontvang.

 

Shirley skryf: “Ek lees weer en weer deur jou terugvoer en sien elke keer iets anders raak en dan rol die gedagtes weer. Moet vir jou sê, dis vir my 'n wonderlike ervaring. Jou terugvoer maak so mooi sin en gee 'n nuwe perspektief, dit voel asof my 'muur' 'n eie storie het om te vertel, ek wil nou net sit en skryf.”


RIGLYNE:

* Inskrywingsgeld: R150

E-pos asseblief dadelik 'n betaalbewys na info@skryfgeheime.co.za sodat ons jou e-adres het en jou handleiding blitsig vir jou kan stuur. Die bankbesonderhede verskyn onderaan die bladsy, laai dit asb. daar af.

 

* Slegs nuwe skryfwerk! Asseblief niks wat al voorheen gepubliseer is nie.

 

* Storielengte: 1 500 woorde. Of iewers tussen 1 500 en 3 000 woorde.

Ja, jy lees reg. Die rede is dat die meeste tydskrifte stories van 1 500 woorde soek. Die meeste kortverhaalkompetisies soek weer verhale van iewers tussen 1 500 en 3 000 woorde.

 

* Slegs een inskrywing asseblief.

 

* Sluitingsdatum: 20 September 2021

Ek weet dis om die draai, spring dus dadelik weg. Hou in gedagte dat distopiese fiksie besig is om te GROEI in gewildheid.

 

* Betaal jou inskrywingsgeld van R150 so gou moontlik in. Stuur 'n betaalbewys per e-pos na info@skryfgeheime.co.za. Onthou om jou noemnaam en van as verwysing te gee. Jy sal jou handleiding blitsig ontvang sodat jy dadelik kan wegspring. 

 

* Stuur jou voltooide storie as 'n Word-dokument per aanhangsel by 'n e-pos voor of op 20 September 2021 na info@skryfgeheime.co.za


Laai die bankbesonderhede hier af:

Download
BETAAL SO IN.docx
Microsoft Word Document 13.5 KB

Geniet dit om jou eie distopiese werklikheid te skep!