Skryfgeheime


Afrikaanse Stoompunk-skryfkompetisie 2026 vir Afrikaanse stoompunk-stories

Tipiese stoompunk-vliegmasjien met helikopter-elemente
Tipiese stoompunk-vliegmasjien

Skryfgeheime se Afrikaanse stoompunk-skryfkompetisie 2026 nooi alle skrywers, ervare en onervare, om oorspronklike stoompunk-stories en kortverhale in Afrikaans te skryf.

 

Deelnemers ontvang 'n praktiese handleiding, uitgebreide terugvoer en die geleentheid om hul verhale te verbeter voordat die finale beoordeling plaasvind.


Prysgeld van R3 500 op die spel. Almal is welkom!


Gedurende hierdie prettige kortkursus-skryfkompetisie gaan jy nie net die stoompunk-genre ontdek nie, jy gaan ook leer hoe om 'n opwindende stoompunk-storie te skryf. Een wat vinnig beweeg, 'n sterk spanningslyn het, en met al die kenmerkende koperratte, stoomwolke en fantasmagoriese uitvindsels van die genre spog.

 


Wat is stoompunk?

Stoompunk is 'n kreatiewe genre wat Victoriaanse tegnologie, alternatiewe geskiedenis, meganiese uitvindings, lugskepe, koperratte en avonture kombineer. In 'n stoompunk-verhaal speel tegnologie 'n belangrike rol in die intrige en dit lei tot unieke moontlikhede vir spanning en avontuur.

 


Stoompunk-motorfiets en milieu
Stoompunk-motorfiets en milieu

Skryfgeheime is vanjaar negentien jaar oud en steeds besig om nuwe skrywers en joernaliste op te lei om die wêreld met hul boeke, kortverhale en artikels te verower. 

 

Net deur deel te neem aan ons 2026-skryfkompetisie is jy klaar 'n wenner.

     

     HOEKOM 'n WENNER? 

     

     *  Want elke deelnemer ontvang 'n lekkerlees, stap-vir-stap, prettige, praktiese HANDLEIDING en STORIETEMPLAAT vir die skryf van stoompunk-verhale - iets wat jy vorentoe oor en oor sal gebruik.

 

      Jy kry ook BREEDVOERIGE, vriendelike, hulpvaardige TERUGVOER op jou storie binne SEWE DAE nadat jy dit ingestuur het. Ja, jy lees reg: ELKE storie ontvang gedetailleerde terugvoer - iets wat bitter min skryfkompetisies bied omdat dit so tydrowend is.

 

     *  Boonop kry alle deelnemers die geleentheid om hul storie aan die hand van die terugvoer te herskryf en WEER in te stuur vir die finale keuring en 'n kans op die prysgeld van R3 500 vir die topverhaal.

 

      *  Natuurlik moet jy jou sake so beplan dat DIE EERSTE WEERGAWE van jou storie ons so gou moontlik bereik (mik vir 15 JULIE 2026) sodat daar genoeg tyd sal wees vir ons om jou terugvoer voor te berei en vir jou om jou storie te herskryf.

 

     *  Die FINALE HERSIENE weergawe van jou STORIE moet voor of op 25 JULIE 2026 by ons wees om die finale keuring te haal.

 

     *  EN DIS NIE AL NIE .... Benewens kundige terugvoer ontvang die gewildste VYF inskrywings elk 'n INTENSIEWE REDIGERING sodat daardie skrywers hul verhaal vir 'n ander geskikte kompetisie of tydskrif kan stuur. En soos reeds genoem, kry die skrywer van die algehele wenverhaal 'n KONTANTPRYS VAN R3 500.

 

     *  PLUS - deelnemers wat na afloop van die kompetisie so begeester is dat hulle wil inskryf vir een van ons opwindende skryfkursusse, kan dit doen teen MINUS 20% van die 2026-KURSUSPRYSE. Jy hoef net te noem dat jy aan ons kompetisie deelgeneem het.

 

     Dit alles vir 'n eenmalige inskrywingsfooi van R250. 

 

      Vir my klink dit na 'n winskoop.

      Ek hoop jy stem saam en skryf dadelik in.


Skryfgeheime-student Johan de Nysschen publiseer in Huisgenoot.
Johan de Nysschen

 

Johan de Nysschen is maar een van daardie deelnemers wie se verhaal na afloop van 'n Skryfgeheime-kompetisie elders gepubliseer is. Sy liefdesverhaal, "Tussen Note", het in Huisgenoot verskyn.


Sperdatums:

 

15 September 2026 vir die eerste weergawe van jou storie.

25 September 2026 vir die finale weergawe van jou storie.

Beoordeling en keuring sal ongeveer een maand in beslag neem, waarna die wenverhale aangekondig sal word.

 


Volg hierdie drie stappe:

Stap 1: Voltooi die vorm

Note: Please fill out the fields marked with an asterisk.


Stap 2: Klik op "DOWNLOAD" en maak die inbetaling

Download
2026-BANKBESONDERHEDE.docx
Microsoft Word Document 14.0 KB

Indien jy met die "download"-skakel sukkel, vra gerus die bankbesonderhede aan by [email protected].


Stap 3:  Stuur 'n betaalbewys

* Gebruik jou noemnaam en van as verwysing en stuur 'n betaalbewys na [email protected] sodat ons jou handleiding dadelik per e-pos kan aanstuur. 


Verdere riglyne:

* Slegs nuwe, oorspronklike skryfwerk. M.a.w. asseblief niks wat al iewers gepubliseer is of deur KI geskep is nie.  

 

* Inskrywings kos R250 per storie. As jy graag nog 'n storie of twee wil instuur, sal elkeen as 'n aparte inskrywing beskou word, jy sal dus vir elkeen R250 moet betaal.

 

* Storielengte: Iewers tussen 1 500 en 3 500 woorde. Ja, jy lees reg. Die rede is dat die meeste tydskrifte stories van 1 500 - 1 600 woorde soek. Die meeste kortverhaalkompetisies, bloemlesings of bundels soek weer verhale van iewers tussen

1 500 en 3 500 woorde.

 

* Tema: Enige intrige (storielyn) rondom die stoompunk-tema wat jou as skrywer lus maak om te skryf.


Verdere voordele:

Nie net staan jy die kans om 'n lekker kontantprys te verower nie, jy gaan ook skryftegniek onder die knie kry wat jou skrywerskap sal versterk. Verder gaan die blootstelling jou help om selfvertroue op te bou.