Skryfgeheime- aanlyn skryfskool

Klim-uit-jou-kassie-kortkursus vir moordstories


 

Wou jy nog altyd 'n moord pleeg?

Seker nie, maar indien jy dalkies oor "moord" fantaseer ... hier is jou kans om een te "pleeg" en daarmee weg te kom.

 

 


Jy gaan ...

* uitvind wat uitgewers soek, en 'n moord beplan en skryf wat jou lesers angstig sal laat rondloer,

* merkwaardige karakters ontwikkel vir wie jou lesers sal omgee en met wie hulle ten nouste sal identifiseer,

* uitvind hoe om spanning en afwagting te skep sodat jou lesers nie sal kan wag om om te blaai en verder te lees nie,

* agterkom hoe om leidrade slim te plant en inligting subtiel te verskaf terwyl jy ook die nodige verwarring saai wat jou speurder (en jou lesers) op hulle tone sal hou,

* wendings ontwikkel wat jou storie in onverwagse rigtings sal stuur,

* leer hoe om dit alles saam te snoer in 'n spannende, goed geskrewe kortverhaal wat jy met trots kan instuur vir keuring.


Dit is wat jy kan verwag:

 

* 'n Pittige handleiding van 28 blaaie met verduidelikende gedeeltes, voorbeelde en hulpmiddels.

 

* Geen sperdatum vir die instuur van jou kursusverhaal nie - jy kan dus ontspanne teen jou eie pas werk en jou verhaal instuur vir terugvoer sodra jy voel dit is gereed.

 

*  Gedetailleerde terugvoer op jou verhaal binne 7 dae nadat jy dit ingestuur het.

 

*  PLUS 'n volledige redigering! Ja, jy lees reg. Nadat jy die terugvoer op jou storie toegepas het, moet jy jou verhaal weer instuur, hierdie keer vir 'n deeglike redigering wat jou inkassie binne 7 dae sal tref. Jou keurig geredigeerde verhaal kan jy dan vir 'n geskikte wedstryd inskryf of aan 'n gepaste tydskrif stuur. Glo my, hierdie kursus is die winskoop van jou skrywerslewe, moet dit nie misloop nie.

 

 Storielengte: Iewers tussen 1 500 en 3 500 woorde. Die rede is dat die meeste tydskrifte stories van 1 500 - 1 600 woorde soek. Die meeste kortverhaalkompetisies of bundels soek weer verhale van 1 500 tot 3 500 woorde.

 


Gebruik hierdie vorm om in te skryf en/of vir verdere navrae:

* Jy sal spoedig 'n antwoord ontvang, ook betreffende die koste.

* Jou navraag plaas jou onder geen verpligting om in te skryf nie.


Note: Please fill out the fields marked with an asterisk.