Skryfgeheime- aanlyn skryfskool


VUURWARM WINTERAANBOD

20% af op die huidige 2025-pryse

 

Net tot Vrydag 4 Julie 2025


Is skryf op jou wenslys? Skryf sommer vandag nog in teen VUURWARM WINTERPRYSE vir enige van ons gewildste vyf kreatiewe en media-skryfkursusse en sluit aan by ons groeiende groep gepubliseerde skrywers en joernaliste wat gereeld die kollig steel en met hulle skryfwerk verdien. In alle gevalle werk jy saam met 'n gepubliseerde mentor van die vind van 'n geskikte idee tot en met 'n voltooide manuskrip. Teen hierdie pryse is die plekke beperk, skryf dus asb. so gou moontlik in. Vir jou gemoedsrus het jy tot vyf jaar om jou kursus te voltooi.   


Kies jou kursus of kursusse


Praktiese Kreatiewe Skryfkursus

(4 modules):

Spesifiek ontwikkel vir beginnerskrywers en hoërskoolkinders. Dis 'n geïntegreerde kursus waartydens jy 'n kort storie ontwikkel en skryf terwyl jy die nodige skryftegniek onder die knie kry, taalkennis inoefen en ook jou uitdrukkingsvermoë uitbou. Lees meer oor die kursus.

Algemene Kreatiewe Skryfkursus (8 modules):

As die skryf van kort of lang fiksie vir volwassenes jou voorliefde is, dan is hierdie dubbelloopkursus die plek vir jou. Dit lei jou van storievonk tot voltooide tydskrifstorie, kortverhaal of vollengte boek, gereed vir voorlegging aan 'n  nasionale tydskrif of uitgewer. Vier van die ses mense op die foto is Skryfgeheime-studente wat met hul skryftalent woeker. Lees meer oor die kursus.

Mediakursus vir vryskutjoernalistiek

(8 modules):

Maak 'n toekoms-sprong saam met 'n gegradueerde joernalis wat self as vryskut werk. Skep 'n tydskrifartikel of webinhoud en bou jou eie vryskutpraktyk. Op die foto verskyn enkele van ons gepubliseerde mediastudente. Lees meer oor die kursus. 



Prenteboekkursus (7 modules):

Geniet jy rym en ritme en wil jy graag prettige, pittige boeke vir 2-7-jarige pikkies skryf? Hierdie jolige skryfkursus bied alles wat jy soek en meer. Die kleurvolle, interaktiewe aanbieding met geanimeerde webvoorlesings lei tot 'n kursus wat enig in sy soort is. Helene de Clercq se boek, Die Emmerskoplys, het by NB Uitgewers verskyn. Lees meer oor die kursus.

Kinder-en-jeugboek-kursus

(10 modules):

Geslaagde kinderboeke het 'n lang raklewe en word gereeld herdruk, veral met die oog op verspreiding in skole. As die gedagte aan stories vir 8-14-jariges jou na jou veerpen laat reik, dan is hierdie prettige, praktiese kursus die regte plek vir jou. Dawie Louw het al verskeie publikasies agter sy naam en presteer tans met sy Spookeffek-tienerreeks. Lees meer oor die kursus.



Wil jy inskryf?

Vra die betaalplanne hier aan: 

* Jy sal 'n e-pos ontvang met die betaalplanne en bankbesonderhede. 

* Jou navraag plaas jou onder geen verpligting om wel 'n inbetaling te maak nie.


Note: Please fill out the fields marked with an asterisk.


So werk ons kursusse:

* Jy werk teen jou eie pas per e-pos op 'n een-tot-een basis saam met 'n gepubliseerde, bekroonde mentor aan jou kursusverhaal of -artikel.

* Kursusmateriaal is toeganklik en in keurige Afrikaans geskryf.

* Elke kursus ontvou stapsgewys, module vir module, en voer jou van die vind van 'n geskikte idee tot en met 'n voltooide manuskrip.

* Elke module eindig in 'n werkstuk wat jy moet instuur vir terugvoer deur jou mentor/kursusleier.

* Kundige terugvoer op elke werkstuk bereik jou inkassie binne 7 dae nadat jy dit ingestuur het. Terugvoer is breedvoerig, maar ook spesifiek, en geskied direk op jou skryfwerk met behulp van spoorveranderings en kommentaarblokkies sodat jy presies kan sien wat jy moet verander en ook hoe jy dit moet doen.

* Betaling kan eenmalig wees, wat 'n ekstra korting insluit, of jy kan van ons betaalplanne gebruik maak.

* Kursusgangers voltooi gewoonlik 1 module per maand, maar wees gerus, jy het tot vyf jaar om jou kursus te voltooi. Die lang tydsduur verskaf aan jou beweegruimte ten opsigte van die tempo waarteen jy kan of wil werk.


Elke kursus bied aan jou 'n unieke geleentheid om jou skryfvaardighede te ontwikkel en te slyp onder leiding van 'n gepubliseerde, gegradueerde kursusleier. Die idee is dat jy uitdrukking sal gee aan jou kreatiwiteit en ook in die toekoms met jou skryfwerk sal verdien.