Skryfgeheime- aanlyn skryfskool

Publikasiegerigte media- en kreatiewe skryfkursusse


KIES 'n KURSUS


Gepubliseerde Skryfgeheime-studente
Enkele gepubliseerde Skryfgeheime-studente

Wonder jy nog altyd hoe om 'n publiseerbare boek, kortverhaal of artikel te skryf en op die rakke te kry?

     By Skryfgeheime ontvang jy die nodige  kennis en leiding om jou in 'n gepubliseerde skrywer of joernalis te omskep. 

     Belê vandag nog in jou toekoms en sluit aan by ons groeiende groep nuwe skrywers en joernaliste wat gereeld deur gerekende nasionale tydskrifte en uitgewers gepubliseer word en outeursgeld verdien.

    Kies enige van ons sewe uitmuntende skryfkursusse. Kies met jou hart. Jy sal gou besef dat skryfbeginsels universeel is en dat jy jou nuwe kennis ook op ander genres kan toepas.  

 

* Praktiese Kreatiewe Skryfkursus: 

Oefen kennis en skryftegniek in terwyl jy 'n storielyn ontwikkel en 'n kortverhaal skryf. Ideaal vir hoërskoolkinders (4 modules).   

 

* Algemene Kreatiewe Skryfkursus:  

Ons vlagskipkursus. 'n Suksesvolle tweestroomkursus waartydens jy 'n publiseerbare kortverhaal, tydskrifstorie, skets, novelle of vollengte boek (enige genre) ontwikkel en skryf (8 modules). 

 

* WriteSmarter Creative Writing Course:

Designed to lead you from finding a suitable story spark to a completed manuscript. The ultimate goal is publication of your short story or novel by a reputable publisher or magazine (8 modules).

 

* Kursus in Vryskutjoernalistiek: 

Verdien jou kursusgeld terug en ontwikkel en skryf 'n markgerigte tydskrif- of foto-artikel, 'n berig of webinhoud vir die gedrukte en/of digitale media onder leiding van 'n ervare, gegradueerde vryskutjoernalis (8 modules). 

 

* Kinder- en jeugboekkursus:  

Spreek jou teikenlesers se leesbehoeftes aan en leer skryf opwindende storieboeke met drie-dimensionele karakters vir teikenlesers van 8-14 jaar (10 modules). 

 

* Prenteboekkursus:  

'n Unieke, interaktiewe kursus vir almal wat daaroor fantaseer om boeke vir pikkies van 2-7 jaar te skryf (7 modules). 

 

* Klim-uit-jou-kassie-kortkursus vir die skryf van distopiese verhale:

Wie voel nie dadelik bedreig deur die idee van 'n onderdrukkende distopia nie? Hierdie genre is besig om te groei - en nie sonder rede nie. Spring in en skryf saam m.b.v. hierdie prikkelende korkursus. (Handleiding van 40 blaaie met terugvoer op jou skryfwerk.)

 

* Klim-uit-jou-kassie-kortkursus vir die skryf van liefdesverhale:

Gedurende hierdie kursus bring jy twee mense suksesvol bymekaar met 'n kortverhaal vol prikkelende wendings. (Handleiding van 38 blaaie met terugvoer op jou skryfwerk.)

 

Dienste:

* Manuskripbeoordeling & redigering: 

Jy ontvang redigering van of 'n verslag oor jou manuskrip of skryfstuk met 'n bespreking van die publikasiemoontlikhede en riglyne vir die verbetering daarvan.  

 

* Skryfstyl- en taalopknapper:   

'n Selfdoenkursus vir verbeterde taalkennis, skryftegniek en skryfstyl (70 blaaie en 35 take met uitgewerkte memoranda).    


Of kry die e-brosjures per e-pos en bestudeer dit rustig tuis:

* Dit bevat alle nodige kursusinligting, sowel as die betaalplanne & bankbesonderhede. 

* Jou navraag plaas jou onder geen verpligting om wel in te skryf nie.


Note: Please fill out the fields marked with an asterisk.