Sluit aan by ons groeiende groep suksesvolle voltydse en vryskutskrywers en -joernaliste wat gereeld die kollig haal met hul kortverhale, boeke, artikels en bekronings.
Karien Allers skryf: "Dineke Volschenk van Vrouekeur het my laat weet sy het my storie 'Melktertkoors' aanvaar!" Karien volg die Algemene Kreatiewe Skryfkursus.
Susan Stander skryf: "Oxford University Press het my manuskrip, Barbarossa, vir publikasie aanvaar. Die beoogde publikasiedatum is Februarie 2016. Baie dankie weer eens vir jou kursus, jy maak drome waar!" Susan het die Kinder-en-jeugboekkursus voltooi. [Haar boek handel onder meer oor hondegevegte en is uiteindelik uitgegee as Bekgeveg.]
Barbara van den Berg skryf: "Elf van my gediggies is opgeneem in NB Uitgewers se peuterverseboek en drie in die KANSA-bundel. Vyf versies is op die kortlys vir NB se kleuterverseboek." Barbara het die Kinder- en jeugboekkursus gevolg.
Judy Troskie skryf: "Elli en Dewald se storie het vlerke gekry! My manuskrip is deur Lapa Uitgewers goedgekeur vir publikasie onder die titel Ritme van die nag. Ek het ook my kontrakte ontvang vir Rympies vir Pikkies en Peuters (NB Uitgewers) en my kindervervolgverhaal by Kliek-Click. Boonop is my volgende manuskrip reeds 3/4 klaar. Baie dankie vir jou bydraes tot my suksesse. Aan al jou huidige studente: vasbyt, die vrugte is soet." Judy het die Algemene Kreatiewe Skryfkursus gevolg.
Johan Fourie se ekologiese spanningsverhaal Spoor van die perlemoenstropers verskyn by Naledi Uitgewers. Johan het die Algemene Kreatiewe Skryfkursus gevolg.
Desiree Botha skryf: "Hiermee 'n foto van die talentkompetisie wat ek beoordeel het, ek het dit baie geniet, dankie dat jy dit voorgestel het. Ander nuus is soos volg: my storie Ajamu and the Gumgors is vir die Nal'ibali-projek aanvaar, KliekClick het ’n storie aanvaar, en ek werk aan ’n nuwe TV-program vir SABC1. Dankie weer eens vir alles." Desiree het die Kinder-en-jeugboekkursus voltooi.
Troula Goosen se manuskrip Spooksoene is deur Protea Boekhuis vir publikasie aanvaar. Troula skryf: "Ek brand om jou te vertel. Hier is die kontrak, Protea het my manuskrip aanvaar!" Troula het die Kinder-en-jeugboekkursus gevolg. [Foto: Troula se kontrak]
Shirley Lessing se kursusverhaal Die geheim van die vissersdorpie is deur Kliekclick vir publikasie aanvaar. Shirley het die Algemene Kreatiewe Skryfkursus gevolg.
Petro le Roux voltooi die Kursus in Tydskrifjoernalistiek en presteer soos volg: twee artikels word deur Vrouekeur vir publikasie aanvaar. Petro skryf: "Dankie vir die fantastiese kursus!"
Mariette Breytenbach se foto-artikel oor haar Amerika-toer is deur WegSleep vir publikasie aanvaar. Mariette volg die Skryfgeheime-kursus in tydskrifjoernalistiek.
Anita van den Aardweg skryf: "Vir een volle jaar het ek aan hierdie boek gewerk: 28 hoofstukke, 8 maande se navorsing. Dankie vir jou hulp." Anita het die Algemene Kreatiewe Skryfkursus gevolg. [Foto: Anita se voorblad]
Elsabie van der Westhuizen skryf: "My kursusartikel 'Borskanker het ons liefde versterk' verskyn in Oktober in Lig. Ek is ongelooflik dankbaar." Elsabie het die Tydskrifkursus gevolg.
Helena le Roux skryf: "Ek wil net sê Litnet het my storie, 'Wil jy dans, Daleen?' op hul webwerf geplaas." Helena het die Algemene Kreatiewe Skryfkursus gevolg.
Antoinette Diedericks skryf: "My skets, 'Die hoenders in oor aapstreke', het in Huisgenoot van 17 Julie 2014 verskyn." Antoinette het die Kinder-en-jeugboekkursus sowel as die Tydskrifkursus gevolg.
Die roman Blou trane deur Daniella Day (skuilnaam) is in 2014 deur Lapa Uitgewers gepubliseer. Daniella het die Algemene Kreatiewe Skryfkursus gevolg.
Rykie Greyvenstein se kursusverhaal Konsternasie in die hawe is deur Vivlia Uitgewers vir publikasie aanvaar en verskyn in 2014. Rykie skryf: "Baie dankie vir ALLES. Skryfgeheime het my regtig ontsettend baie gehelp." Rykie het die Kinder-en-jeugboekkursus gevolg.
Danelle Bosch skryf: "Ek is uit my vel! Vanoggend tel ek Weg se Februarie-uitgawe op, en wraggies, daar is my artikel oor drie bladsye: 'Stywe lyne op ys'. Dankie vir die awesome tydskrifkursus." Die artikel wat Danelle oor die bergforel-en-ysfees in Korea geskryf het, is in Go gepubliseer as "Ice, Ice Baby". Danelle het die Kursus in Tydskrifjoernalistiek gevolg.
Aletta van Staden skryf: "Was vandag Checkers toe (hoeka oor my skoonma gesê het daar’s ’n verrassinkie vir my). Koop toe die Rooi Rose en die oomblik toe ek in die kar sit, blaai ek daardeur. En wraggies, daar is dit ... 'Met Victor Matfield in 'n Uno'. Geskok is nie die woord nie." Aletta het die Algemene Kreatiewe Skryfkursus gevolg.
Antoinette Venter skryf: "Janie, ek wil jou net laat weet, jou kursus is sowaar fantasties en leersaam. Ek het deur jou kommentaar op my littelosmaker gewerk en die nodige aanpassings gemaak. Ek het gefokus op die essensie soos deur jou verduidelik. Daarna het ek dit ingestuur vir Vrouekeur en hulle het dit sowaar vir publikasie aanvaar." Antoinette het die Algemene Kreatiewe Skryfkursus gevolg.
Madeleen Viljoen-Theron skryf: "Ek was deel van die Pearson-projek vir Graad R tot Graad 1, Vlak 4, en was dit 'n uitdaging. Dis anders om vir kleintjies te skryf, jy moet soos hulle dink: wat hulle vrees, bekoor en fassineer. As dit nie was vir jou en Skryfgeheime nie, sou ek eerstens nie die geleentheid gehad het nie en tweedens nie die nodige kundigheid nie. Baie dankie." Madeleen het die Kinder-en-jeugboekkursus gevolg.
Ilze Beukes skryf: "My kleinseun is in vervoering oor 'n storie wat ek twee jaar gelede vir 'n leesboekreeks by Via Afrika geskryf het. Halfpad het hy so meegevoer geraak dat hy begin vertel het hoe hy met sy super powers sal opvlieg om die voëltjie te red. Dit het my weer eens laat besef waarom ek skryf: om kinders se verbeelding aan te gryp, 'n liefde vir lees aan te kweek en 'n kosbare oomblik in iemand se lewe te skep. Dankie dat jy my op daardie pad gekry het." Ilze het die Kinder-en-jeugboekkursus voltooi.
Anita du Plessis se romanse Wette van die hart is gepubliseer deur Malan Media as deel van hulle Donker Sjokolade-reeks. Anita het die Algemene Kreatiewe Skryfkursus gevolg. [Foto: Anita se voorblad]
Bertha Lewis skryf: "Met die tydskrifkursus was een van die opdragte om uit te vind watter publikasies wel vryskutte se werk aanvaar. So skakel ek 'n paar tydskrifte en die redaktrise van die Rooivleis-produsente se tydskrif is gewillig om vir my (groentjie wat nog 'n kursus volg) 'n kans te gee. Nimmer bang vir 'n uitdaging skryf ek toe die artikel wat hulle later aanvaar! Dankie vir al jou hulp (en Liezl s'n) - ek geniet hierdie joernalistiekkursus vreeslik!" Bertha het die Kinder-en-jeugboekkursus gevolg en is tans besig met die Kursus in Tydskrifjoernalistiek.
Johan Kotze voltooi die Algemene Kreatiewe Skryfkursus en presteer soos volg: sy kortverhaal 'Roemdrome' is een van tien finaliste in Lapa Uitgewers en Woes se kortverhaalkompetisie. Johan verower ook 'n skrywerswerkswinkel by Koos Kombuis.
Henriette Louw publiseer in Nasou Via Afrika se skoolboekreeks. Die oudioboek Houtlepels en hansworse verskyn by Betathanpaper Productions. Henriette het die Kinder-en-jeugboekkursus gevolg.
Amper vyftig Skryfgeheime-skrywers haal die langlys vir NB Uitgewers se Verseboek vir pikkies en peuters: Danelle Bosch, Alwerí Brand, Ilze Beukes, Miranda de Jager, Monja Beyers, Antoinette Diedericks, Celeste Slabber-Loriston, Liesel Bösenberg, Ernesta Clark, Marianne Collen, Tanita da Silva, Hantie de Beer, Retha de Wet, Alida Delport, Ans du Preez, Hantie Erasmus, Martelize Faber, Danie Fourie, Barbara Geldenhuys, Lydia Gittens, Troula Goosen, Willemien Granger, Riekie Greyling, Driekie Grobler, Estelle Henning, Nita Kearney, Maryke Greyvenstein, Wilmien Kriel, Juria Labuschagne, Natasja Leach, Vi le Roux, Anton Lombard, Henriëtte Louw, Mitz Malan, Letty-Ann Malherbe, Santi McDiarmid, Ansie Nel, Annatjie Padrao, Susan Pieters, Elrien Scheepers, Martie Sipsma, Marietjie Steenberg, Marieta Thüneman, Judy Troskie, Lida van As, Gardiol van de Venter, Julanda van der Merwe, Elsabie van der Westhuizen, Idette Venter, Marjorie Whatley.
Zuanné-Marie Joubert skryf: "Ek wou wag tot my boek Kinders van die wind op die rakke is, maar almal se suksesverhale maak my te opgewonde. Die kursus by jou het my gehelp om hierdie ware verhaal leesbaar en interessant te maak. Die boek het sy ontstaan gehad uit briefies wat straatkinders vir my geskryf het toe ek vir byna ’n dekade lank swerfkinders by my aan huis geneem het. Die afgelope paar maande was daar reeds mediadekking in Finesse, Rekord en Eastern Times." Zuanné-Marie het die Algemene Kreatiewe Skryfkursus gevolg.
Anneke Louw skryf: "Vrouekeur gaan my artikel 'Wenke vir jou huwelik van die minnares' in Februarie 2013 publiseer en Lig oorweeg my artikel 'Velcro-baba' vir hulle Maart-uitgawe." Anneke volg die Kursus in Tydskrifjoernalistiek.
Pieter Saayman is die Mei-wenner van Vrouekeur se lees-en-stem-wedstryd met sy kortverhaal "Winkelpop". Pieter het die Algemene Kreatiewe Skryfkursus gevolg.
Maria Prinsloo se verhaal Sprokieland verskyn as oudioboek by Betathanpaper Productions. Maria het die prenteboekkursus voltooi.
Elrien Scheepers voltooi die Kinder-en-jeugboekkursus en presteer daarna soos volg: die novelle Die draakprinse verskyn by Oxford University Press en die novelle Die wit leeus van Skukuza by Nasou Via Afrika. Sy skryf ook verskeie kort stories vir Nasou Via Afrika se leesreekse.
Gardiol van de Venter skryf: "Hallo Janie, dankie vir die inligting oor die peuterversies en dankie vir jou hulp om die versies af te rond."
Die keurder skryf: "Vanoggend sit ek met trane in my oë – oor die versies 'My maatjie' en 'Rolstoel' ... Dit is wonderlike versies, pragtig en in die kol, oor onderwerpe waaroor die meeste skrywers nie skryf nie, en juis daarom is ek baie bly."
Amanda Claassens skryf: "Oktober is ’n goeie maand vir my! Kuier van 9 Oktober, wat tans op die rakke is, het ’n skryfstuk van my gepubliseer. Dan verskyn my uitgebreide littelosmaker, 'Waar ambisie eindig', in Vrouekeur van 26 Oktober. Nogal opwindend. Intussen het ek ook gehoor dat ’n koffietydstorie, '’n Storie kry ’n stert', in Vrouekeur van 28 Februarie 2014 sal verskyn en 'Drie vir die eet' op Vrouekeur se webblad in November 2013." Amanda het Skryfgeheime se Algemene Kreatiewe Skryfkursus in 2011 voltooi.
Tanita da Silva voltooi die Kinder- en jeugboekkursus in 2011. Sy skryf verskeie kort stories vir Nasou Via Afrika se leesboekreekse, asook die novelle Met die potlood. Haar skets "Kat aan die stert beet" verskyn in My Tyd, Rapport. Tanita skryf: "Tot my verbasing het die kinderboekkursus my toegerus om oor genres heen te skryf." Tanita het onlangs ingeskryf vir die Algemene Kreatiewe Skryfkursus.
Driekie Grobler skryf: "Janie, ek kom nou net van die GHA se glansgeleentheid af. Dis die eerste keer dat ek aan hulle kompetisie deelneem – en wat 'n verrassing! Van die 10 gedigte wat ek ingeskryf het, is 6 opgeneem in die bloemlesing: Stemme uit die Suiderland VIII. En toe die groot verrassing: my gedig 'Want ek is vrou' is die algehele wenner, en daar verower ek sowaar 'n lekker kontantprys, my eerste outeursgeld. My hart loop oor."
Jeanette van As voltooi die Kinder-en-jeugboekkursus. Sy presteer met Poetic Fairyland wat as oudioboek deur Betathanpaper Productions opgeneem is en versprei word. Een van haar verhale "Prinses Annabella" is opgeneem in Nasou Via Afrika se leesboekreeks. Sy was maar elf toe dit alles gebeur het.
Antoinette Diedericks voltooi die Kinder-en-jeugboekkursus, die Prenteboekkursus sowel as die Kursus in Tydskrifjoernalistiek. Van haar sketse verskyn in Huisgenoot, sy publiseer ook by Nasou Via Afrika en NB Uitgewers.
Van Elrien Scheepers se gedigte verskyn in die bloemlesings Rymreise (Nasou Via Afrika) en Toulopers (Lapa Uitgewers). Elrien skryf: "’n Jaar gelede was 'publiseer' vir my net iets wat in ’n wetenskaplike joernaal gebeur, nou is die woord heeltemal anders ingekleur, danksy jou."
Lizelle le Roux se kursusverhaal Zolise se droom is deur Vivlia Uitgewers vir publikasie aanvaar.
Marlene Potgieter se eerste werkstuk is in Vrouekeur gepubliseer as “Selfmoord, ’n vreugdesteler”. Marlene skryf: "Ek was totaal en al verstom. Skielik voel ek so 'n klein bietjie trots op myself." Marlene volg die Kursus in Tydskrifjoernalistiek.
Erika Bester se eerste manuskrip in die beplande Dragonian-reeks is deur GMTA Publishers in die VSA vir publikasie aanvaar. Erika volg die WriteSmarter Creative Writing Course.
lze Beukes voltooi die Kinder-en-jeugboekkursus in 2012. Haar verhale "Spookmeisie" en "Vleisboek-Facebook" is opgeneem in Nasou Via Afrika se leesboekreeks vir skole.
Maritza du Preez skryf: "Ek het pas die skryf-die-slot-van-jou-gunstelingsepie-kompetisie in Finesse gewen. Wat nog meer opwindend is, is dat ek vir 'n dag die stel van Binneland gaan besoek en dan ook van die akteurs daar sal ontmoet! Daar is ook 'n werkswinkel met Susan Coetzer ingesluit. Dit is tog op die ou einde lonend om aan te hou probeer."
Jan du Toit presteer met die humoristiese skets "Huweliksherdenking" in Huisgenoot. Hy het die Algemene Kreatiewe Skryfkursus voltooi.
Madeleine van Nuwenhuys voltooi die Kinder-en-jeugboekkursus in 2010. Haar novelle Sweepsoldaat van Sondelani is deur Nasou Via Afrika vir publikasie aanvaar. [Sien foto]
Sorietha Hugo skryf: "Janie, ek moet net eers iets met jou deel. Iemand van die Dept. van Onderwys het my Dinsdag gebel en gevra of ek die nuwe Nasionale Lewensvaardigheidswerkboek vir Graad 1 wil skryf. Ek is nou druk besig daarmee, want dit moet teen Augustus klaar wees. Baie harde werk, maar opwindend. Om te dink ... die hele Suid-Afrika se Graad 1's gaan volgende jaar my boek doen! Dankie vir al jou inspirasie."
Troula Goosen voltooi die Kinder- en jeugboek-kursus in 2011 en publiseer daarna etlike werke, o.a. drie novelles: Lakadiga, die geheim van die verlore stad (Oxford University Press), Liefde is nie lelik nie en Die donker gat (laasgenoemde twee by Nasou Via Afrika). Sy skryf ook verskeie kort stories vir skoolboekreekse.
Dawie Louw voltooi die Algemene Kreatiewe Skryfkursus binne rekordtyd en publiseer o.a. die volgende verhale in Huisgenoot: "Vadersdag", "Om die noodlot te tart", "'Emmertjie vir sop", "Volmaakte Moedersdag", "Tweede kans", "Huisie in Hoopstraat", "Beelde in 'n bos", "Die waternimf", "Tralita se sprokiesdans", "Tyd vir 'n besluit", "Die vygie", "Lugspieëling", "Vrou met ’n kruik", "Diep geheim" en "Altaarkop". (En nog vele meer ...)
Danelle Kritzinger voltooi die Kursus in Tydskrifjoernalistiek. Sy presteer soos volg: die artikel "December Streets" word deur Saltwater Girl vir publikasie aanvaar. Dieselfde tydskrif stel haar as junior vryskutjoernalis aan. 'n Tweede artikel "You too can be a teacher in Korea" verskyn in Teenzone.
Flippie Jacobs skryf: "Dankie vir alles wat ek al geleer het – hier by die werk praat ek al met gesag oor boeke en manuskripte en die kursus is nog nie eens halfpad nie." Flippie het die Prenteboekkursus blitsig voltooi. Sy bundel Totsiens en ander gedigte het onlangs verskyn.
Lourien Leeuwner se gedig "Spesiaal vir die mans!" is deur die Bloemfonteinse Skrywersvereniging in die bundel Inkvars 2013 opgeneem. Sy verower deelname aan 'n skryfskool vir ontluikende skrywers aangebied deur Leon van Nierop. Kougomharte, haar bundel kortverhale en gedigte is onlangs gepubliseer. Sy is besig met die Algemene Kreatiewe Skryfkursus.
Monja Verwey se kortverhaal "Vroumense en vlermuise" is vir publikasie aanvaar deur Vrouekeur as ’n “koffietyd”-verhaal. Van haar kinderstories verskyn in Nasou Via Afrika se skoolboekreeks vir graad 7 tot 9. Monja het die Prenteboekkursus sowel as die Algemene Kreatiewe Skryfkursus voltooi. Sy is tans besig met die Kinder-en-jeugboekkursus.
Tania Fourie se kursusverhaal Verraad in die blou dieptes is as oudioboek deur Betathanpaper Productions opgeneem en word deur hulle versprei. Tania het die Prenteboekkursus gevolg.
Pierre van der Westhuizen se foto-artikel "Stap, roei en wild" verskyn in Die Burger (Buite). Pierre het die Kursus in Tydskrifjoernalistiek in 2012 voltooi.
Santi McDiarmid se humoristiese skets "Barbierfobie" verskyn in Rooi Rose. ’n Verdere twee sketse "Ontnugtering" en "Vind só jou geesgenoot" is pas deur dieselfde tydskrif vir publikasie aanvaar. Santi het die Algemene Kreatiewe Skryfkursus voltooi.
Rykie Greyvenstein se gedig "Spoed" is opgeneem in die Platinum-skoolboekreeks uitgegee deur Maskew Miller Longman (Pearson). Rykie is besig met die Kinder- en jeugboek-kursus.
Driekie Grobler se skets "Ver pad na verligting" verskyn in Huisgenoot (Blaaskans), en "Wat die hart van oorloop" verskyn in Kuier. Haar gedig "Wat is 'n held?" verower 'n Woes-toekenning en word oor die radio voorgelees.
Driekie sê: "Laas was ek derde, nou tweede, volgende keer eerste." Driekie het die Algemene Kreatiewe Skryfkursus voltooi en is tans besig met die Kursus in Tydskrifjoernalistiek.
Susan Stander voltooi die Kinder-en-jeugboekkursus. Haar kursusverhaal, die novelle Patch van Smartietown, is deur Oxford University Press uitgegee.
Phillip Brand se wenkortverhaal "Gewapende kerkgangers" verskyn in die bloemlesing Nuwe stories 2012, Human & Rousseau. Phillip het die Kinder-en-jeugboekkursus gevolg.
Amanda Claassens voltooi die Algemene Kreatiewe Skryfkursus in 2011. Na voltooiing presteer sy soos volg: sy wen die Petru-Nell-skryfkompetisie met haar kortverhaal "'n Blom wat stom is". Sy presteer ook in Vrouekeur met drie kortverhale: "Die losprys", "Die barber se moeilikheid" en "Waar ambisie eindig".
Amanda skryf: "Baie dankie vir jou positiewe terugvoer, dit was 'n lesing op sigself! Ek het so baie daaruit geleer en gaan verseker nog baie daarna terugverwys."
Skryfgeheime-medewerkers aan die digbundel Woorde uit-en-oor Die Groot Karoo sluit in: Francois Joubert, Conrad Cockroft, Ester Beyleveldt, Corrie Cross, Elrien Scheepers, Marieta Appelgrein, Maritza du Preez en Sarlene Horn.
Marianne Collen skryf oor genres heen. Sy voltooi die Prenteboekkursus in 2010. Sedertdien verskyn die kortverhaal "Die sjef en die kunstenaar" in Sarie, die skets "Die wortelkoek" in Vrouekeur en die kinderverhaal Die dingvreter by Nasou Via Afrika. Marianne volg tans die Algemene Kreatiewe Skryfkursus.
Sonelle Devenier se skets "Kiemfobie" is deur Vrouekeur vir publikasie aanvaar. Sonelle volg die Algemene Kreatiewe Skryfkursus.
Leandra Naude het haar littelosmaker verwerk en as "Andrea se D-Dag" na Vrouekeur gestuur. Dit verskyn op die Vrouekeur-webblad en staan 'n kans om as die Lees-en-Stem-wenverhaal bekroon te word. Leandra is besig met die Algemene Kreatiewe Skryfkursus.
Anton Lombard presteer met die verhaal "Sodom en Gomorra" in Vrouekeur. Anton het die Algemene Kreatiewe Skryfkursus voltooi.
So skryf Ansie Nel: "Eindelik kan ek ook berig dat 'n kinderverhaal van my, Thumisang and Pulane, sukses behaal het. Nog nie gepubliseer nie, maar ek het rondgespring van blydskap toe ek die epos ontvang het. Ek het ingeskryf vir die Golden Baobab-wedstryd nadat jy vir ons die inligting gestuur het en my verhaal is vir publikasie aanvaar. Dankie vir die kursus in die eerste plek (waarna ek dikwels terugkeer vir leiding) en vir al die e-posse wat jy steeds gereeld stuur."
Madeleen Viljoen-Theron voltooi die Algemene Kreatiewe Skryfkursus. Van haar stories is opgeneem in Nasou Via Afrika se leesboekreekse. Sy presteer ook met die Vonkie-reeks by Fantasi Uitgewers.
Elzareé Cruywagen presteer met drie kortverhale in die bundel My kort vir jou sop, uitgegee deur Boekemakranka, naamlik "Eerste soen", "Gesprek" en "Verflenterde foto". Haar kortverhaal "Vivaldi en Bontrok" is deur Vrouekeur aanvaar. Sy het die Algemene Kreatiewe Skryfkursus voltooi.
NUUSBRIEF:
Kompetisies
Skryfkanse
Promosies
Maandeliks
Dankie vir die terugvoering en hoe jy dit gee. Ek vind die kursus interessant, motiverend en uitdagend, en wens net ek het al hierdie inligting al jare terug gehad. Om in te skryf vir jou kursus was een van my beste besluite ooit.
Yvette Bester
Jy het geen idee hoe baie ek al klaar geleer het vandat ek met hierdie kursus begin het nie, jy het regtig geen idee nie. So baie dankie vir al jou hulp.
Judy de Bruin
Ek geniet die kreatiewe skryfkursus baie en sien dat dit totaal anders is as om feitelike beriggewing vir die koerant te skryf. Baie dankie vir die goeie kommentaar op die vorige werkstuk. Gert Kruger
Baie dankie vir jou kommentaar, dis in die kol ... ek is oopkop in die ding in, en doen dit absoluut vir die pret en om myself te ontwikkel, en neem nie kritiek persoonlik op nie.
Sanél Hopkins
Dis amper soos om 'n nuwe taal aan te leer. Elke konsep wat jy snap, maak skielik tien deure oop! As ek nou die opdrag moes oordoen, sou ek reeds baie dinge verander het. Ek sal 'n paar dae lank rustig deur alles gaan en aan die storie skaaf. Daarna sal ek wegspring met module 2. Sien reeds uit daarna. Molly Lubbinge
Die kinderboekkursus is regtig opwindend en dis my plan om teen die einde ’n volledige manuskrip te hê. Albert Short
Baie dankie vir jou terugvoer, ek het al baie soorte kursusse gevolg en joune staan kop en skouers bo die res uit. Plus, jou terugvoer beantwoord elke keer alles waaroor ek gesit en wonder het terwyl ek skryf. Die enigste probleem is ek wil nie hê die kursus moet ooit ophou nie, ek geniet dit te veel. Melanie Pienaar
Jou terugvoer het my van vooraf geïnspireer. Dankie vir die moeite wat jy doen en die tyd wat jy spandeer aan my probeerslae. Jou wenke is die vuurhoutjies wat die kers aan die brand hou. Celia du Plessis
Ek waardeer jou kursus en al die moeite wat jy doen. Dit bring die realiteit na vore sonder om my op moedverloor se vlakte te laat sit, dit laat my vars en anders dink. Beslis die koste deur en deur werd. Elizma Coetzee
My woorde lyk nie meer soos 'n vervelige rytjie wasgoed aan 'n lang draad nie. Elsabé Bester
Lees vir ontspanning ontaard nou in 'n kritiese ontrafeling van teks, karakters en skryfstyl. Ek geniet dit terdeë. Johan Nel
Ek het deur jou terugvoer op my werkstuk gegaan. Dis absoluut wonderlik! Ek is al moedeloos met vriende en familie wat nie objektiewe terugvoer kan gee nie. Ek leer geweldig baie by jou. Erica Pretorius
As stokperdjieskrywer wil ek dankie sê vir al die hulp. Vandag, jare na ek vir die kursus ingeskryf het, blaai ek steeds deur die modules en terugvoer en kry sonder uitsondering nog iets wat my skryfwerk verryk. Dit sluit wenke sowel as motivering in. Jan Bonthuys
Jou kursus, en die storie wat jy vir my geredigeer het, was van onskatbare waarde, dis ongelooflik hoe baie 'n mens leer wanneer jy deur 'n geredigeerde weergawe van jou eie storie werk. Antoinette Venter
Die kursusse het vir my oneindig baie beteken. Ek gebruik elke dag in my werk van die dinge wat ek geleer het. Dit het ook vir my die moed gegee om te waag en te skep. Ek het so baie oor myself geleer. Henriëtte Louw
Almal wat wonder of hulle kan skryf, moet hierdie kursusse volg. Ek het ongelooflik baie selfvertroue gekry en ek kon met elke module sien hoe my skryfwerk verbeter. Suretha Brits
Ek merk dat die meeste van jou studente melding maak van jou positiewe houding en aanmoediging - dis waar. Marinda van Niekerk
Ek voel dat ek met 'n doel werk en dat elke werkopdrag op 'n gehalteproduk afstuur. Melodie Veldhuizen
Jy verdien 'n pronkveer vir jou skryfkursus. Daar is 'n logiese opbou van module tot module sodat selfs 'n leek soos ek in staat is om die legkaartstukke bymekaar te sit.
Rita Hofmeyr
Skryfgeheime voel vir my soos die deurgang na 'n nuwe lewenswyse. Dankie vir jou kommentaar op my werkstukke en vir jou aanmoediging. Willem Fourie
Ek het nog nooit 'n skrywer ontmoet wat my so effektief help nie.
Elna Nieuwoudt
Alles wat jy uitgelig het, was presies dit waarmee ek gesukkel het. Dit het heeltyd vir my gevoel daar kort iets, 'n "twist". Ek het ook gevoel my storie benodig ’n opwindende verandering, dit was net te "veilig". Ek is so opgewonde en sien uit daarna om verder daaraan te werk. Yolandi Odendaal
'n Mens is huiwerig om te sien wat iemand anders van jou werk dink, maar nou kan ek nie wag om al die wenke toe te pas nie. Alta van Niekerk
Jy groei baie as mens. In jouself en
ook in jou interaksie met mense. Jy leer besef die impak van woorde.
Elmarie Schultz
Ek was so verras toe ek die terugvoer
kry en sien jy kraak nie 'n ou se werk af nie. Marieta Thünemann
Ek gaan dit geniet om ou breinpatrone uit te vee en nuwes te maak. Ek voel glad nie meer afgetree nie.
Troula Goosen
Ek het verskriklik baie geleer oor myself, ander mense én die skryfambag. Jou verbeeldingryke prikkelvrae en praktiese skryftegnieke is die perfekte kombinasie. Riëtte Botma
Die kursus was so insiggewend en verrykend, ek het ongelooflik baie geleer. Myself dikwels bevraagteken en gewonder of ek ooit die ding onder die knie gaan kry. Maar ek is nie iemand wat maklik moed opgee nie en ook nie bang om te waag nie. Dankie vir al die handvashou. Adelle von Ronge Kotze
Die kursus het ander wêrelde en deure oopgemaak. Hoop om binnekort met die kinderboekkursus of joernalistiek te begin. Monja Beyers