Die sinopsis kan deurslaggewend wees wanneer dit kom by die sukses of mislukking van jou voorlegging. Wees daarop voorbereid dat jy, wanneer jy dit skryf, talle leemtes in jou manuskrip sal raaksien.
Die sinopsis is:
* 'n Handige raamwerk vir die skrywer self deurdat dit rigting gee aan die ontwikkeling en skryf van die manuskrip.
* 'n diagnostiese instrument wat die keurder by 'n uitgewery help om die storielyn/intrige (Engels: plot) vinnig en maklik te verstaan, want nie net weergee 'n goed geskrewe sinopsis die hoofpunte van die verhaal nie, dit laat ook leemtes en tekortkomings skerp uitstaan.
* 'n bemarkingsinstrument, 'n kort opsomming waarmee die skrywer die keurder se belangstelling prikkel (en hopelik gaande maak) sodat die keurder die hele manuskrip aanvra.
Die skrywer moet:
* die sinopsis in dieselfde styl of trant as die manuskrip skryf,
* die sinopsis kort hou, niks meer nie as een bladsy in enkelspasiëring, Times New Roman 12pt,
* besef dat die sinopsis oor die storie gaan, oor die gebeurtenisse, en nie oor die tema of dieper betekenis, of oor hoe die storie tot stand gekom het nie,
* besef dat die sinopsis, anders as die flapteks, nie 'n lusmaker is nie, maar dat dit alle geheime moet weggee.
Skryf ’n sinopsis met Randy Ingerson se sneeuvlokmetode:
Stap 1. Som jou verhaal op met ’n kernsin, bv. ’n Fisikus reis terug in die tyd om die apostel Paulus te vermoor. Mik vir uiters 15 woorde en moenie enige name in hierdie sin gebruik nie. Gebruik hierdie sin ook reg aan die begin van jou dekbrief as bemarkingsin.
Stap 2. Beskou jou storie as 'n probleem of doelstelling plus drie rampe en ’n einde. Hou dit in gedagte en skryf nou ’n 6-sin-paragraaf. Sin 1 is die 15-woord-kernsin hierbo. Sin 2 beskryf die hoofkarakter (protagonis) se probleem of doelstelling en benoem die opponent (antagonis) se betrokkenheid daarby. Sinne 3-5 beskryf die protagonis en die atagonis se betrokkenheid of rolle by die drie rampe waaruit die intrige bestaan. Sin 6 beskryf die einde of afloop. Onthou dat die hoofkarakter sy/haar probleem self moet oplos en direk by die einde betrokke moet wees.
Stap 3. Brei elke sin uit tot ten minste een volledige paragraaf met 'n onderwerpsin, drie of vier opvolgsinne en 'n slotsin. Sorg dat elke paragraaf kort, kragtig, helder en duidelik geskryf is.
Is jy klaar? lees jou sinopsis weer en sorg dat alle hoofpunte daarin vervat is en dat alle geheime wat nodig is om die storie te kan volg daarin opgeneem is.
Klop jouself op die skouer, want jy het nou 'n werkbare raamwerk vir jou verhaal geskep.
Aanvaar dat jou sinopsis nie perfek gaan wees nie en stuur dit in saam met jou manuskrip in vir beoordeling.
NUUSBRIEF:
Kompetisies
Skryfkanse
Skryfwenke
Maandeliks.
Baie dankie vir die terugvoer. Ek het so vinnig daardeur geloer, sover maak alles vir my baie sin. Dis amper soos om 'n nuwe taal aan te leer. Elke konsep wat jy snap, maak skielik tien deure oop! As ek nou die opdrag moes oordoen, sou ek reeds baie dinge verander het. Ek gaan 'n paar dae lank rustig deur alles gaan en aan die storie skaaf. Daarna sal ek wegspring met module 2. Sien sommer reeds uit daarna. Molly Lubbinge
Die kinderboekkursus is regtig opwindend en dis my plan om teen die einde ’n volledige manuskrip te hê. Albert Short
Baie dankie vir jou terugvoer, ek het al baie soorte kursusse gevolg en joune staan kop en skouers bo die res uit. Plus, jou terugvoer beantwoord elke keer alles waaroor ek gesit en wonder het terwyl ek skryf. Die enigste probleem is ek wil nie hê die kursus moet ooit ophou nie, ek geniet dit te veel. Melanie Pienaar
Jou terugvoer het my van vooraf geïnspireer. Dankie vir die moeite wat jy doen en die tyd wat jy spandeer aan my probeerslae. Jou wenke is die vuurhoutjies wat die kers aan die brand hou. Celia du Plessis
Ek waardeer jou kursus en al die moeite wat jy doen. Dit bring die realiteit na vore sonder om my op moedverloor se vlakte te laat sit, dit laat my vars en anders dink. Beslis die koste deur en deur werd.
Elizma Coetzee
Die terugvoer is wonderlik! Leersaam! Nou is ek so opgewonde, ek kan nie wag om die aanpassings te maak nie. Ek geniet dit gate uit. Yolande van der Merwe
My woorde lyk nie meer soos 'n vervelige rytjie wasgoed aan 'n lang draad nie. Elsabé Bester
Lees vir ontspanning ontaard nou in 'n kritiese ontrafeling van teks, karakters en skryfstyl. Ek geniet dit terdeë. Johan Nel
Ek het deur jou terugvoer op my werkstuk gegaan. Dis absoluut wonderlik! Ek is al moedeloos met vriende en familie wat nie objektiewe terugvoer kan gee nie. Ek leer geweldig baie by jou. Erica Pretorius
Baie dankie vir 'n heerlike kursus, ek
het baie geleer en dit werklik geniet.
Wil graag nog 'n Skryfgeheime-kursus volg. Net nie seker watter een nie, almal klink interessant. Lindy Schoonees
As stokperdjieskrywer wil ek dankie sê vir al die hulp. Vandag, jare na ek vir die kursus ingeskryf het, blaai ek steeds deur die modules en terugvoer en kry sonder uitsondering iets wat my skryfwerk verryk. Dit sluit wenke sowel as motivering in. Jan Bonthuys
Jou kursus, en die storie wat jy laas vir my geredigeer het, was van onskatbare waarde, dis ongelooflik hoe baie 'n mens leer wanneer jy deur 'n geredigeerde weergawe van jou eie storie werk. Antoinette Venter
Die kursusse het vir my oneindig baie beteken. Ek gebruik elke dag in my werk van die dinge wat ek geleer het. Dit het ook vir my die moed gegee om te waag en te skep. Ek het so baie oor myself geleer. Henriëtte Louw
Hierdie kursus is heerlik vars, baie dankie vir jou insette en motivering. Elmien de Klerk
Almal wat wonder of hulle kan skryf, moet hierdie kursusse volg. Ek het ongelooflik baie selfvertroue gekry en ek kon met elke module sien hoe my skryfwerk verbeter. Suretha Brits
Baie dankie vir die ooglopend baie tyd wat jy aan my werkstuk spandeer het. Hierdie kursus was een van my beste besluite vir die nuwe jaar. Johan Kotzé
Ek merk dat die meeste van jou studente melding maak van jou positiewe houding en aanmoediging - dis waar. Marinda van Niekerk
Jou kommentaar het my dag gemaak! Dis opbouend, en ek verstaan presies hoekom jy elke verandering of verbetering voorstel. Martelize Faber
Ek voel dat ek met 'n doel werk en dat elke werkopdrag op 'n gehalteproduk afstuur. Melodie Veldhuizen
Jy verdien 'n pronkveer vir jou skryfkursus. Daar is 'n logiese opbou van module tot module sodat selfs 'n leek soos ek in staat is om die legkaartstukke bymekaar te sit. Rita Hofmeyr
Skryfgeheime voel vir my soos die deurgang na 'n nuwe lewenswyse. Dankie vir jou kommentaar op my werkstukke en vir jou aanmoediging. Willem Fourie
Ek het nog nooit 'n skrywer ontmoet wat my so effektief help nie. Elna Nieuwoudt
Alles wat jy uitgelig het, was presies dit waarmee ek gesukkel het. Dit het heeltyd vir my gevoel daar kort iets, 'n "twist".
Ek het ook gevoel my storie benodig ’n opwindende verandering, dit was net te "veilig". Ek is baie opgewonde en sien uit daarna om verder daaraan te werk.
Yolandi Odendaal
'n Mens is huiwerig om te sien wat iemand anders van jou werk dink, maar nou kan ek nie wag om al die wenke toe te pas nie. Alta van Niekerk
Jy groei baie as mens. In jouself en
ook in jou interaksie met mense. Jy leer besef die impak van woorde. Elmarie Schultz
Dankie vir die kommentaar. Dis leersaam, insiggewend en interessant, én dit motiveer my. Jolien Fourie
Ek kan omtrent nie die werkstukke neersit nie! Lenie Coetzee
Ek was so verras toe ek die terugvoer
kry en sien jy kraak nie 'n ou se werk af nie. Marieta Thünemann
Ek gaan dit geniet om ou breinpatrone uit te vee en nuwes te maak. Ek voel glad nie meer afgetree nie. Troula Goosen
Ek sal jou kursus oral aanbeveel. Alles begin nou sin maak en ek geniet die skrywery terdeë. Yolande Fourie
Ek het verskriklik baie geleer oor myself, ander mense én die skryfambag. Jou verbeeldingryke prikkelvrae en praktiese skryftegnieke is die perfekte kombinasie. Riëtte Botma
Die kursus was so insiggewend en verrykend, ek het ongelooflik baie geleer. Myself dikwels bevraagteken en gewonder of ek ooit die ding onder die knie gaan kry. Maar ek is nie iemand wat maklik moed opgee nie en ook nie bang om te waag nie. Dankie vir al die handvashou. Adelle von Ronge Kotze
Dis die beste belegging wat ek nog gemaak het. Die kursus het ander wêrelde en deure oopgemaak. Hoop om binnekort met die kinderboekkursus of joernalistiek te begin. Monja Beyers