Skryfgeheime- aanlyn skryfskool

2023/2024-PROMOSIE:

Skryf vir oulaas in teen 2021 se prys

Nog net tot 31 Januarie!

 


As skryf op jou wenslys is en jy graag jou storie op die rakke wil kry, nooi ons jou om sommer vandag nog in te skryf vir 'n skryfkursus - teen die betaalplanne wat in 2021 gegeld het. Hou asseblief in ag dat plekke beperk is en dat die onderskeie kursusse gaan toemaak soos hulle vol word.    

    Wonder jy waarom juis die 2021-betaalplanne aan die bod is?

    Gedurende die Covid-periode het ons ons pryse aanvanklik verlaag en daarna min of meer konstant gehou. Ons kan hierdie tendens egter nie langer volhou nie, en na drie jaar van ekstralae pryse sal ons ons pryse in 2024 weer verhoog.

     Dis nie 'n maklike besluit nie, want my visie was nog altyd om die beste skryfkursusse teen die billikste pryse aan te bied en 'n liefde vir boeke, stories en skryf te bevorder. Daarvan getuig die drie uiters billike kortkursus-skryfkompetisies (moord, liefde en distopies) wat ons die afgelope drie jaar aangebied het en wat volgens alle terugvoer nie net groot pret was nie, maar ook uitdagend en leersaam. Dankie weer eens aan al die deelnemers vir hulle stories en terugvoer.


Kies jou kursus (of kursusse) teen 2021-betaalplanne

Met die uitsondering van die Praktiese Kreatiewe Skryfkursus, fokus al ons kursusse op die vind van 'n geskikte storievonk en die ontwikkeling van 'n manuskrip (hetsy artikel, tydskrifverhaal, kortverhaal of vollengte boek) met die oog op voorlegging aan 'n geskikte nasionale tydskrif of uitgewer.


Praktiese Kreatiewe Skryfkursus (4 modules):

Spesifiek vir aspirante, beginnerskrywers en hoërskoolkinders. Gedurende hierdie geïntegreerde kursus gaan jy 'n kortverhaal ontwikkel en skryf terwyl jy die nodige skryftegniek bemeester en jou uitdrukkingsvermoë, taalkennis en storiekenns uitbou. Lees meer oor die kursus.

Algemene Kreatiewe Skryfkursus (8 modules):

Is fiksie vir volwassenes jou voorliefde? Hierdie dubbelloopkursus lei jou van storievonk tot voltooide kortverhaal, tydskrifstorie of vollengte boek gereed vir voorlegging aan 'n geskikte uitgewer of tydskrif. Lees meer oor die kursus.

Mediakursus vir vryskutjoernalistiek

(8 modules):

Kry 'n voorsprong met hierdie unieke geleentheid om onder die direkte leiding van 'n suksesvolle,  gegradueerde vryskutjoernalis aan jou kursus te werk, asook aan jou artikel of webinhoud. Begin bou jou eie skryfpraktyk. Lees meer oor die kursus.



Creative Writing Course (8 modules): Similar in to the "Algemene Kreatiewe Skryfkursus", this course will lead you from finding a suitable story spark to a completed manuscript, i.e. magazine story, short story or novel. The goal is exploring your creativity and getting published by a reputable magazine or publisher. Find out more about the course.

Prenteboekkursus

(7 modules): Geniet jy rym en ritme en wil jy graag vir pikkies van 2-7 skryf? Hierdie jolige kursus bied alles wat jy soek en nog veel meer. Die kleurvolle, interaktiewe aanbieding verseker dat hierdie kursus enig in sy soort is. Lees meer oor die kursus.

Kinder-en-jeugboek-kursus (10 modules): Geslaagde kinderboeke het 'n lang raklewe en word gereeld herdruk. As die gedagte aan stories vir 7-14-jariges jou plesier gee, is hierdie prettige, praktiese kursus die plek vir jou. Lees meer oor die kursus.



VRA AL JOU VRAE

en/of verseker jou plek deur 'n inbetaling te maak: 

 

* Jy sal 'n e-pos ontvang met al jou antwoorde, sowel as die 2021-pryslys en die nodige bankbesonderhede. 

* Jou navraag plaas jou onder geen verpligting om wel 'n inbetaling te maak nie.


Note: Please fill out the fields marked with an asterisk.


ALGEMEEN:

* Jy werk per e-pos op 'n een-tot-een basis saam met 'n gepubliseerde, bekroonde mentor aan jou kursusverhaal of -artikel.

* Elke kursus ontvou stapsgewys, module vir module, en voer jou van die vind van 'n geskikte idee tot en met 'n voltooide manuskrip.

* Kursusmateriaal is toeganklik en in keurige Afrikaans geskryf. Uit die aard van die saak is die Creative Writing Course in Engels geskryf.

* Kundige terugvoer op al jou werkstukke volg binne 7 dae nadat jy dit ingestuur het. Terugvoer is breedvoerig, maar ook spesifiek, en geskied direk op jou skryfwerk met behulp van spoorveranderings en kommentaarblokkies.

* Betaling kan eenmalig wees, of jy kan van 'n betaalplan gebruik maak en betaal soos jy vorder.

* In alle gevalle bly jou betaalplan vas vir tot drie jaar nadat jy vir jou kursus ingeskryf het. Dit gee aan jou heelwat beweegruimte ten opsigte van die tempo waarteen jy kies om aan jou kursus te werk.

* Eenmalige betaling is vas tot jy jou kursus voltooi het, wanneer ook al.


EK HOOP JY GENIET JOU KURSUS!

Elkeen bied 'n unieke geleentheid om jou skryfvaardighede te ontwikkel en te slyp.