Skryfgeheime-skryfskool

Kursus in Tydskrifjoernalistiek

Agt-module-plan


Algemeen: Elke module eindig in ’n werkstuk wat jy moet instuur vir terugvoer deur jou studieleier. Hierdie terugvoer sal jou binne sewe dae bereik. Elke werkstuk voer jou artikel 'n paar stappe verder. Tesame met die terugvoer begin die redigeringsleerkurwe.

 

Doelwit: ’n Voltooide, markgerigte artikel gereed vir voorlegging aan ’n geskikte tydskrif sodat jy so gou moontlik kan begin verdien.

 

Module 1: Verstaan tydskrifte

* Ontleed die verskillende tydskrifgenres

* Vind die vereistes vir ’n treffende artikel

* Identifiseer jou teikenmark

* Hoe om vas te stel watter tydskrifte vryskutte aanvaar

* Waarna soek ’n tydskrifredakteur?

* Die waarde van taalversorging

Werkstuk: Identifiseer en analiseer spesifieke publikasies m.b.v. dit wat jy tot dusver geleer het.

 

Module 2: Analiseer publikasies

* ’n Dieper kykie na teikenmark: Wie is jou leser?

* ’n Tydskrif se "styl", of te wel, hoe kommunikeer die tydskrif met die leser?

* Die voorblad: Wat verskyn daar?

* Hoe benut ek die redakteursbrief, leserskaart en LSM?  

* Die inhoud: artikels, rubrieke, advertensies

* Tipes artikels

* Analiseer ’n artikel: kop, intro, woordtelling, onderwerp, invalshoek

* Vergelyk twee tydskrifte van dieselfde genre

Werkstuk: Vind en onderskei tussen rubrieke en verskillende tipes artikel. Motiveer.

 

Module 3: Idees, fokus, skryfstyl

* Vind geskikte idees en invalshoeke:

     - Hoe om seisoene, gebeure & belangrike dae te benut

     - Benut die sosiale media, publikasies & boeke

* Leer hoe om vir spesifieke inligting te luister

* Leer skryf spesifiek, asook met diepte & fokus

* Nuttige skakels & webwerwe spesifiek vir joernaliste

* Raamwerk vir artikels: Tema, vlag, invalshoek, doel, titel, hoofpunte

Werkstuk: Identifiseer en ontwikkel vyf geskikte artikel-idees volgens die modelle in die module.

 

Module 4: Tydskrifte in die digitale era:

* Nuwe tendense: gedruk en digitaal

* Verskille tussen gedrukte en digitale media

* Verskille in leserservaring

* Hoe jy as joernalis die verskille tussen die twee media tot jou voordeel kan aanwend

* Hoe digitale media en gedrukte tydskrifte mekaar aanvul en hoe jy dit kan benut

Werkstuk: Vind een onderwerp en beplan twee artikels: een vir elke medium.

 

Module 5: Kenners en onderhoude

* Identifisering van bekendes en kenners.

* Hoe om ’n afspraak te maak en ’n onderhoud te voer

* Die internet: navorsingswenke & webwerwe, blogs, aanlynkoerante

* Hoe om bronne krediet te gee en plagiaat te vermy

Werkstuk: Identifiseer ’n geskikte bekende of kenner sowel as bronne. Gee krediet op die korrekte manier.

 

Module 6: Titel en inleiding

* Die titel: moets en moenies

* Die inleiding: moets en moenies

* Voorbeelde uit die praktyk: Skep 12 gepaste titels

* Analiseer en beoordeel 6 titels en inleidings

Werkstuk: Ontleed en wysig titels en invalshoeke om by die onderskeie temas te pas. Skryf die inleiding en titel van jou kursusartikel.

 

Module 7: Die liggaam en die slot

* Verskillende strukture vir verskillende behoeftes

* Hoe skryf ek die liggaam van my artikel?

* Hoe skryf ek die slot?

* Hersiening, taalgebruik, vloei & samehang, oorgange tussen idees en paragrawe

* Tydskrifriglyne en die "brief"

Werkstuk: Voltooi jou kursus-artikel en stuur dit in vir terugvoer.

 

Module 8: Voorlegging van jou artikel

* Hoe benader ek ’n redakteur?

* Hoe gou mag ek opvolg?

* Mag ek my artikel gelyk na meer as een publikasie stuur?

* Wat as my artikel aanvaar of verwerp word?

* Tariewe, faktuur, betalings

* Hoe werk belasting op vryskutwerk?

Werkstuk: Skryf die eerste epos aan ’n geskikte redakteur en stel jou faktuur saam.