Is "ouma" 'n prikkelende karakter?

Alida Louw skryf:  Baie dankie vir die volledige terugvoer, ek kan sien dat hierdie kursus baie geleenthede vir groei en ontwikkeling gaan bied. Na aanleiding van jou kommentaar op my werkstuk het ek hierdie vraag oor oumas.

 

VRAAG:   Jy noem dat ek die verwysing na die ouma uit my skryfwerk moet laat. Maar in my agterkop het my hoofkarakter, Sanet, as weeskind by haar ouma grootgeword. Is "ouma" in hierdie geval steeds ’n “nee”, of slegs wanneer sy ’n ekstra, oorbodige karakter is?

 

Janie Oosthuysen antwoord:   Oumas word dikwels in beginners se skryfwerk aangewend as ’n tipe gemoedelike wysgeer wat kwinkslae of lewenslessies uitdeel, bv. Dis nie so maklik om my liewe ouma Karla se opvoeding en goeie maniere wat ek daagliks ingedril is by die agterdeur te laat uitvlieg nie. Of: Soos my ouma Bella altyd gesê het ... (ensomeer).

 

Hierdie soort verwysings verleen 'n amateuragtige trant aan die skryfwerk 

wat eerder moet uitbly. As Ouma inderdaad ’n noodsaaklike karakter in die verhaal is, ja, benut haar. Maar is sy regtig noodsaaklik? Of het jy as skrywer nog net nie in terme van ander tipes karakters gedink nie? Die idee is immers om te vernuwe, om dinge anders te maak, en nie om by geykte standaardkarakters soos oumas vas te steek nie.

 

Dink uit die boks. Wat as Sanet byvoorbeeld by haar halfbroer grootword wat ’n gay ontkleedanser is? Dink net wat hierdie karakter, en die gepaardgaande subkultuur, in die storie kan indra. Vra jouself dus af: móét dit “ouma” wees, of is daar iemand wat interessanter is en tot prikkelende storiemoontlikhede kan lei?

Comments: 4
  • #4

    Ji Pasko (Tuesday, 07 February 2017 03:49)


    It's really a nice and useful piece of information. I am satisfied that you simply shared this useful information with us. Please keep us up to date like this. Thanks for sharing.

  • #3

    Ethelyn Mcferren (Saturday, 04 February 2017 11:47)


    Great blog here! Also your website loads up fast! What web host are you using? Can I get your affiliate link to your host? I wish my site loaded up as fast as yours lol

  • #2

    Alline Talkington (Thursday, 02 February 2017 23:40)


    Wow, this article is pleasant, my sister is analyzing these things, thus I am going to inform her.

  • #1

    Coy Kovacich (Thursday, 02 February 2017 18:01)


    I am really delighted to read this web site posts which contains plenty of useful facts, thanks for providing these statistics.