Skryfgeheime- aanlyn skryfskool

Kinder-en-jeugboekkursus


Ons skrywers publiseer by Tafelberg, Protea, Oxford, Fantasi, e.a.


Word 'n suksesvolle, gepubliseerde kinderboekskrywer en sien daardie boek wat jy geskryf het in gretige kinderhande. Met die tien-module-plan gaan jy, stapsgewys, van storievonk tot voltooide manuskrip, leer hoe om hierdie kompeterende mark met selfvertroue te betree.

      Die kursus is geskik vir die skryf van boeke met teikenlesers van 8 tot 14 jaar oud in gedagte. Teoretiese gedeeltes word toegelig met take, oefeninge en voorbeelde uit die literatuur. 

     Elke module voer jou kursusverhaal 'n paar stappe verder. Elke module eindig in 'n werkstuk waarop jy binne 7 dae terugvoer deur 'n geoefende kursusleier ontvang. Die idee is immers dat jy so gou moontlik by ons lang lys gepubliseerde skrywers sal aansluit. 

     Met die terugvoer begin die redigeringskurwe. Nou leer jy hoe om jou eie skryfwerk te hersien en te redigeer sodat jy die eindproduk met trots aan 'n nasionale uitgewer kan stuur. 

 

Studente-terugvoer:

*   "Ek het gisternag tot laat gesit en lees aan Module 1. Ek kon net nie ophou nie. Die inligting is maklik verstaanbaar en prakties."  Ria Koen.

*  "Ek is baie beïndruk met hoe jy die kursus aanbied. Jy wil my nie aanjaag nie, maar my eerder help tot ek reg is vir die volgende module. Baie dankie."  Renthia Bergh.


Kinder-en-jeugboekkursus:  Tien-module-plan

Jy ontvang die terugvoer op elke werkstuk binne 7 dae nadat jy dit ingestuur het, en daarmee begin die hersienings- en redigeringsfase.

 

Module 1:   Agtergrond

*    Die Afrikaanse kinderboekwêreld: voorwaardes vir sukses

*    Die kind se sielkundige en emosionele leesbehoeftes

*    Waar kry ek idees?

Selfdoentaak:   Voltooi 'n vertaaltaak

Werkstuk:   Kies 'n storievonk en skryf ’n littelosmaker

 

 

Module 2:   Suksesvolle storielyne

*    Verslaan-die-monster

*    Aspoestertjie

*    Heen-en-terug

*    Die soektog of sending

*    Vertrekpunte: Hoe ontstaan 'n storie?

Werkstuk:   Vind jou storie-idee en karakters

 

 

Module 3:   Dinamiese karakters

*    Opwindende storieboekkarakters

*    Die geheime van Harry Potter

*    Hoofkarakters is helde, nie lamsakke nie

Hulpmiddel:   Die karakterkaart

Werkstuk:   Voltooi ’n karakterkaart

 

 

Module 4:   "Praat mense so?"

*    Die sleutel tot goeie dialoog

*    Dialoog en geslagsverskille

*    Direkte en indirekte dialoog

*    TOETS jou dialoog

Werkstuk:   Laat jou storiemense praat ...

 

 

Module 5:   Skep 'n eie wêreld

Hulpmiddel:   Die plekkaart

*    Wat is gesigspunt?

*    Eerstepersoonsgesigspunt

*    Die alwetende verteller

*    Derdepersoonsgesigspunt

Werkstuk:   Voltooi 'n taak oor gesigspunt

 

 

Module 6:   Die Storie-uitbouer

*    Hoe lyk 'n suksesvolle intrige?

*    Benut die 5-minuut-metode

Hulpmiddels:   Die storie-geraamte en die storie-uitbouer

Werkstukke:              

1. Voltooi die storie-geraamte

2. Voltooi die storie-uitbouer

 

 

Module 7:   'n Sterk begin

*    Voorwaardes vir ’n sterk begin

*    Voorbeelde van ’n sterk begin

*    Weet jy nie waar om te begin nie?

*    Analiseer 'n prikkelende, doeltreffende begin

TOETS die begin met ses vonkvrae

Werkstuk:   Skryf die begin van jou verhaal

 

 

Module 8:   Gee die middel lyf

*    Hoofstukke, tonele en paragrawe

*    Wat is stimulus-en-respons? Hoe help dit my om my storie op papier te kry?

*    Lekker ou konflik

*    Wat van skrywersblok?

TOETS die middel van jou verhaal

Werkstuk:   Skryf die middel van jou verhaal

 

 

MODULE 9:   Kikker die vaal kolle op

*   Benut vier treffertegnieke:

1. Wys en/of vertel

2. Die geheime van lyftaal

3. Humor

4. Die flitsligmetode

*  TOETS die einde met vyf vonkvrae

*  Op soek na TEMA

WERKSTUKKE:

1. Skryf die einde van jou verhaal

2. Redigeer jou manuskrip en stuur dit in vir finale terugvoer

 

 

Module 10:   Eerste indrukke

*    Styg uit bo die massa

*    Verstaan jou uitgewer

*    Kontrakte: Wat is mý regte?

*    Die pad vorentoe

Taak:   Stuur jou manuskrip, dekbrief en sinopsis na 'n geskikte uitgewer.

 

Terugvoer:

So skryf Troula Goosen, 'n gepubliseerde Skryfgeheime-kinderboekstudent: "Sonder Skryfgeheime sou ek maande lank aan my storie gewerk het, net dat die eerste keurder dit met 'n boog in die snippermandjie gooi. En dan sou ek heel waarskynlik nie die moed gehad het om weer te probeer nie." 


Kry die betaalplanne en skryf in:

* Jy sal alle nodige besonderhede per e-pos ontvang.

* Jou navraag plaas jou onder geen verpligting om wel 'n inbetaling te maak nie.


Note: Please fill out the fields marked with an asterisk.