Die smaak van sukses

Wie stoei nie soms met hulle vrese nie, veral wanneer jy iets nuuts wil aanpak? Vrese soos dat jy nie goed genoeg, slim genoeg of genoeg oorspronklike idees sal hê nie? En wat van die vrees vir verleentheid en mislukking, en daardie belemmerende gevoel dat jy dit nie verdien om te slaag nie?

     Die oplossing is drieledig en bestaan hieruit: positiewe denke, moed en selfvertroue. Positiewe denke gee jou moed, moed stuur jou af op jou doelstellings en selfvertroue stoot jou oor die hobbels. Neem dus ’n positiewe besluit, pak die proses vol moed aan en druk deur met die vertroue dat jy sál slaag.

     En jy sal. Dalk op ’n ander manier as wat jy aanvanklik gedink het. Dalk verskuif jou doelstellings langs die pad en verras jou. Maar weet dít: jy sál slaag. En jy sál op die ou end ’n slimmer, beter mens en skrywer wees.

     Positiewe denke, moed en selfvertroue is alles. Die positiewe denke om te weet dat dit wat jy oor jouself glo saakmaak. Die moed om weg te spring met iets nuuts. Die selfvertroue om die uitdagings stuk-stuk aan te spreek. 

Write a comment

Comments: 0