Trou aan die bronteks?

Adelle Roux skryf: “Iets waaroor ek nie seker is nie, is hoe getrou ’n mens aan die oorspronklike teks moet bly. Bv. in die eerste reël van die storie If you give a Mouse a Cookie verskyn die volgende sinsnede: ‘he’s going to ask for a glass of milk’. Mag ek sê: ‘wil hy ’n glas melk hê’, soos ek gemaak het? Of moet ek die oorspronklike teks getrou navolg en sê: ‘hy sal vra vir ’n glas melk’? Doen ek die skrywer ’n onreg aan, of tree ek dalk selfs onwettig op? Waar trek ’n mens die streep?”  Adelle volg die Skryfgeheime-skryfskool se Prenteboek-kursus.

Janie Oosthuysen skryf: "Vir my kom die teikenleser en die taal waarin ek vertaal saam eerste. M.a.w. sorg dat jou vertaling glad op die leser se oog en oor val, maar ook dat dit grammatikaal korrek en betekenisgetrou is. Waak teen 'n woord vir woord vertaling, beskou die vertaling as 'n nuwe skepping, maar moet ook nie onnodig afwyk van die bronteks nie. Dis hoe ek my taak gesien het toe ek die Harry Potter-boeke destyds in Afrikaans vertaal het."   

Comments: 0