Skryfgeheime- aanlyn skryfskool

Skryf jou lewensverhaal (memoire) met selfvertroue

Jou lewe. Jou stem. Jou storie.


Daar skuil 'n storie in elkeen van ons. Ook in jou. Elkeen van ons se geheuebank bevat talle familiestaaltjies en eerstehandse kennis van persoonlike suksesse en traumas. Dis gebeurtenisse, soms komies, soms ontroerend, wat ons nie verlore wil laat gaan nie, maar vir die nageslag wil bewaar.

     Dis dikwels veral die boodskap wat uit daardie gebeure, triomfe en traumas voortspruit wat ons wil neerskryf as 'n nalatenskap. 

    Dit gaan egter vir niemand net oor neerskryf nie, dit gaan veral oor die skep van 'n leesbare, goed afgewerkte produk wat jóú stempel dra en soos jóú werk voel.     

    

Wil jy graag jou lewensverhaal op papier vasvat en die herinneringe, belewenisse en stil oomblikke wat jou gevorm het met ander deel? Begin dan sommer vandag nog met ons lewensverhaalkursus en kry jou storie op papier. 

 

Wat jy kry:

*   'n Stapsgewyse e-handleiding met teoretiese gedeeltes, praktiese hulpmiddels en take met onderafdelings wat jy moet voltooi en instuur vir terugvoer.

*   Bystand deur 'n ervare mentor / kursusleier.

*   Terugvoer op die take wat jy moet instuur, sal jou binne sewe dae bereik.

*   Tot vyf jaar om jou kursus te voltooi. Ingeval van 'n terugslag, het jy dus oorgenoeg tyd om jou kursus te voltooi en terugvoer te ontvang sonder om opnuut in te skryf en weer te betaal.

 

 

Die kursusmateriaal, take en terugvoer gaan jou soos volg lei: 

  • Eerstens gaan jy helderheid kry oor jou doelstellings sodat jou memoire nie net 'n lys gebeure gaan wees nie, maar 'n ryk, betekenisvolle en boeiende verhaal.

  • Verder gaan jy jou unieke vertelstem en skryfstyl ontdek – daardie eie stem wat jou storie uniek maak.

  • Jy gaan die gereedskap ontvang om herinneringe op te diep, in oënskou te neem, neer te skryf en te orden.

  • Jy gaan daardie sleuteloomblikke, -temas en -mense identifiseer wat jou op jou lewensreis gedra het en nou ook jou verhaal gaan dra.

  • Jy gaan struikelblokke oorbrug soos vrese oor privaatheid en etiek. 

  • Jy gaan leer hoe om helder visuele tonele te skryf en logiese opbou sowel as samehang te bewerkstellig.

  • Jy gaan dialoog en sensoriese detail inbou sodat jou storie sal leef.

  • Jy gaan leer hoe om jou manuskrip te redigeer en af te rond sodat dit leesbaar, boeiend en professioneel is - en die lesersoog vir die regte redes vang.

  • Jy gaan ook besluit op die regte publikasieroete vir jou manuskrip. 

Teen die einde sal jy 'n konsepmemoire hê, plus die selfvertroue, kennis en vaardighede om jou manuskrip nog verder te verfyn en te publiseer of te laat publiseer. Jou lewensverhaal kan die belangrikste taak van jou lewe wees. Moet dit nie in jou geheue vasmaak nie. Skryf dit - deel dit - en laat dit leef. 


Wil jy meer weet of inskryf?

Vra die betaalplanne hier aan


Note: Please fill out the fields marked with an asterisk.