Skryfgeheime- aanlyn skryfskool


2025-LENTE-PROMOSIE: 20%-korting

Net tot Vrydag 5 September


Is skryf op jou wenslys? Skryf sommer vandag nog in teen LEKKER LIGTE LENTEPRYSE vir enige van ons gewildste vyf kreatiewe en media-skryfkursusse en sluit aan by ons groeiende groep gepubliseerde skrywers en joernaliste wat gereeld die kollig steel wanneer hulle deur gerekende nasionale uitgewers en tydskrifte gepubliseer word en met hul skryfwerk begin verdien. In alle gevalle werk jy saam met 'n gepubliseerde mentor, van die vind van 'n geskikte idee tot en met 'n voltooide manuskrip. Teen hierdie pryse is die plekke beperk, skryf dus asb. so gou moontlik in. Vir jou gemoedsrus het jy tot vyf jaar om jou kursus te voltooi.   


Kies jou Lente-kursus of -kursusse

en kry 20% af


Praktiese Kreatiewe Skryfkursus (4 modules):

'n Geïntegreerde kursus spesifiek vir beginners en hoërskoolkinders. Jy ontwikkel en skryf 'n kortverhaal terwyl jy die nodige skryftegniek, uitdrukkingsvermoë en taalkennis inoefen. Lees meer oor die kursus.

Algemene Kreatiewe Skryfkursus (8 modules):

As die skryf van kort of lang fiksie vir volwassenes jou voorliefde is, dan is hierdie dubbelloopkursus die plek vir jou. Dit lei jou van storievonk tot voltooide tydskrifstorie, kortverhaal of vollengte boek, gereed vir voorlegging aan 'n  nasionale uitgewer of tydskrif. Lees meer oor die kursus.

Mediakursus vir vryskutjoernalistiek

(8 modules):

Maak 'n toekoms-sprong saam met 'n ervare, gegradueerde joernalis (regs op foto) wat self as vryskut werk. Ontwikkel en skryf 'n tydskrifartikel of webinhoud en begin bou jou eie vryskut-praktyk. Lees meer oor die kursus. 



Prenteboekkursus (7 modules):

Geniet jy rym en ritme en wil jy graag prettige, pittige boeke vir 2-7-jarige pikkies skryf? Hierdie jolige skryfkursus bied alles wat jy soek en meer. Die kleurvolle, interaktiewe aanbieding met geanimeerde webvoorlesings lei tot 'n kursus wat enig in sy soort is. Lees meer oor die kursus.

Kinder-en-jeugboek-kursus

(10 modules):

Geslaagde kinderboeke het 'n lang raklewe en word gereeld herdruk, veral met die oog op verspreiding in skole. As die gedagte aan stories vir kinders iewers tussen 8 en 14 jou na 'n veerpen laat reik, dan is hierdie prettige, praktiese kursus die regte plek vir jou. Lees meer oor die kursus.



Wil jy inskryf?

Vra die betaalplanne hier aan: 

* Jy sal 'n e-pos ontvang met die betaalplanne en bankbesonderhede. 

* Jou navraag plaas jou onder geen verpligting om wel 'n inbetaling te maak nie.


Note: Please fill out the fields marked with an asterisk.


So werk ons kursusse:

* Jy werk teen jou eie pas per e-pos op 'n een-tot-een basis saam met 'n gepubliseerde, bekroonde mentor aan jou kursusverhaal of -artikel.

* Kursusmateriaal is toeganklik en in keurige Afrikaans geskryf.

* Elke kursus ontvou stapsgewys, module vir module, en voer jou van die vind van 'n geskikte idee tot en met 'n voltooide manuskrip.

* Elke module eindig in 'n werkstuk wat jy moet instuur vir terugvoer deur jou mentor/kursusleier.

* Kundige terugvoer op elke werkstuk bereik jou inkassie binne 7 dae nadat jy dit ingestuur het. Terugvoer is breedvoerig, maar ook spesifiek, en geskied direk op jou skryfwerk met behulp van spoorveranderings en kommentaarblokkies sodat jy presies kan sien wat jy moet verander en ook hoe jy dit moet doen.

* Betaling kan eenmalig wees, wat 'n ekstra korting insluit, of jy kan van ons betaalplanne gebruik maak.

* Kursusgangers voltooi gewoonlik 1 module per maand, maar wees gerus, jy het tot vyf jaar om jou kursus te voltooi. Die lang tydsduur verskaf aan jou beweegruimte ten opsigte van die tempo waarteen jy kan of wil werk.


Elke kursus bied aan jou 'n unieke geleentheid om jou skryfvaardighede te ontwikkel en te slyp onder leiding van 'n gepubliseerde, gegradueerde kursusleier. Die idee is dat jy uitdrukking sal gee aan jou kreatiwiteit en ook in die toekoms met jou skryfwerk sal verdien.