Skryfgeheime

Afrikaanse aanlyn kursus vir vryskutjoernalistiek:

Leer hoe om tydskrifartikels, foto-artikels, blogs en koerantberigte te skryf.


Gepubliseerde joernaliste uit die Skryfgeheime-stal
Gepubliseerde Skryfgeheime-joernaliste

Hierdie aanlyn kursus in skryfwerk vir tydskrifte en die web begelei jou stap vir stap om jou as vryskutskrywer in die praktyk te vestig. Jy gaan leer hoe om publiseerbare tydskrif- en foto-artikels, blogs en koerantberigte te ontwikkel en te skryf, en hoe om jou skryfwerk aan tydskrifte, koerante en besighede te verkoop.

 

Vir wie is hierdie kursus bedoel? 

  • Afrikaanse mense wat 'n ekstra inkomste met hul skryfwerk wil verdien
  • beginners wat vir tydskrifte, koerante en webwerwe wil leer skryf
  • aspirantjoernaliste
  • bloggers en inhoudskeppers
  • besigheidseienaars wat beter webinhoud wil skryf

Hoe verdien vryskutskrywers geld?

Vryskutskryfwerk bied vandag meer geleenthede as ooit tevore. Waar skrywers vroeër hoofsaaklik vir tydskrifte en koerante geskryf het, bestaan daar nou ook 'n groot vraag na blogs, webinhoud en inhoud vir sosiale media.

 

Baie ondernemings beskik nie oor die tyd of kundigheid om hul eie inhoud te skep nie en maak daarom gebruik van vryskutskrywers. Dit skep geleenthede vir mense met die vermoë om navorsing te doen, onderhoude te voer, stories te vertel en helder, foutlose tekste te lewer.

 

Vryskutskrywers kan onder andere geld verdien deur:

  • artikels en berigte vir tydskrifte en koerante te skryf
  • blogs vir ondernemings en organisasies te skep
  • webinhoud vir besigheidswebwerwe te ontwikkel
  • nuusbriewe vir kliënte en intekenare saam te stel
  • onderhoude en mensestories te skryf
  • inhoudsbemarking vir maatskappye te doen

Hierdie kursus fokus nie net op skryftegniek nie, maar ook op die praktiese vaardighede wat nodig is om geleenthede in die wêreld van vryskutskryfwerk raak te sien en te benut, soos bv. hoe om by 'n besigheid "in" te kom. 

 

Die kursus help jou ook om die verskil te verstaan tussen skryf vir drukmedia, digitale publikasies en aanlyn platforms, sodat jy jou skryfvaardighede in verskillende rigtings kan aanwend.


Liezl Russell is die kursusleier van Skryfgeheime se verrassende Kursus in Vryskutjoernalistiek
Liezl Russell regs op foto

 

Jou kursusleier, Liezl Russell (regs op foto), skryf soos volg:

"Daar is tans groot getalle maatskappye wat vryskutte soek vir onder meer blogging. Die formaat van 'n geslaagde blog is soortgelyk aan dié van 'n geslaagde tydskrifartikel. Jy het niks om te vrees nie,  want hierdie kursus lei jou van A tot Z, en ek is heeltyd aan jou sy. As jy vir twee of drie maatskappye skryfwerk kan lewer, kan jy maandeliks tot R30 000 verdien." 



Die agt-module-plan

Die skryfvaardighede en -kennis wat jy gaan verwerf:


Module 1 – Verstaan publikasies

*   Agtergrond en inleiding

*   Leer tastik

*   Tydskrifgenres

*   Internasionale publikasies

*   Watter tydskrifte aanvaar vryskutwerk?

*   Wat wil 'n tydskrifredakteur hê?

*   Hoe vind jy geskikte idees vir artikels?

 

Geskrewe taak:

Opdrag 1:  Identifiseer en lys 3 publikasies waarvoor jy graag wil skryf.

Opdrag 2:  Dink aan drie onderwerpe wat vir hierdie publikasie sal werk. Omskryf elke idee binne 100 woorde.

 

 

Module 2 – Skryf vir 'n koerant

*   Agtergrond en inleiding

*   Harde nuus

*   Wat jy moet weet oor harde nuusverslaggewing

*   Sagte nuus

*   Hoe verskil sagte nuusberigte van tydskrifartikels?

*   Hoe dink jy aan geskikte idees vir artikels?

 

Geskrewe taak:

Opdrag 1:  Identifiseer en lys 3 koerante waarvoor jy graag wil skryf.

Opdrag 2:  Kies een en dink aan drie onderwerpe wat vir hierdie publikasie sal werk.

Opdrag 3 Skryf 'n beriggie van 5 paragrawe wat die vyf "w's" en een "h" dek.

 

 

Module 3 – Analiseer publikasies

*   Agtergrond en inleiding

*   Teikenmark: Ken jou lesers

*   Die voorblad

*   Ken jou redakteur

*   Soorte artikels

 

Geskrewe taak:

Opdrag 1:  Waarom spreek sekere tydskrifte tot lesers? Vind tien redes.

Opdrag 2:  Kies drie publikasies wat sterk tot jou spreek. 

Opdrag 3:  Bestudeer die demografiese profiel van elk en beantwoord die vrae.

Opdrag 4:  Lees 'n redakteursbrief en beantwoord die vrae.

Opdrag 5:  Bestudeer die verskille tussen artikels en rubrieke.

 

 

Module 4 – Gedrukte en aanlyn publikasies

*   Tydskrifte in die digitale era

*   Nuwe tendense

*   Verskille tussen druk- en digitale media

*   Hoe pas digitale media en tydskrifte bymekaar in

*   Hoe skryf jy vir aanlyn publikasies?

*   Voorbeelde van tydskrifte wat ervarings skep

 

Geskrewe taak:

Opdrag 1:  Bestudeer die inhoud van voorblaaie en beantwoord die vrae.

Opdrag 2:  Beplan twee artikels, een vir die gedrukte media en een vir die digitale media. 

Opdrag 3:  Skryf 'n blog van 500 woorde.

 

 

Module 5 – Beplan jou artikels en onderhoude

*   Tydskrifte werk vooruit

*   Waar kry 'n mens idees?

*   Skryf spesifiek

*   Unieke invalshoeke

*   Skryf met diepte

*   Raamwerke

*   Die onderhoud

*   Die regte persoon vir jou artikel

*   Die internet: navorsingswenke

*   Gee jou bronne krediet en vermy plagiaat

 

Geskrewe taak:

Opdrag 1:  Maak 'n gebeurekalender

Opdrag 2:  Identifiseer 'n bekende en drie werkbare konsepte m.b.t. die persoon.

Opdrag 3:  Lees en keur 'n artikel.

Opdrag 4:  Besluit op vyf idees vir tydskrifartikels. Beplan elk m.b.v. die raamwerk.

Opdrag 5:  Identifiseer 'n persoon met wie jy 'n onderhoud kan voer. Skryf vyftien vrae neer.

Opdrag 6:  Identifiseer drie moontlike bronne vir navorsing vir jou artikel.

Opdrag 7:  Kyk hoe 'n tydskrif aan hul bronne krediet gee.

 

 

Module 6 – Die titel en die inleiding

*   Inleiding

*   Die titel: moets & moenies

*   Die inleiding: moets & moenies

*   Voorbeelde uit die praktyk

 

Geskrewe taak:

Opdrag 1:  Skep 'n geskikte titel vir elke artikel-idee.

Opdrag 2:  Lees 1 – 6. Kies enige vier en herskep die tema en invalshoek.

Opdrag 3:  Lees 7 – 9. Motiveer of elke titel en inleiding werk en relevant is. 

Opdrag 4:  Skep 'n titel en inleiding vir jou eerste artikel.

 

 

Module 7 – Struktuur: Liggaam en slot

*   Inleiding

*   Skryf jou artikel:

Stap 1:  Doen hersiening

Stap 2:  Gee struktuur

Stap 3:  Let op vloei en samehang

*   Riglyne & brief

*   Slot

 

Geskrewe taak:

Opdrag 1:  Bestudeer die publikasie waarvoor jy wil skryf, en ontleed dit.

Opdrag 2:  Voltooi die artikel/blog-artikel/berig wat jy aan 'n publikasie wil voorlê.

 

 

Module 8 – ’n Suksesvolle voorlegging

*   Inleiding

*   Jou eerste e-pos

*   Die opvolg-e-pos

*   Die faktuur

*   Sukses

 

Geskrewe taak: 

Opdrag:  Stel jou voorlegging saam en stuur dit in vir terugvoer. 


Begin jou skryfreis. Vra die betaalplanne aan:

* Jy sal binne 24 uur die e-brosjures met die betaalplanne en bankbesonderhede ontvang, sowel as die antwoorde op jou vrae.

* Jou navraag plaas jou onder geen verpligting om wel in te skryf nie. 


Note: Please fill out the fields marked with an asterisk.


Larissa Olivier skryf:

Beste Liezl, 

 

By die halfpadmerk wil ek graag met jou deel wat ek tot sover uit die kursus gehaal het. Met my opleiding en ondervinding is hierdie veld totaal uit my comfort zone. Jou terugvoer was vir my 'n eye-opener, dit het my ontsettend baie geleer van myself en die manier waarop ek sake benader, naamlik dat 'n mens (of altans, ek) geneig is om goed te sien slegs uit jou eie ervaring en deur jou eie bril.

 

Jou kommentaar op my eerste opdrag het my bewus gemaak dat ek die "ek" uit die saak moet haal en my artikel baie meer objektief moet benader. Ek is die verslaggewer, die persoon agter die artikel en nie die een met wie die onderhoud gevoer word nie.

 

Interessant dat dit my ook in my werk help om beter te luister voor ek my mening noem. Ek kyk nou baie meer ondersoekend en ontledend na tydskrifte en TV-onderhoude. Het ook opgemerk dat ek (seker uit die aard van my werk) baie gemaklik in Engels dink en skryf, en dit het my laat dink dat ek ook Engelse tydskrifte sal kan benader aan die hand van wat ek leer.

 

Nogmaals dankie vir jou terugvoer en die formaat van die kursus (werk teen jou eie pas). Dit bied aan persone soos ek die geleentheid om rustig te leer te midde van 'n baie besige werksomgewing, en nie net te jaag vir deadlines nie.

 

Ek ervaar die kursus terapeuties, want ek moet stil en rustig raak ten einde op die opdragte te kan fokus. Ek geniet die kursus sover baie en sien uit na jou terugvoer op opdrag 4.