Skryfgeheime-skryfskool

Kursus vir die skryf van distopiese fiksie


Distopiese fiksie is 'n genre wat al hoe gewilder word. Hierdie kursus is 'n klein kernbom wat die genre aan jou bekendstel en jou lei om jou eie distopiese verhaal te ontwikkel en te skryf.

 

Die handleiding bevat verduidelikende gedeeltes, voorbeelde, oefeninge en hulpmiddels. Daar is geen sperdatum vir die instuur van jou kursusverhaal nie - jy kan dus ontspanne en teen jou eie pas werk. Binne sewe dae nadat jy jou storie ingestuur het, ontvang jy gedetailleerde terugvoer m.b.v. kommentaarblokkies en spoorveranderings (track changes) direk op jou skryfwerk. Hierdie kursus is die grootste winskoop wat jy ooit sal teëkom.


Kursusinhoud:

40 blaaie

* Wat is distopiese fiksie?

* Hoe verskil 'n distopia van 'n utopia?

* Die eienskappe en uitdagings van 'n distopia

* Die omverwerping van 'n distopia

* Skrywers om by te leer

* Distopie en die menslike natuur

* Hoekom lees mense distopiese fiksie?

* Is daar ruimte in Afrikaans vir hierdie genre?

* Storievonke

 

Hulpmiddel:  Bou 'n unieke distopiese wêreld 

Hulpmiddel:  Bou komplekse, oortuigende karakters

Hulpmiddel:  Ontwikkel en skryf 'n storie-uiteensetting  

WERKSTUK:    Skryf 'n distopiese kortverhaal van 1 500 - 2 000 woorde en stuur dit in vir terugvoer. 

 

Die terugvoer word direk op jou manuskrip gedoen en dek alle aspekte van die skryfkuns. Elemente wat aangespreek word, sluit in: karakterisering, dialoog, storie-opbou, die geskiktheid van die onderwerp binne 'n distopiese raamwerk, taalgebruik, voorstelle vir insidente en wendings, ensomeer.


Shirley Barnard is die eerste deelnemer om haar distopiese verhaal (“Die Muur”) in te stuur. Sy het haar terugvoer twee dae later ontvang.

 

Shirley skryf: “Ek lees weer en weer deur jou terugvoer en sien elke keer iets anders raak en dan rol die gedagtes weer. Moet sê, dis vir my 'n wonderlike ervaring. Jou terugvoer maak so mooi sin en gee 'n nuwe perspektief, dit voel asof my muur ’n eie storie het om te vertel, ek wil nou net sit en skryf.”

 

Albert Short skryf: "Dankie vir jou lekker kursus. Soos altyd, nie te veel of te min inligting nie. Net genoeg om 'n mens te laat verstaan en jou kop aan die dink te sit. Dis natuurlik 'n nuttige kursus vir skrywers, maar lesers kan ook daarby baat, deurdat hulle die elemente van distopiese verhale sal leer ken en hierdie soort verhale met meer insig sal waardeer." 

 

Magda Maas skryf: "Sjoe, dit was nou 'n wonderlike uitdaging! Ek is klaar! Maandag stuur ek vir jou my eerste poging ooit vir 'n distopiese verhaal ... vreemd, dit is propvol waarheid."


Wil jy dadelik inskryf?

* Laai die bankbesonderhede af en maak die eenmalige inbetaling soos aangedui.

* Stuur 'n betaalbewys met jou noemnaam en van as verwysing na info@skryfgeheime.co.za.  

* Jy sal jou handleiding binne 24 uur ontvang en kan wegspring sodra dit jou pas.


Download
DISTOPIESE KURSUS - BETAAL SO IN.docx
Microsoft Word Document 13.8 KB

Geniet jou kursus!


Wil jy eers meer weet? Gebruik hierdie vorm:

Note: Please fill out the fields marked with an asterisk.