Skryfgeheime-skryfskool

Bespreek jou idees, skryfwerk of storie direk met jou kursusleier


Ingeskrewe studente wat graag een-tot-een met hulle kursusleier oor hul skryfwerk wil gesels, kan ’n 20-minuut-sessie met hulle kursusleier skeduleer. Reël die tydgleuf vir jou sessie (wat per Skype, Zoom of selfoon kan geskied) asseblief slegs per e-pos of whatsapp direk met jou kursusleier.

 

Om sake te bespoedig, administrasie te verminder en die koste van die sessies so laag moontlik te hou het ons op hierdie 3-stap-prosedure besluit.

 

Stap 1:  Maak die inbetaling van R200 per 20-minuut-sessie

Die nodige bankbesonderhede verskyn onderaan hierdie blad. Stuur asseblief ’n betaalbewys per e-pos of whatsapp direk aan jou kursusleier. Gebruik jou noemnaam en van as verwysing. 

 

Stap 2.  Skeduleer 'n tydgleuf met jou kursusleier

* Kontak jou kursusleier per e-pos of whatsapp.

* Noem of jy Skype, Zoom of 'n oproep verkies vir jou sessie.

* Stel drie datums en tydgleuwe voor waaruit jou kursusleier kan kies. Indien nodig sal jou kursusleier 'n teenvoorstel maak. Teken die datum en tyd waarop julle besluit aan en wees asseblief betyds.  

 

Stap 3:  Berei jou voor

Almal se tyd is beperk, beplan dus vooraf wat jy wil vra en waaroor jy wil gesels. Stuur jou vrae sowel as enige ondersteunende materiaal (byvoorbeeld 'n uittreksel uit jou manuskrip) per e-pos direk aan jou kursusleier sodat sy die nodige voorbereidingswerk kan doen. 

 

* Indien die kursusleier die geskeduleerde sessie dringend moet uitstel, sal sy die student kontak om te herskeduleer.

* Indien die student nie vir die geskeduleerde sessie beskikbaar is nie, moet die student die kursusleier kontak om te herskeduleer.

* Dankie vir julle samewerking. Ons sien uit na heerlike gesprekke met julle.


Betaal die bedrag van R200 hier in vir 'n 20-minuut-sessie met Liezl Russell

Download
Tydskrifjoernalistiek.docx
Microsoft Word Document 11.8 KB

Skeduleer 'n tydgleuf met Liezl per whatsapp by 0741476344 of per e-pos by liezlh4@gmail.com

Betaal die bedrag van R200 hier in vir 'n 20-minuut-sessie met Janie Oosthuysen

Download
Kreatiewe Skryfkursusse.docx
Microsoft Word Document 11.8 KB

Skeduleer 'n tydgleuf met Janie per whatsapp by 0782240454 of per e-pos by janie@skryfgeheime.co.za


Stuur asseblief 'n betaalbewys sowel as 'n e-pos met jou moontlike tydgleuwe, vrae en ander ondersteunende materiaal direk aan jou kursusleier.