Skryfgeheime-skryfskool

Kursusleier:  Liezl Heidtmann-Russell

www.skryfgeheime.com

Kursusleier: Liezl Heidtmann

Sel: 0741476344

Stuur 'n epos

 

Liezl sê:  "Skryf is my passie. Dis vir my heerlik om ander mense te help om hulle drome te vervul. Gedurende die tydskrifjoernalistieke kursus sal jy al die geheime en kortpaaie vind en leer ken wat ander vryskutte slegs oor 'n lang termyn bemeester."

 

Liezl matrikuleer aan die Hoërskool Wonderboom in Pretoria en behaal die graad BA Kommunikasie by Noord-Wes Universiteit.  In 2005 sluit sy aan by die gemeenskapskoerant Eastern Times en skryf ook vryskutartikels vir Cheeky Magazine en die tienertydskrif TeenZone.

 

In 2007 sluit sy by Finesse aan en werk in die leefstylafdeling sowel as op die gesondheidsblaaie. Sy assisteer met die vervaardiging van mode-foto-artikels, word bevorder tot gesondheidsredakteur en hanteer vier jaar lank die gesondheidsafdelings van Finesse en Soul, Finesse se susterpublikasie. Die kwartaalblad, Finesse Meisie, het ook deel uitgemaak van haar portefeulje.

 

Daarna vryskut sy twee jaar lank en skryf onder andere vir die volgende publikasies: Vrouekeur, Finesse, Weigh-Less, Eastern Times, Dis-Chem Benefits en die Medihelp Magazine. Tans hanteer sy Replique, die interne Annique-tydskrif.

 

Sedert 2011 bied sy die Skryfgeheime-kursus in Tydskrifjoernalistiek (tydskrif- en foto-artikels) met groot sukses aan en spog met talle gepubliseerde studente.