Skryfgeheime-skryfskool

Lekker skryfkompetisies

Skryfkompetisies is 'n manier om blootstelling te kry, selfvertroue te ontwikkel, en dalk selfs 'n prys los te slaan. Ons nuusbrief verskyn een keer per maand en bevat skryfwenke, sowel as nuus oor kompetisies en ander skryfgeleenthede.

NUUSBRIEF:

Kompetisies

Skryfkanse

Skryfwenke

Maandeliks.



AVBOB-gedigtekompetisie

Stuur 'n gedig in enige van ons 11 landstale met die tema "Ek wens ek het dit gesê" as riglyn. Vra jouself af of iemand wat 'n persoonlike verlies gely het daardeur opgehef sal word en daarmee sal identifiseer. Die kompetisie loop tot 30 November 2019.

Woordfees-kortverhaalbundel 2020

* Elke skrywer wie se verhaal in die bundel opgeneem word, ontvang R5 000.

* Die skrywer van die wenverhaal ontvang prysgeld ter waarde van R30 000.

* Daar sal ongeveer 25 verhale in die bundel gepubliseer word. 

* Een verhaal word gekies vir verfilming vir die Silwerskermfees.

 

Slegs Afrikaanse kortverhale. Slegs een inskrywing van 1 500 tot 3 000 woorde per skrywer. 

Slegs nuutgeskrewe verhale wat nog nie op enige platform gepubliseer is nie. Eie temas.

 

Sluitingsdatum: 30 September 2019 om 16:00

Laai af en lees meer ...

Download
Woordfees 2020.docx
Microsoft Word Document 222.2 KB

Lapa se Jeugboekkompetisie 2019

Lapa Uitgewers bied weer hulle jeugromankompetisie aan. Inskrywings moet oorspronklike werk wees, geskryf in Afrikaans, 30-70 000 woorde lank en gerig op 12-18-jariges. Geen onderwerpe of temas word voorgeskryf nie. Lees die inskrywingsbesonderhede versigtig.

 

Kontantpryse: R50 000 in totaal.

Sluitingsdatum: 31 Oktober 2019.

Laai die inskrywingsbesonderhede hier af:

Download
LAPA JEUGROMANKOMPETISIE 2019.pdf
Adobe Acrobat Document 100.8 KB

NB UITGEWERS se Groot Afrikaanse Romanwedstryd - tweejaarliks

Die Groot Afrikaanse Romanwedstryd word elke drie jaar deur NB Uitgewers aangebied. In 2012 was Ingrid Winterbach die wenner met Die aanspraak van lewende wesens en in 2015 Dan Sleigh, met sy roman 1795. Die debuutwenner was Anneli Groenewald met Die skaalmodel.   

Prysgeld van altesaam R350 000 is op die spel. Die wenner ontvang R200 000, terwyl die tweede en derde prys onderskeidelik R70 000 en R40 000 beloop. Daar is ook ’n debuutprys ter waarde van R40 000.  


Bloemfonteinse Skrywersvereniging - jaarliks


Poort-skryfkompetisie - jaarliks

Die Poort-skryfkompetisie vind jaarliks plaas, dis ’n projek van die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns en het ten doel om skeppende skryftalent in Afrikaans onder hoërskoolleerders te ontdek en aan ’n groter gehoor bekend te stel.   


Woordfees-kortverhaalwedstryd - jaarliks

Lekker pryse! Twintig kortverhale sal gekeur word vir plasing in die Woordfees-bundel. Suksesvolle verhale kan R4 000 wen. Boonop word een van die gepubliseerde verhale met die komplimente van kykNET vir die Silwerskermfees ontwikkel.  

Sluitingsdatum: 30 September jaarliks. 


Sanlam-kompetisie vir jeugverhale - elke tweede jaar


Afri-fiksie:  Jaarliks

Hierdie jaarlikse Afrikaanse wetenskapfiksie/fantasiekompetisie word deur Thompson Boekdrukkery geborg, onderskryf en geadministreer.

Sluitingsdatum: 1 Julie elke jaar.

Klik hier vir meer inligting 


Maskew Miller Longman - jaarliks


RSG se radiodrama-kompetisie: Jaarliks

RSG en Sanlam se radiodrama-skryfkompetisie. Slegs oorspronklike en nuwe radiodramas word aanvaar. Buiten die drie hoofpryse is daar soms ook 'n spesiale prys vir skrywers jonger as 30.

Sluitingsdatum:  Gewoonlik einde Junie.

Vir meer inligting oor die skryf van radiodramas en hoe om in te skryf, klik HIER 

KLIK HIER en luister na Skryfgeheime-student, Fred Carly, se 2014-RSG-weninskrywing.


City Press & Tafelberg Uitgewers, nie-fiksie: Jaarliks

City Press en Tafelberg, 'n druknaam van NB-Uitgewers, belê in niefiksie-outeurs deur middel van 'n jaarlikse prys. Die prys van R60 000 word jaarliks toegeken aan 'n skrywer om navorsing te befonds vir 'n niefiksie-boek oor 'n onderwerp wat belangrik is binne die Suid-Afrikaanse konteks. Klik hier.