Lekker skryfkompetisies !!!

Skryfkompetisies is 'n uitstekende manier om blootstelling as skrywer te kry, selfvertroue te ontwikkel en dalk selfs 'n prys of twee los te slaan.  

*  Bly by met skryfkompetisies, publikasiekanse en skryfwenke, en teken in op ons gratis nuusbrief wat een keer per maand verskyn en skryfwenke, skryfkanse en nuus oor skryfkompetisies bevat. 


Skryf 'n liefdesgedig - boekpakke om te wen

Skryf 'n gedig en wen lekker boekpakke.

Sluitingsdatum 14 Februarie 2018.

Lees HIER meer.


Montagu Boekfees:  Skryfkompetisie 2018

Die 2018-Montagu-Boekefees in samewerking met die ATKV Suurbraak en die Amateur Skrywers Bond bied 'n groot skryfkompetisie aan met lekker prysgeld en die moontlikheid van opname in die bundel Sprankel!

 

Sluitingsdatum: 30 Junie 2018

Oop vir enige skrywer op enige plek en in enige tipe Afrikaans.

* Kortverhale nie meer as 2 000 woorde nie.

* Gedigte nie langer as 40 reëls nie.

Ouderdomsgroepe van deelnemers: 12 – 16 jaar; 17 – 25 en bo 26.

Download
Pamflet 1.jpg
JPG Image 397.3 KB
Download
Pamflet 2.jpg
JPG Image 428.1 KB


Ken jou storie - Kinderboek-kompetisie 2018

Kinderboek-skryfkompetisie. Inskrywings open 12 Maart 2018 en sluit op 31 Oktober 2018.

Skryf 'n kinderboek vir een van hierdie ouderdomsgroepe:  4-6 jaar,  7-9  jaar,  10-12 jaar.

Groot kontantpryse.

Kry meer inligting HIER


Poort-skryfkompetisie - 2018

Die Poort-skryfkompetisie vind jaarliks plaas, dis ’n projek van die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns en het ten doel om skeppende skryftalent in Afrikaans onder hoërskoolleerders te ontdek en aan ’n groter gehoor bekend te stel.  

 

Sluitingsdatum: 20 Februarie 2018

Nasionale Prosa- en Poësiewenners: R5 000,00 elk as prysgeld.

 

Tien beste skrywers landwyd word na 'n Skrywer-Slypskool by die Universiteit van die Vrystaat in die Julievakansie genooi (geborg deur die SA Akademie vir verblyf en Slypskoolkoste asook 'n persentasie van die reiskoste). ‘n Groot aantal leerders se skryfwerk word na keuring in die POORT-publikasie 2018 opgeneem. KLIK vir meer inligting.

Download
Poort-inskrywingsvorm - 2018.pdf
Adobe Acrobat Document 518.1 KB

Bloemfonteinse Skrywersvereniging - 2018 - temas nog nie gefinaliseer nie

Die NASIONALE BSV-SKRYFWEDSTRYD 2018 met prysgeld van R18 000, vir die 9de keer geborg deur die Fakulteit Geesteswetenskappe van die Universiteit van die Vrystaat, se onderwerpe vir 2018 is (amper) bekend.  Op die spel is 'n gratis slypskool vir alle wenners in Augustus 2018 by 'n bekende en geliefde skrywer, wisseltrofeë en publikasie van wenverhale in Inkvars 2018 , asook prysgeld van R18 000.

 

Die wedstryd sluit op 14 Mei 2018

 

Die wedstrydpamflet en die twee inskrywingsvorms (Hoërskole, gr. 8-12 en Ope-afdeling) is binnekort op die BSV-webwerf beskikbaar.


NB UITGEWERS se Groot Afrikaanse Romanwedstryd

Die Groot Afrikaanse Romanwedstryd word elke drie jaar deur NB Uitgewers aangebied. In 2012 was Ingrid Winterbach die  wenner met Die aanspraak van lewende wesens en in 2015 Dan Sleigh, met sy roman 1795. Die debuutwenner was Anneli Groenewald met Die skaalmodel.   

Prysgeld van altesaam R350 000 is op die spel. Die wenner ontvang R200 000, terwyl die tweede en derde prys onderskeidelik R70 000 en R40 000 beloop. Daar is ook ’n debuutprys ter waarde van R40 000.  

 

Vind die inskrywingsvorm en reëls hier:


RomanzaLiefde: Skryfkans

Download
RomanzaLiefde - Riglyne.pdf
Adobe Acrobat Document 213.8 KB

Woordfees-kortverhaalwedstryd - jaarliks

Skrywers van kortverhale skuif nader. Lapa se nuwe tydskrif, RomanzaLiefde, verskyn kwartaalliks by sekere takke van Clicks, Checkers, Spar en CNA. Vind hieronder uit wat die riglyne is. 

Lekker pryse! Twintig kortverhale sal gekeur word vir plasing in die Woordfees-bundel. Suksesvolle verhale kan R4 000 wen. Boonop word een van die gepubliseerde verhale met die komplimente van kykNET vir die Silwerskermfees ontwikkel.  

Sluitingsdatum: 30 September jaarliks

HOU HIERDIE BLAD DOP.

 


Poetry in McGregor bied aan ...


Lapa se jeugroman-kompetisie


Sanlam-kompetisie vir jeugverhale


Afri-fiksie:  Jaarliks

Hierdie jaarlikse Afrikaanse wetenskapfiksie/fantasiekompetisie word deur Thompson Boekdrukkery geborg, onderskryf en geadministreer.

Sluitingsdatum: 1 Julie elke jaar.

Klik hier vir meer inligting 


Maskew Miller Longman - jaarliks

RSG se radiodrama-kompetisie: Jaarliks

RSG en Sanlam se radiodrama-skryfkompetisie. Slegs oorspronklike en nuwe radiodramas word aanvaar. Buiten die drie hoofpryse is daar soms ook 'n spesiale prys vir skrywers jonger as 30.

Sluitingsdatum: Donderdag 30 Junie. 

Vir meer inligting oor die skryf van radiodramas en hoe om in te skryf, klik HIER 

KLIK HIER en luister na Skryfgeheime-student, Fred Charly, se 2014-RSG-wen-inskrywing.


City Press & Tafelberg Uitgewers, nie-fiksie: Jaarliks

City Press en Tafelberg, 'n druknaam van NB-Uitgewers, belê in niefiksie-outeurs deur middel van 'n jaarlikse prys. Die prys van R60 000 word jaarliks toegeken aan 'n skrywer om navorsing te befonds vir 'n niefiksie-boek oor 'n onderwerp wat belangrik is binne die Suid-Afrikaanse konteks. Klik hier.