Skryfgeheime-skryfskool

Van idee tot publikasie

!!! SKRYFKOMPETISIES !!!

GEBORGDE SKAKEL

Bou jou eie webwerf maklik met Bluehost en WORDPRESS



Deelname aan skryfkompetisies is 'n manier om blootstelling te kry, selfvertroue te ontwikkel en dalk selfs 'n prys los te slaan. Teken in op ons nuusbrief. Dit verskyn een keer per maand en bevat skryfwenke en nuus oor skryfgeleenthede en kompetisies.

NUUSBRIEF:

Kompetisies

Skryfkanse

Skryfwenke

Maandeliks.



Skryf 'n liefdesbrief vir Valentynsmaand

Skryf ’n liefdesbrief in Afrikaans aan ’n verlore of anonieme geliefde en kom in aanmerking vir ’n boekpakkie. Die beste briewe sal op LitNet gepubliseer word. Jou inskrywing moet jou eie ongepubliseerde, oorspronklike werk wees. Inskrywings mag nie 600 woorde oorskry nie.

 

Stuur ’n e-pos met die onderwerp “Liefdesbrief” na liefde@litnet.co.za.

Jou e-pos moet die volgende bevat:

* Jou naam en van

* Jou posadres en telefoonnommer

* Jou skryfstuk (in die e-pos self of in ’n afsonderlike Word-dokument aangeheg).

 

Sluitingsdatum:  12 Februarie 2020

Kry die volle besonderhede hier


BSV - Bloemfonteinse Skrywersvereniging - 2020

Slyp jou potlood en pen 'n gedig of kortverhaal neer. Verskillende afdelings met temas en kontantpryse.

Sluitingsdatum: Maandag, 11 Mei 2020

Laai alle nodige inligting hier af

Download
BSV Algemene inligting 2020.pdf
Adobe Acrobat Document 290.7 KB
Download
BSV Inskrywingsvorm 2020 - Ope Afdelings
Microsoft Word Document 35.0 KB
Download
BSV-inskrywingsvorm 2020 - skole.docx
Microsoft Word Document 16.9 KB

Sanlam-kompetisie vir jeugverhale - 2020

Die verhaal van minstens 25 000 woorde moet geskik wees vir jong lesers iewers tussen 12 en 18 jaar. Tafelberg Uitgewers onderneem om die wenromans te publiseer en behou ook die eerste opsie om enige van die ander inskrywings te publiseer. Groot kontantpryse.

 

Sluitingsdatum: 1 Junie 2020

Laai die inskrywingsvorm hier af:

Download
Sanlam-Tafelberg-skryfkompetisie 2020.pd
Adobe Acrobat Document 1.7 MB

NB UITGEWERS se Groot Afrikaanse Romanwedstryd - 2021

Die Groot Afrikaanse Romanwedstryd word elke drie jaar deur NB Uitgewers aangebied. In 2015 was Dan Sleigh die wenner met sy roman 1795, en in 2018 Ingrid Winterbach met Die troebel tyd. 

 

Prysgeld van altesaam R350 000 is op die spel. Daar is ook ’n debuutprys ter waarde van R40 000.  

Skryf hier in


Woordfees-kortverhaalbundel 2020-2021


Lapa se Jeugboekkompetisie 2019


AVBOB-gedigtekompetisie


Poort-skryfkompetisie - jaarliks

Die Poort-skryfkompetisie vind jaarliks plaas, dis ’n projek van die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns en het ten doel om skeppende skryftalent in Afrikaans onder hoërskoolleerders te ontdek en aan ’n groter gehoor bekend te stel.   


Woordfees-kortverhaalwedstryd - jaarliks

Lekker pryse! Twintig kortverhale sal gekeur word vir plasing in die Woordfees-bundel. Suksesvolle verhale kan R4 000 wen. Boonop word een van die gepubliseerde verhale met die komplimente van kykNET vir die Silwerskermfees ontwikkel.  

Sluitingsdatum: 30 September jaarliks. 


Afri-fiksie:  Jaarliks

Hierdie jaarlikse Afrikaanse wetenskapfiksie/fantasiekompetisie word deur Thompson Boekdrukkery geborg, onderskryf en geadministreer.

Sluitingsdatum: 1 Julie elke jaar.

Klik hier vir meer inligting 


Maskew Miller Longman - jaarliks


RSG se radiodrama-kompetisie: Jaarliks

RSG en Sanlam se radiodrama-skryfkompetisie. Slegs oorspronklike en nuwe radiodramas word aanvaar. Buiten die drie hoofpryse is daar soms ook 'n spesiale prys vir skrywers jonger as 30.

Sluitingsdatum:  Gewoonlik einde Junie.

Vir meer inligting oor die skryf van radiodramas en hoe om in te skryf, klik HIER 

KLIK HIER en luister na Skryfgeheime-student, Fred Carly, se 2014-RSG-weninskrywing.


City Press & Tafelberg Uitgewers, nie-fiksie: Jaarliks

City Press en Tafelberg, 'n druknaam van NB-Uitgewers, belê in niefiksie-outeurs deur middel van 'n jaarlikse prys. Die prys van R60 000 word jaarliks toegeken aan 'n skrywer om navorsing te befonds vir 'n niefiksie-boek oor 'n onderwerp wat belangrik is binne die Suid-Afrikaanse konteks.