Skryfgeheime-skryfskool

Behaal sukses met jou eie blog, webwerf of webwinkel

Billikste en beste met Bluehost en WordPress


Gereed om jou eie blog, webwerf of aanlyn winkel te begin?

Maak so:

1. Besoek Bluehost en registreer 'n domein. 

2. Installeer WordPress m.b.v. Bluehost se een-klik-diens.

3. Kies 'n templaat en ontwerp jou eie webwerf.

4. Ontwikkel dit verder deur inhoud te skryf en afbeeldings by te voeg.

 

Waarom juis Bluehost en WordPress?

Bluehost is ’n gevestigde internetdiensteverskaffer. Dis in 2003 gestig en het sedertdien 'n leier op hulle gebied geword. Bluehost is ’n uitstekende keuse vir elkeen wat ’n webwerf teen ’n redelike prys, met 24/7-bystand en alle nodige websekuriteit, wil vestig.

  

Bluehost bied verskillende planne, afhangend van jou behoeftes.

Die Bluehost Basic-plan bied:

 * 1 gratis domeinnaam vir die eerste jaar

 * 5 geparkeerde domeine en 25 subdomeine

’n Geparkeerde domein is ’n domeinnaam wat in jou naam geregistreer is, maar nie aan ’n diens soos e-pos of ’n webwerf gekoppel is nie. Die doel is om die domeinnaam, bv. groenvy, vir latere gebruik vas te maak.

 * 1-klik-WordPress-installasie

 * Gratis SSL-sertifkaat

 * 50 GB SSD-storing

 * 24/7-ondersteuning deur die Bluehost-span

 * Gereelde nuusbriewe, wenke, hulpmiddels en videos

 * 30 dae geld-terug-waarborg

Dit alles teen $3.95 (ongeveer R45) per maand vir die eerste jaar.

  

Bluehost verskaf omvattende internetdienste aan meer as 2 miljoen gebruikers wêreldwyd. Hulle bied onbeperkte stoorkapasiteit, e-poskapasiteit, bandwydte en domeins sowel as 24/7-nasorg aan hulle klante.

  

Bluehost werk ten nouste saam met WordPress, die bekendste en doeltreffendste webwerfontwikkelaars op die mark. WordPress het begin as ’n eenvoudige blogstelsel en ontwikkel tot ’n uitgebreide inhoudsbestuurstelsel (CMS of "Content Management System") met talle inproppe ("plug-ins") en temas waarmee jy ’n eenvoudige blog of 'n volledige, werkende webwerf of webwinkel kan bou sonder dat jy oor enige ware tegniese kennis hoef te beskik.  

 

WordPress benut die programmeertaal PHP, maar jy hoef dit nie self te ken om WordPress te kan benut nie. Vandag gebruik meer as 30% van die internet WordPress as die basis vir hulle aanlyn besighede. In samewerking met Bluehost het jy die beste van twee wêrelde. 

 

WordPress is heeltemal gratis indien jy nie omgee dat hul naam ’n deel van jou domeinnaam vorm nie, bv. www.groenvy-wordpress.com. 

 

Wil jy dit ondersoek?

Volg hierdie 8 maklike stappe:

 

Stap 1: Klik op "Get Started" en besoek Bluehost. As jy tevrede is met wat jy daar sien, kan jy terugkom vir verdere wenke voordat jy by hulle aanteken. 

Tevrede met wat jy gesien het?

Lees die stappe hieronder en teken dan by Bluehost aan.

 

Stap 2: Kies ’n plan.

Die basiese gedeelde gasheerplan (Basic shared hosting plan) is die algemeenste en bekostigbaarste manier om ’n WordPress-webwerf of -blog saam met Bluehost op die been te bring. Gebruikers (soos jy) deel die gasheerdiensteverskaffer (Bluehost) se platform, hulpbronne, 24/7-ondersteuningspan, video-tutoriale en webwerfsekuriteit. Met hierdie plan sal die woord "WordPress" nie in jou domeinnaam verskyn nie en sal jou webwerf professioneel en agtermekaar lyk.    

 

Stap 3: Maak ’n domeinnaam vas.

Met Bluehost weet jy onmiddellik of jou gekose domeinnaam beskikbaar is sodat jy dit dadelik kan vasmaak. Indien jy nog nie op ’n naam besluit het nie, kan jy hierdie stap eers oorslaan. 

 

Nuuskierig?

Kyk of jou domeinnaam beskikbaar is. 

 Stap 4: Verskaf jou besonderhede: Voornaam, van, land, straatadres, stad, poskode,

selnommer en e-adres.

 

Stap 5: Bestudeer die byvoegsels ("add-ins"). Hoewel elke byvoegsel goedkoop is, kan die bedrag gou oploop. Merk slegs dit wat jy in hierdie stadium regtig nodig het.

 

Moontlike byvoegsels:

• Domeinprivaatheid (Domain Privacy Protection) hou jou persoonlike inligting privaat. Kry dit indien jy jou webwerf en ander inligting anoniem wil hou.
• Webwerfsluitingsekuriteit (SiteLock Security) verifieer jou e-adres, fisiese adres en foonnommer. Dit kan jou kredietwaardigheid by jou kliënte verbeter indien jy produkte of dienste wil verkoop.
• CodeGuard Basic verskaf ekstra sekuriteit deur jou webwerf se inhoud gereeld te stoor. Indien jy wil bespaar, kan jy jou inhoud altyd self kopieer en op jou rekenaar bewaar.

• Bluehost SEO Tools Start is ’n Bluehost-byvoegsel wat jou webwerf beter laat presteer t.o.v. soekenjinrangorde. Jy kan dit dalk later byvoeg.
• 1 Office 365 Mailbox: Hierdie e-pos-platform is gratis vir die eerste 30 dae. Dis ’n veilige en betroubare Microsoft-platform en lyk meer professioneel as bv. 'n gmail-e-adres.

 

Let daarop dat elke byvoegsel as 'n jaarlikse onmiddellik betaalbare bedrag by jou rekening gevoeg word. Bluehost bied ’n 30-dae geld-terug-waarborg ingeval jy hulle dienste wil kanselleer. Die jaarlikse domeingeld is egter nie terugbetaalbaar nie.

 

Stap 6: Betaal. As jy van PayPal wil gebruik maak, klik die “More payment options”-skakel vir die PayPal-opsie. Jy sal per e-pos bevestiging ontvang dat jy ’n geregistreerde Bluehost-gebruiker is. Jy sal gevra word om jou rekening te voltooi en ’n wagwoord te skep.

 

Stap 7: Na afloop van die registrasie sal Bluehost outomaties vir jou ’n WordPress-webwerf skep. Jy kan daarmee voortgaan en aanpassings daaraan maak (aanbeveel), of jy kan dit skrap deur na “Manage Site” te gaan, op “Settings” te klik, na die onderkant van die blad te rol en dit daar te “Delete”.

 

Stap 8: Installeer WordPress met Bluehost se een-klik-installasie so: 

1. Log in by jou nuwe Bluehost-rekening. Klik op “My Sites” en dan op “Create Site”.

2. Gee jou nuwe WordPress-domein ’n naam en ’n opskrif (tagline).

3. Kies die domein wat jy vir hierdie WordPress-webwerf wil gebruik en kanselleer die byvoegsels ("add-ins") wat jy nie benodig nie. Maak ’n fisiese nota van jou WordPress-webwerf se URL, gebruikersnaam (username) en wagwoord.

4. Kies ’n tema. Dit kan jou eie wees of ’n gratis WordPress-tema (aanbeveel vir beginners).

5. Hierna kan jy ’n kontakbladsy skep, inhoud begin skryf en prente en blaaie byvoeg.

6. En nou kan jy jouself op die skouer klop, want jy is op die lug.

 

Het jy enige vrae?
Dis maklik om hulp betreffende WordPress te vind.

* Google jou vraag.

* Besoek WordPress se amptelike platform.

* Vind die korrekte Afrikaanse rekenaarterme.

* Kry Bluehost se gratis 2019-WordPress-handleiding.

Download
WORDPRESS - Short Manual.pdf
Adobe Acrobat Document 9.9 MB

Geborgde artikel: Ons ontvang ’n kommissie indien jy by Bluehost sou aansluit. Dit beïnvloed egter nie jou prys of die gehalte van die produkte en dienste wat hier bevorder word nie. Wees verseker dat Bluehost leiers op hulle gebied is met die missie om gewone mense in staat te stel om die voordele van die web met deurlopende ondersteuning en teen billike pryse te kan benut.